Lapping van slot aksies se locking lugs
- jdpretorius
- Hero Member

- Posts: 2466
- Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am
Lapping van slot aksies se locking lugs
My beurt vir 'n paar dom vrae asseblief
Na aanleiding van 'n artikkel met die naam Secrets Of The Houston Warehouse het ek begin op lees oor lapping van slot aksies se locking lugs (jammer, weet nie regtig wat is die korekte afrikaans nie).
So nou het ek 'n paar vrae wat ek hoop julle mee kan help.
Dit is nou nie i.v.m die kompetiesie gewere nie maar eerder vir die strewe na beste akuraatheid op 'n gewone rak jag geweer:
1) wat se effek het die bogenoemde op akuraatheid, % gewys ? So wat ek bedoel is wat wen jy deur dit te doen, in groepeering grote
2) Is daar 'n aanduiding in groeperings patrone, bv. vertikale of horisontale verspreiding wat vir jou kan aandui dat dit wel nodig is om die lapping op die locking lugs te doen ?
3) Is dit die moeite werd om net die bogenoemde te doen sonder om die aksie met loop te laat "blue print" of "true", en indien nie, hoekom ?
4) Het die lapping van die locking lugs 'n negatiewe uitwerking op "headspace", en hoeveel is "te veel" headspace vir die gewone so well as belted magnums ?

338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Groete, Johan
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2152
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Lapping van slot aksies se locking lugs
'n Goeie kennis van my is op Springbok-vlak by skiet betrokke. Volgens hom is super-akkuraatheid die resultaat van n hoeveelheid klein dingetjies wat elkeen 0,5% bydra om n totaal van 5% verbetering te kry. Hulle span het al baie eksperimente gedoen en vasgestel dat enkele sake n heelwat groter verskil het, terwyl ander sake oor die algemeen n kleiner verskil het. Voorbeeld: sy opinie is dat (vir normale skuts en alledaagse jagdoeleindes) die uitsny van doppe se ontstekergaatjie die akkuraatheid heelwat meer verbeter as die sny en meet van doppe se nekwande.
Aangenome dat hierdie waar is wil ek versigtig die volgende stelling maak: met die noukeurige bewerking van doppe en berekening van ladings kan n mens met byna enige moderne jaggeweer n 1" groepering skiet - mits die skut se vermoe" dit toelaat. Met n bietjie meer moeite weet ek van enkele skuts wat met enige standaard jaggeweer in hulle kluis 0,5" groeperings skiet op 100m en met gemak 2" groeperings op 300m.
Is meer as dit werklik nodig vir n jaggeweer?
Aangenome dat hierdie waar is wil ek versigtig die volgende stelling maak: met die noukeurige bewerking van doppe en berekening van ladings kan n mens met byna enige moderne jaggeweer n 1" groepering skiet - mits die skut se vermoe" dit toelaat. Met n bietjie meer moeite weet ek van enkele skuts wat met enige standaard jaggeweer in hulle kluis 0,5" groeperings skiet op 100m en met gemak 2" groeperings op 300m.
Is meer as dit werklik nodig vir n jaggeweer?
- jdpretorius
- Hero Member

- Posts: 2466
- Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am
Re: Lapping van slot aksies se locking lugs
ek hoor jou.
Vir sommige ouens is 3" groepering met 'n bos geweer ok en ander soos ek wil so goed as moontlik doen.
Sent from my SM-G570F using Tapatalk
Vir sommige ouens is 3" groepering met 'n bos geweer ok en ander soos ek wil so goed as moontlik doen.
Sent from my SM-G570F using Tapatalk
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Groete, Johan
- jdpretorius
- Hero Member

- Posts: 2466
- Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am
Re: Lapping van slot aksies se locking lugs
ek is nog nie heeltemal by die punt waar ek dop nekke gaan skil nie maar sal seker maar op n stadium die tool moet koop en dit probeer.
Ek weet net nie genoeg van die "lapping" idee om n opinie daar oor te vorm nie en dus my "dom" vrae
Ek loop so no en dan een van die top skuts raak in 'n winkel en dan is daar soms die gesprekke oor wat maak 3mm hier en 2mm daar verskil. Nou tel gou 10 x 2mm by mekaar en die prentjie se kleur verander so biekie.
Sent from my SM-G570F using Tapatalk
Ek weet net nie genoeg van die "lapping" idee om n opinie daar oor te vorm nie en dus my "dom" vrae
Ek loop so no en dan een van die top skuts raak in 'n winkel en dan is daar soms die gesprekke oor wat maak 3mm hier en 2mm daar verskil. Nou tel gou 10 x 2mm by mekaar en die prentjie se kleur verander so biekie.
Sent from my SM-G570F using Tapatalk
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Groete, Johan
- Heinz Petersen
- Hero Member

