Jakkals roep kursus Ventersdorp

A place to advertise or mention a course/ Die plek om jou kursusse te adverteer of bekend te stel
Post Reply
User avatar
LeonS
Full Member
Full Member
Posts: 199
Joined: Tue Jul 03, 2012 12:59 pm

Jakkals roep kursus Ventersdorp

Post by LeonS »

More almal,

Hiermee die inligting vir kursus op 3 Maart 2018 te Ventersdorp:

Kursus beslaan 'n volle dag en dan 'n gedeelte van 'n nag tot ongeveer 22h00. Daar is 2 x praktiese demonstrasies nl. 'n middag roep (dagroep) sonder 'n voertuig en 'n nagroep demonstrasie vanaf 'n voertuig.
Die Kursus begin om 08h00 en word alle fasette gedek wat die volgende insluit: die loopgewoontes en sosiale gedrags patrone van jakkalse en rooikatte asook die manier van vang en vreet, kleintjies, seisoene ens.
Die roepmetode word in detail behandel met 'n oorsig oor ander metodes van beheer bv. Slagyster, hokke ens. 'n Belangrike aspek van die kursus is die behandeling van die gebruik van klanke maw. Watter klanke word wanneer en onder watter omstandighede gebruik. Verder word daar ook op die dagroep van jakkalse en rooikatte gekonsentreer wat baie goed met die boerdery praktyk inskakel. Die lesing word in 1 uur sessie gehou met 45 min teoretiese lesings en 15 min breuk. Middagete is gewoonlik tussen 1-2 en aandete gewoonlik om en by 7 ur of na die praktiese demonstrasie.
Daar word ook verskillende video snitte gewys van praktiese gevalle wat ek afgeneem het om moeilike jakkalse en situasies te hanteer. 'n CD en DVD word ingesluit by die kursus en is die koste verbonde aan die kursus R1500-00 per persoon met 'n maksimum van 20 persone.

Ek moet einde Januarie getalle deurgee aan lodge, so die eerste 20 manne wat my bel en betaling doen se plek is gebook vir die kursus.

Leon
063 551 1186
Last edited by LeonS on Mon Jan 15, 2018 8:14 am, edited 1 time in total.
User avatar
jankraay
Hero Member
Hero Member
Posts: 1898
Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm

Re: Jakkals roep kursus

Post by jankraay »

Jy kan my en Tal maar opsit.


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Riaan Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1284
Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm

Re: Jakkals roep kursus

Post by Riaan Kriel »

Ek sal moet dagboek raadpleeg nader aan die tyd maar sal graag wil bywoon
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: Jakkals roep kursus

Post by NicoSmit »

sal ook nader aan die tyd kan sê wil ook graag bywoon
Mag jou skape begin jakkals jag.....Adam Tas
User avatar
jenn
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 98
Joined: Wed Nov 21, 2012 9:49 pm

Re: Jakkals roep kursus

Post by jenn »

Sal ook graag wil bywoon.
Hansieslim
Hero Member
Hero Member
Posts: 1373
Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am

Re: Jakkals roep kursus

Post by Hansieslim »

Afhangende van die datum ek dalk ook
CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CMx2, Sabatti 6XC, Mauser .22LR
User avatar
LeonS
Full Member
Full Member
Posts: 199
Joined: Tue Jul 03, 2012 12:59 pm

Re: Jakkals roep kursus

Post by LeonS »

More

Daar is nog 2 plekke beskikbaar vir die kursus.
Kontak my asb indien jy belangstel.

Dankie
063 551 1186
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2347
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Re: Jakkals roep kursus

Post by henried »

Ek is ook daar... ;D..
User avatar
Louis Nel
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 63
Joined: Tue Feb 03, 2009 8:40 am

Re: Jakkals roep kursus

Post by Louis Nel »

Ons roofdier tak in Bloemfontein bied ook Taffie se kursus aan op 17 Maart te Bloemfontein. Kontak Louis indien jy belangstel.
User avatar
Louis Nel
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 63
Joined: Tue Feb 03, 2009 8:40 am

Re: Jakkals roep kursus

Post by Louis Nel »

My kontak nr is 082 782 74 45.
Groete Louis Nel
User avatar
naas222
Hero Member
Hero Member
Posts: 790
Joined: Thu Oct 19, 2017 7:59 am

Re: Jakkals roep kursus

Post by naas222 »

Goeie dag... Weet iemand van n kursus in die Transvaal...?
222 Sako
3006 Ben Musgrave mod 83
12 Smith Wesson pomp aksie
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1887
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: Jakkals roep kursus Ventersdorp

Post by jaracal »

Watter deel van die Transvaal, Ventersdorp is deel van Wes-Transvaal.
Groete
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
User avatar
naas222
Hero Member
Hero Member
Posts: 790
Joined: Thu Oct 19, 2017 7:59 am

Re: Jakkals roep kursus Ventersdorp

Post by naas222 »

Midag Hein... meer noord transvaal of Gp se kant toe
222 Sako
3006 Ben Musgrave mod 83
12 Smith Wesson pomp aksie
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: Jakkals roep kursus Ventersdorp

Post by NicoSmit »

Die kursus wat Hein aangebied het was baie interesant en het weer 'n paar nuwe/ou roepe gekry wat ek gaan probeer Dit is ook lekker om ander jagters te leer ken en van hulle probleme en oplossings te leer dankie vir Leon vir die reelings en Hein vir die aanbied van die kursus. Nou is ek weer gemotiveerd om die jakkalse te rol
Mag jou skape begin jakkals jag.....Adam Tas
User avatar
LeonS
Full Member
Full Member
Posts: 199
Joined: Tue Jul 03, 2012 12:59 pm

Re: Jakkals roep kursus Ventersdorp

Post by LeonS »

Plesier Nico, glo almal het iets geleer.
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2347
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Re: Jakkals roep kursus Ventersdorp

Post by henried »

Dankie Leon, dit was baie lekker.
Henrie Degenaar
Life Christian Adventure http://www.lifeca.org
Train to hunt South Africa

"Deo Valente "
Post Reply