Ek is ook nuut
-
gerrie_CPT
- Full Member

- Posts: 139
- Joined: Thu Feb 01, 2018 2:20 pm
Ek is ook nuut
Haai. HEt ook so pas aangesluit. Is nou maar 3 jaar in die skiet en jag ding.
Het 'n .22 geweer, 243 ene 303, en ook 'n &27 .40 Glock
Ek stel veral belang in mense se insigte oor herlaai en die bestrek van my spesifieke kalibers
Het 'n .22 geweer, 243 ene 303, en ook 'n &27 .40 Glock
Ek stel veral belang in mense se insigte oor herlaai en die bestrek van my spesifieke kalibers
- Heinz Petersen
- Hero Member

- Posts: 1583
- Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm
Re: Ek is ook nuut
Welkom Gerrie. Ek glo jy sal al jou vrae hier beantwoord kry.
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Ek is ook nuut
Welkom Gerrie.
Van waar kom jy en wat doen jy alles vir 'n lewe?
Van waar kom jy en wat doen jy alles vir 'n lewe?
-
gerrie_CPT
- Full Member

- Posts: 139
- Joined: Thu Feb 01, 2018 2:20 pm
Re: Ek is ook nuut
Ek bly in Kaapstad, maar is oorspronklik van Benoni in gauteng.
Ek is 'n elektroniese ingenieur, maar is baie lief om met my hande te werk.
Ek het so 3 jaar gelede begin met skiet, en op die stadium herlaai ek nou al vir 'n jaar
Ek is 'n elektroniese ingenieur, maar is baie lief om met my hande te werk.
Ek het so 3 jaar gelede begin met skiet, en op die stadium herlaai ek nou al vir 'n jaar
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Ek is ook nuut
Sien ek toe die Kaapstad in die skuilnaam. Welkom. Kom gesels lekker saam.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Aceofspades
- Hero Member

- Posts: 598
- Joined: Sat Sep 20, 2014 8:59 pm
Re: Ek is ook nuut
Welkom Gerrie. Hier gaan jy iets van alles kry: Bakkie skiet, gong skiet, teiken skiet, spek skiet, jakkals skiet, eties skiet en nek skiet. En dan sal jy kan lesse kry hoe om met 'n bakkie en 'n drone te bekruip. So alles in een. Hopp jy geniet dit hier.
Kriek
Kriek
-
gerrie_CPT
- Full Member

- Posts: 139
- Joined: Thu Feb 01, 2018 2:20 pm
Re: Ek is ook nuut
Dankie. Is jy nou die "Kriek" at die punte maak?
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Ek is ook nuut
Hy is die Kriek wat die koëls maak.gerrie_CPT wrote:Dankie. Is jy nou die "Kriek" at die punte maak?
- Aceofspades
- Hero Member

- Posts: 598
- Joined: Sat Sep 20, 2014 8:59 pm
Re: Ek is ook nuut
Dankie Ruaan! Jip, Gerrie, ek maak die Krieke.
Kriek
Kriek
-
gerrie_CPT
- Full Member

- Posts: 139
- Joined: Thu Feb 01, 2018 2:20 pm
Re: Ek is ook nuut
Hoe besluit ‘n mense of jy na die mono patrone toe moet gaan. Ek wil graag met hierdie jaar se jag iets anders doen.
My klagte op die 243 is baie vleis skade op die springbokke en rooibokke. Het Hornady se interlock 87 grein gebruik. Met Nosler se Accubond 95 grein lyk dit soos kanon gate en is baie slegter as Hornady.
Met die 303 is ek baie tevrede met die Hornady 150 grein interlock. Baie min vleis skade en dodelik tot en met 200m.
Ek wil egter graag ook kleiner bokke op langer afstande skiet dus soek iets ligter en vinniger. Verder wil ek ook ? blouwildebees skiet en is bekommerde die 150 grein is nie genoeg nie.
My klagte op die 243 is baie vleis skade op die springbokke en rooibokke. Het Hornady se interlock 87 grein gebruik. Met Nosler se Accubond 95 grein lyk dit soos kanon gate en is baie slegter as Hornady.
Met die 303 is ek baie tevrede met die Hornady 150 grein interlock. Baie min vleis skade en dodelik tot en met 200m.
Ek wil egter graag ook kleiner bokke op langer afstande skiet dus soek iets ligter en vinniger. Verder wil ek ook ? blouwildebees skiet en is bekommerde die 150 grein is nie genoeg nie.
- Aceofspades
- Hero Member