- Posts: 1583
- Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm
Re: Lapping van slot aksies se locking lugs
Jou slot en aksie moet eers in n draaibank haaks gesny word voor jy met die "lapping" proses begin. As nie, gaan jy net al hoeverder
die nokke skeef lap. Om n aksie in n draaibank op te stel is nie ligte musiek nie, want dit moet voor en agter op gelyn word.
die nokke skeef lap. Om n aksie in n draaibank op te stel is nie ligte musiek nie, want dit moet voor en agter op gelyn word.
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
- jdpretorius
- Hero Member

- Posts: 2466
- Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am
Re: Lapping van slot aksies se locking lugs
dankie Heinz, dit maak noggal sin.Heinz Petersen wrote:Jou slot en aksie moet eers in n draaibank haaks gesny word voor jy met die "lapping" proses begin. As nie, gaan jy net al hoeverder
die nokke skeef lap. Om n aksie in n draaibank op te stel is nie ligte musiek nie, want dit moet voor en agter op gelyn word.
van wat ek te lees kon kry klink dit my dat dit amper altyd net gedoen word saam met bv. 'n loop vervanging
Sent from my SM-G570F using Tapatalk
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Groete, Johan
- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: Lapping van slot aksies se locking lugs
As jy bogenoemde doen dan weet jy jou roer is 100% reg, nou moet die jokkie sy kant bring. Vir n jageweer sal net die hoë gedeeltes van die nekke van die nekke sny en die roer laat "bed". Vir n pasmaak geweer met n stywe kamer wat gebruik word vir kompetiese skiet sal ek alles moontlik doen om die roer so akuraat as moontlik te kry.
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
- jdpretorius
- Hero Member

- Posts: 2466
- Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am
Re: Lapping van slot aksies se locking lugs
dankie Joe, ek het die nek skil so verstaan.joe rocket wrote:As jy bogenoemde doen dan weet jy jou roer is 100% reg, nou moet die jokkie sy kant bring. Vir n jageweer sal net die hoë gedeeltes van die nekke van die nekke sny en die roer laat "bed". Vir n pasmaak geweer met n stywe kamer wat gebruik word vir kompetiese skiet sal ek alles moontlik doen om die roer so akuraat as moontlik te kry.
Ja hierdie aap agter die geweer kan altyd ook nog biekie beter geleer word

edit: as n reël laat bed ek altyd my ketties want ek dink dit is een plek waar die jokkie niks aan kan doen nie en dalk die meeste invloed op akuraatheid het
Sent from my SM-G570F using Tapatalk
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Groete, Johan
- DawieKotze
- Hero Member

- Posts: 2075
- Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm
Re: Lapping van slot aksies se locking lugs
Ek het dieselfde storie van die locking lugs met Terry Harrison bespreek vir my jaggewere. Hy het dit nie aanbeveel nie, want soos wat Heinz gesê het, moet jy ook die res van die aksie (boltface ens) haaks sny (blueprint) en dan gaan jy 10 teen 1 sit met 'n headspace probleem daarna. Die loop sal dan korter gesny moet word en as jy met vissiere sit, sal dit oorgedoen moet word, want dit lê mos nou skeef.
Nie die moeite werd gewees op my jaggewere wat in elk geval nog altyd biltong huis toe gebring het nie
Groetnis
Nie die moeite werd gewees op my jaggewere wat in elk geval nog altyd biltong huis toe gebring het nie
Groetnis
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
- jdpretorius
- Hero Member

- Posts: 2466
- Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am
Re: Lapping van slot aksies se locking lugs
Baie dankie DawieKotze, ek wardeer.DawieKotze wrote:Ek het dieselfde storie van die locking lugs met Terry Harrison bespreek vir my jaggewere. Hy het dit nie aanbeveel nie, want soos wat Heinz gesê het, moet jy ook die res van die aksie (boltface ens) haaks sny (blueprint) en dan gaan jy 10 teen 1 sit met 'n headspace probleem daarna. Die loop sal dan korter gesny moet word en as jy met vissiere sit, sal dit oorgedoen moet word, want dit lê mos nou skeef.
Nie die moeite werd gewees op my jaggewere wat in elk geval nog altyd biltong huis toe gebring het nie
Groetnis
Een van die skrywes se ook dat dit die heel laaste opsie moet wees, oor die moontlikheid van oor maat kopspasie as jy dit wel doen.
Natuurlik gaan my nou pla om te weet hoe haaks my aksie en loop is op die ketties
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Groete, Johan
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Lapping van slot aksies se locking lugs
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- Flip Nel
- Hero Member

