Bron van "egte" once fired 9mmP doppe

Post Reply
User avatar
Swede
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am

Bron van "egte" once fired 9mmP doppe

Post by Swede »

Soos die opskrif lui. Ek het 'n duisend doppe 'n jaar of twee gelede gekoop en het eers nou begin hulle volmaak met kruit. Ek is nie ootuig dat hulle almal een keer gevuur is nie. Waar kan 'n mens die egte sogenaamde doppe vandaan kry?
And as thy days, so shall thy strength be
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Bron van "egte" once fired 9mmP doppe

Post by ruaanb »

Ek kan jou 'n nr stuur van 'n ou hier in die Kaap. Hy het 'n kontrak met sekuriteits maatskappye en koop al hule oefen ammo doppe oor. Dit kom nog in die boksie voor dit geskiet was so jy kan verskillende fabrikate se doppe bymekaar hou as jy sou verkies.
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1876
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Bron van "egte" once fired 9mmP doppe

Post by Ratel »

PM my dan help ek jou met doppe wat ek weet vir 'n feit een keer geskiet is. As jy vervoer kan reel is die doppe gratis.
Maak 'n verskil
Harambe
Hero Member
Hero Member
Posts: 681
Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm

Re: Bron van "egte" once fired 9mmP doppe

Post by Harambe »

Ek kyk gewoonlik in die dromme by die skietbaan. So nou en dan het iemand 'n paar pakkies S&B 9mm gebring en dan gaps ek die doppies. Die probleem is natuurlik dat iemand hier by Kraaifontein een of ander .380 Auto pistooltjie het en daai doppies lyk net soos 9mm as jy lank genoeg kyk na hom.
Of so iets
User avatar
Swede
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am

Re: Bron van "egte" once fired 9mmP doppe

Post by Swede »

Dankie ek PM JOU

Sent from my SM-G950F using Tapatalk
And as thy days, so shall thy strength be
User avatar
Swede
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am

Re: Bron van "egte" once fired 9mmP doppe

Post by Swede »

ruaanb wrote:Ek kan jou 'n nr stuur van 'n ou hier in die Kaap. Hy het 'n kontrak met sekuriteits maatskappye en koop al hule oefen ammo doppe oor. Dit kom nog in die boksie voor dit geskiet was so jy kan verskillende fabrikate se doppe bymekaar hou as jy sou verkies.
Dankie ek PM jou

Sent from my SM-G950F using Tapatalk
And as thy days, so shall thy strength be
Vleisie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 439
Joined: Sat Oct 11, 2014 2:07 am

Re: Bron van "egte" once fired 9mmP doppe

Post by Vleisie »

As daar oorbly kan ek ook bietjie hoor van hierdie bronne?
Savage Model 12 .22-250 Rem
Benelli Supernova 12 Br
Savage Custom 6.5Creedmoor
Savage Model 11 .243 Win
Glock 19 Gen 4 9x19mm
Mossberg 402 palomino .22 lever action
Canik TP9 Sub Elite 9x19mm
Howa 1500 338 Win Mag
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1876
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Bron van "egte" once fired 9mmP doppe

Post by Ratel »

Ek sal plan maak Vleisie.
Maak 'n verskil
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Bron van "egte" once fired 9mmP doppe

Post by ruaanb »

Vleisie wrote:As daar oorbly kan ek ook bietjie hoor van hierdie bronne?
Ek stuur vir jou 'n PM.
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1873
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Bron van "egte" once fired 9mmP doppe

Post by Alwin »

Swede.

Wat presies is die probleem wat jy ondervind met die meer-as-een-keer gevuurde doppe?

Ek het al van hulle gekry wat se koppe effens uitgesit het voor die krimpgroef, dan lyk hy amper soos 'n "belted magnum".

Vir baangebruik (oefen) stoot ek hulle deur 'n "bulge buster". (Het myne self gemaak van 'n 7/8" (14TPI) hoë treksterkte bout.) As jy 'n Lee met TC insetsel wil gebruik, dan moet jy die 9mm Makarof "factory crimp die" kry.