- Posts: 598
- Joined: Sat Sep 20, 2014 8:59 pm
Re: Ek is ook nuut
Ek is nie die persoon wat vir jou kan besluit of jy mono of cup and core moet skiet nie.
Ek kan wel vir jou sê dat jy minder vleis skade sal hê met amper enige mono koëel. Soos met die Impala draad is daar redelik goed verduidelik dat skootplasing belangrik. Messor het ook mooi verduidelik dat om die bloeddruk vinnig te laat val en suurstof na die brein af te sny die enigste manier is wat die bok regtig gedood word met lyf skote. Met die beter "retaines weight" van 'n mono sal jy ook beter penetrasie kry wat meestal sal sorg vir volledie penetrasie en twee gate.
Ek kan 'n mono voorstel van 140gr vir jou 303 en 82 gr vir jou 243. Altwee gee vir jou goeie spoed met 'n redelike BC vir langer skote.
Kriek
Ek kan wel vir jou sê dat jy minder vleis skade sal hê met amper enige mono koëel. Soos met die Impala draad is daar redelik goed verduidelik dat skootplasing belangrik. Messor het ook mooi verduidelik dat om die bloeddruk vinnig te laat val en suurstof na die brein af te sny die enigste manier is wat die bok regtig gedood word met lyf skote. Met die beter "retaines weight" van 'n mono sal jy ook beter penetrasie kry wat meestal sal sorg vir volledie penetrasie en twee gate.
Ek kan 'n mono voorstel van 140gr vir jou 303 en 82 gr vir jou 243. Altwee gee vir jou goeie spoed met 'n redelike BC vir langer skote.
Kriek
-
gerrie_CPT
- Full Member

- Posts: 139
- Joined: Thu Feb 01, 2018 2:20 pm
Re: Ek is ook nuut
Sal die 140grein in die 303 'n blouwildebees plat trek met 'n blad skoot?
- DawieKotze
- Hero Member

- Posts: 2075
- Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm
Re: Ek is ook nuut
Welkom Gerrie - jy gaan dit beslis baie geniet en ook baie leer hier.gerrie_CPT wrote:Met Nosler se Accubond 95 grein lyk dit soos kanon gate en is baie slegter as Hornady.
Wat jy hierbo ondervind het tov die Accubond vs die Interlock, moet gekwalifiseer word. Wat was die afstande en die skootplasings gewees?
As die interlock agter die blad was en 'n vêr skoot was, terwyl die Accubond naby was en op die blad was (skouerbene getref), kan dit dalk sin maak, maar andersins nie. Die Interlock is 'n "cup en core" koeël, terwyl die Accubond 'n premium gebonde koeël is. Jy sien dit ook aan hulle pryse.
Groetnis
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
- Aceofspades
- Hero Member

- Posts: 598
- Joined: Sat Sep 20, 2014 8:59 pm
Re: Ek is ook nuut
Die 140gr sal heel goed werk vir BWB's.gerrie_CPT wrote:Sal die 140grein in die 303 'n blouwildebees plat trek met 'n blad skoot?
Kriek
-
gerrie_CPT
- Full Member

- Posts: 139
- Joined: Thu Feb 01, 2018 2:20 pm
Re: Ek is ook nuut
Ek het baie goeie resultate met hornady se interlock in die 303 met min skade. Al my skote is blad skote sonder om die skouer te tref. Ons het springbokke tussen 150 en 250m geskiet met die interlock. Geen probleem ek dink net dis nogsteeds te veel vleis skade
My jongste seun het 'n Rooibok op so 120m geskiet. Die Accubond het 3 ribbes uitgehaal. Ek kon dit nie glo nie. Dis is natuurlik regdeur.
My jongste seun het 'n Rooibok op so 120m geskiet. Die Accubond het 3 ribbes uitgehaal. Ek kon dit nie glo nie. Dis is natuurlik regdeur.
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Ek is ook nuut
Gerrie,
Ek jag met 200gr Kriek Mono in my 300wsm.
Jy kan hier lees oor my ervaring met dit.
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f= ... =200gr+LRH
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f= ... odswaaiers
Ek jag met 200gr Kriek Mono in my 300wsm.
Jy kan hier lees oor my ervaring met dit.
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f= ... =200gr+LRH
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f= ... odswaaiers