- Posts: 2485
- Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm
Re: Lapping van slot aksies se locking lugs
ruaanb wrote:
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Lapping van slot aksies se locking lugs
Weens die akkuraatheid van CNC draaibanke en die ander masjiene wat gebruik word tydens die maak van gewere vind ons nou dat 'n gewone jaggeweer soos 'n Howa ongelooflike presiesheid het en op 'n tiekie skiet. Vir gewone jag waar jy naby aan die teiken (<300m) kom is daardie presiesheid eintlik oorbodig om 'n enjinkamerskoot suksesvol te maak.
Wat egter nou gebeur het is dat die einste "jaggeweer" nou die eienaar se "sniping" geweer word en teikens tot by 1000m aangedurf word. Nou moet hy 1 duim op 300 groepeer anders is hy hopeloos. Die vervaardiger sorg wel vir akkurate werk, maar sy akkuraatheidsnorme kom nie naby 'n doelgeboude geweer waar die aksie "perfek" opgestel en die beste lope gebruik word nie. Baie geld word benodig vir daardie lang gooie.
My betoog is dus dat jy bly moet wees as jou geweer wel klein groepe skiet, maar moet nie die onmoontlike van hom verwag nie. Jy kan sekerlik 'n 303 Lee aksie ook na beter toleransies masjineer, maar gaan dit die kool die sous werd wees.
Kies of bou dan jou presisiegeweer waarin jy al die nodige masjienwerk laat doen en weet dit gaan jou sak ernstig raak. Vir 'n beginner jagter is die meeste moderne jaggewere beter skieters as wat sy vermoë is.

.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- jdpretorius
- Hero Member

- Posts: 2466
- Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am
Re: Lapping van slot aksies se locking lugs
Dit is sekerlik waar oom Tripod.
Ek besef ook dat die rak jag geweer nie tot die selfde tolleransies gemaak word as daardie lang afstand gewere nie.
Die strewe na beter akuraatheid is vir baie van ons tog deel van die hele rede waarom ons herlaai.
Met massa produksie dink ek ook tog dat daar van sekere verfyning verlore gaan wat op sy beurt weer 'n infloed het op akuraatheid.
Ja, verseker moet die kool die sous werd wees. Ek besef ek verduur soms kritiek omdat ek streef na bo gemiddelde akuraatheid op 'n jag geweer, maar ek glo nie daar is een skut hier wat sal kla as sy jag kettie 5 skote in een gat print nie.
So my vraag was maar om te hoor of hierdie dalk een van die dinge is wat verlore gegaan het in die massa produksie en relatief maklik gekorrigeer kan word
Sent from my SM-G570F using Tapatalk
Ek besef ook dat die rak jag geweer nie tot die selfde tolleransies gemaak word as daardie lang afstand gewere nie.
Die strewe na beter akuraatheid is vir baie van ons tog deel van die hele rede waarom ons herlaai.
Met massa produksie dink ek ook tog dat daar van sekere verfyning verlore gaan wat op sy beurt weer 'n infloed het op akuraatheid.
Ja, verseker moet die kool die sous werd wees. Ek besef ek verduur soms kritiek omdat ek streef na bo gemiddelde akuraatheid op 'n jag geweer, maar ek glo nie daar is een skut hier wat sal kla as sy jag kettie 5 skote in een gat print nie.
So my vraag was maar om te hoor of hierdie dalk een van die dinge is wat verlore gegaan het in die massa produksie en relatief maklik gekorrigeer kan word
Sent from my SM-G570F using Tapatalk
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Groete, Johan
-
Bushpig7
- Jr. Member

- Posts: 79
- Joined: Mon Dec 23, 2013 7:33 am
Re: Lapping van slot aksies se locking lugs
Om jou hart tot ruste te bring gaan koop n blik Marking Blue Spray. Spuit die agterkant van die lugs laat hom afdroog. Sit die slot terug en werk die slot op en toe met agtertoe druk op die slot hefboom. Haal die slot uit en kyk hoeveel blou af is. As daar meer as 70 % van die blou af is dan het jy nie n problem.
Groete
Norbert Hellberg
Groete
Norbert Hellberg
- jdpretorius
- Hero Member