Ek gebruik hulle nie vir kompetisie of ernstiger take nie. Sorteer maar volgens gebruik.

Meeste doppe kom van skietbane af waar verskillende tipe mense oefen. Daar is dus meestal gemengde doppe en dis moeilik om die ouderdom te bepaal. Niemand kan eintlik waarborg dat die doppe net 1 keer gebruik is. Baie sekerheidsmaatskappye en individue gebruik Nobleteq of Diplopoint se fabrieks-herlaaide patrone. Hulle doppe is dan ten minste 2 keer gevuur, maar some meer.
User avatar
Swede
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am

Re: Bron van "egte" once fired 9mmP doppe

Post by Swede »

Alwin wrote:Swede.

Alwin, ek het 'n dop wat wou nie kamer nie as gevolg van 'n bulge, dan ook die verskillende pockets wat nie almal dieselfde mates het nie. Som seat maklik ander is dan nie so maklik nie. Ek moet byse dat die doppe maar almal verskillende make is en moet 'n mens seker daarmee saam lewe. Op die einde van die dag is dit maar net baan ammunisie wat jy laai en skiet en die malfunksies wat jy af en toe ervaar net goed vir jou as skut kan wees.
And as thy days, so shall thy strength be
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1873
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Bron van "egte" once fired 9mmP doppe

Post by Alwin »

Swede wrote:

Storingsdril-oefening mag nuttig wees, maar nie nadat die "timer" ge-BEEP het nie.

Die bulge buster (voor laai) en Factory Crimp Die op die einde sorteer al daai nukke uit.
User avatar
FrancoisN
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 275
Joined: Wed Feb 02, 2011 6:51 am

Re: Bron van "egte" once fired 9mmP doppe

Post by FrancoisN »

Ratel wrote:PM my dan help ek jou met doppe wat ek weet vir 'n feit een keer geskiet is. As jy vervoer kan reel is die doppe gratis.

Ratel sou daar genoeg wees vir nog n siel?
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1876
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Bron van "egte" once fired 9mmP doppe

Post by Ratel »

Ouens op die oomblik gaan ek eers vir Swede help. Ek sal nog bymekaar maak en kyk of ek nog lede kan help.
Maak 'n verskil
Vleisie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 439
Joined: Sat Oct 11, 2014 2:07 am

Re: Bron van "egte" once fired 9mmP doppe

Post by Vleisie »

Ratel ek het vir eers reg gekom. Maar sal met jou gesels as ek weer kort.
Savage Model 12 .22-250 Rem
Benelli Supernova 12 Br
Savage Custom 6.5Creedmoor
Savage Model 11 .243 Win
Glock 19 Gen 4 9x19mm
Mossberg 402 palomino .22 lever action
Canik TP9 Sub Elite 9x19mm
Howa 1500 338 Win Mag
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1873
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Bron van "egte" once fired 9mmP doppe

Post by Alwin »

Alwin wrote: Storingsdril-oefening mag nuttig wees, maar nie nadat die "timer" ge-BEEP het nie.

Die bulge buster (voor laai) en Factory Crimp Die op die einde sorteer al daai nukke uit.
Miskien moes ek dit by gesê het:

Dit is altyd goed om jou gelaaide ammunisie te "guage". Daar is sulke "guages" beskikbaar wat die patrone een-een meet, maar ook die wat 100 of so op 'n slag vat. Jy gooi die gelaaide patrone in die gaatjie in. As hy glad ingaan en gelyk met die rand sit is die patroon reg en behoort hy in enige stndaard pistool te kamer sonder probleme. Steek hy vas, gooi jy hom uit en gebruik hom om jou storingsdrills te oefen, of jy haal hom uitmekaar.

As jy nog nie so 'n "guage" aangeskaf het nie, haal jou pistool se loop uit en gebruik die loop as 'n guage. Die inghilse praat van die "plunk test".

Die doppe van die patrone wat probleme gegee het (die toets gefaal het) kan jy maar uitskot. Die kanse is goed dat hulle verswak of andersins beskadig is.
Post Reply