Raad oor masjiene

Enige iets tov messe.
Post Reply
User avatar
Raakgeskiet
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 447
Joined: Sun Jul 25, 2010 7:04 pm

Raad oor masjiene

Post by Raakgeskiet »

Naand sê

Ek het nou uiteindelik besluit om die jaar te begin messe maak.
Nou soek ek raad oor watter masjiene om te koop.
Ek wil graag een keer koop en klaar koop.
Die bekendste is, Herbst en Northwest knives & surplies. Wat ek nou kon sien.
Sal graag vil hoor wat julle dink.
Laaste vraag, is dit dalk beter om los masjiene te koop teenoor die kombenasie masjiene.
Groete
.22 brno Model 1
12 boor haelgeweer cbc
Tikka .223
Tikka 6.5mm Creedmoor
ruger .357 magnum 6"
Uberti 38 speacial
Sako .308
Howa 6,5mm PRC
.22 brno

Goudsmid van beroep
Steve van Niekerk
HennieL
Newbie
Newbie
Posts: 31
Joined: Wed Jul 26, 2017 8:31 pm

Re: Raad oor masjiene

Post by HennieL »

Dagsê Raakgeskiet,

Nog 'n Bloemfonteiner ++>: ++>:

Enige van die twee "brands" sal baie goed werk.

Ek het self 'n Herbst "ultimate" model, en was nog nooit ontevrede met die gehalte van die masjien nie, en sal dit hoog aanbeveel - maar ek was al baie ontevrede oor die swak diens wat ek van hulle gekry het...

Die NW knives masjien is ook baie goed, en heelwat van my mesmaak maters het sulke majiene. Hulle diens is ook uitstekend. Ek hou net nie van die "grinding attachment" wat onder die skuur wiel inpas nie. Dit werk goed vir 'n beginner om sy eerste mes te maak, maar beperk mens in my opinie omdat jy nie alle mesvorms daarmee kan slyp nie, en mens nie leer om vryhand te slyp as jy dit gebruik nie - dus soos "training wheels" op 'n trapfiets...

Kom sluit aan by die Bloemfontein Mesmakersklub - daar sal jy goeie advies en raad van baie lede af kry, en kan jy dan self besluit wat die beste vir jou is.
Laaste vraag, is dit dalk beter om los masjiene te koop teenoor die kombenasie masjiene.
As jy die spasie het is dit BAIE beter om los masjiene te koop as een kombinasie masjien.
Post Reply