- Posts: 2466
- Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am
Re: Lapping van slot aksies se locking lugs
Oom Tripod ek wil ook net se dat ek baie wardeering het vir wat jy se en ook dat ons realistiese verwagtinge moet he van ons gewone jag ketties.tripodmvr wrote:Weens die akkuraatheid van CNC draaibanke en die ander masjiene wat gebruik word tydens die maak van gewere vind ons nou dat 'n gewone jaggeweer soos 'n Howa ongelooflike presiesheid het en op 'n tiekie skiet. Vir gewone jag waar jy naby aan die teiken (<300m) kom is daardie presiesheid eintlik oorbodig om 'n enjinkamerskoot suksesvol te maak.
Wat egter nou gebeur het is dat die einste "jaggeweer" nou die eienaar se "sniping" geweer word en teikens tot by 1000m aangedurf word. Nou moet hy 1 duim op 300 groepeer anders is hy hopeloos. Die vervaardiger sorg wel vir akkurate werk, maar sy akkuraatheidsnorme kom nie naby 'n doelgeboude geweer waar die aksie "perfek" opgestel en die beste lope gebruik word nie. Baie geld word benodig vir daardie lang gooie.
My betoog is dus dat jy bly moet wees as jou geweer wel klein groepe skiet, maar moet nie die onmoontlike van hom verwag nie. Jy kan sekerlik 'n 303 Lee aksie ook na beter toleransies masjineer, maar gaan dit die kool die sous werd wees.
Kies of bou dan jou presisiegeweer waarin jy al die nodige masjienwerk laat doen en weet dit gaan jou sak ernstig raak. Vir 'n beginner jagter is die meeste moderne jaggewere beter skieters as wat sy vermoë is.
Ek dink ook dat as ons (ek in kluis) die helfte van die tyd wat ons in die helaai kamer spandeer eerder spandeer om die aap agter die geweer beter te leer, dat dit 'n baie groter invloed op akuraatheid gaan he
Sent from my SM-G570F using Tapatalk
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Groete, Johan
- jdpretorius
- Hero Member

- Posts: 2466
- Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am
Re: Lapping van slot aksies se locking lugs
Dankie Norbert, ek het gelees dat mens sommer 'n merkpen (kouki) ook kan gebruik en dat (sommige se opinie is dat) selfs 50% kontak al redelik voldoende is.Bushpig7 wrote:Om jou hart tot ruste te bring gaan koop n blik Marking Blue Spray. Spuit die agterkant van die lugs laat hom afdroog. Sit die slot terug en werk die slot op en toe met agtertoe druk op die slot hefboom. Haal die slot uit en kyk hoeveel blou af is. As daar meer as 70 % van die blou af is dan het jy nie n problem.
Groete
Norbert Hellberg
Ek kan nog nie die toets op my Howa doen nie want hy le nou al vanaf 12 Desember vir n derde !!! keer by die geweer winkel hier naby my wat die bedding soos hulle gatte gedoen het. So hy moet nou maar eers doen waar voor ek hom klaar betaal het maar my sin vir humor is besig om baie vinnig op te raak met hulle
Sent from my SM-G570F using Tapatalk
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Groete, Johan
-
THOMAST
- Hero Member

- Posts: 1892
- Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am
Re: Lapping van slot aksies se locking lugs
jdpretorius, as die bedding nie goed gedoen is nie kan dit wel spanning op die aksie plaas en die groot oorsaak van jou akkuraatheids probleme wees.
- jdpretorius
- Hero Member

- Posts: 2466
- Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am
Re: Lapping van slot aksies se locking lugs
jy is 100% reg Thomas.THOMAST wrote:jdpretorius, as die bedding nie goed gedoen is nie kan dit wel spanning op die aksie plaas en die groot oorsaak van jou akkuraatheids probleme wees.
ek het dit agter gekom toe ek baie naby (7 fps) aan die nodes was maar groepe het progresief al erger begin word. Haal toe die loop en aksie af en sien die gemors met die bedding. Dit sal lank vat om alles te noem wat ek met beperkte kennis sommer op die oog af kon verkeerd sien.
Die interesante gedeelte van die swak bedding was dat al 3 verskillende punte sy eie tipe patroon gevorm het, selfs met ladings vir hoogste sowel as laer nodes. Die ander ding wat ek nou nog nie kan klein kry nie is dat al 3 tipe punte se spoed ewe skielik met 20 tot 30 fps op gespring het toe hy die 2de keer by hulle was oor die bedding. Hulle het kamstig die gemors reg gemaak maar na die eerste paar skote het ek geweet hulle het die probleem eintlik net erger gemaak.
Ek hoop maar van harte hulle doen dit nou reg, maar sal verseker NOOIT weer enig geweer soontoe vat nie
Sent from my SM-G570F using Tapatalk
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Groete, Johan