Stil aande

Post Reply
4kays
Newbie
Newbie
Posts: 4
Joined: Tue Jan 09, 2018 6:53 pm

Stil aande

Post by 4kays »

Ek was gister aand in die Kirkwood omgewing uit om te roep nadat die boer my laat weet het sy werkers weer vars spore in die betrokke wildskamp gekry het.

Daar aangekom, roeper uit gesit, sommer al die voorbereiding gedoen. Voertuig onder cammo nette toegemaak.

So 15 minute stil gesit en luister - absoluut niks. Het begin roep met Elsneus (so 10 sekondes) en roeper weer afgesit. Ek het die heel aand niks jakkalse gehoor nie.

Na so uur het ek na 'n ander plek geskuif en dieselfde proses gevolg met die selfde resultaat. Hier het ek Blackjack full house probeer.

Ek weet dat die jakkalse in die kamp moet wees. Die gate is toegemaak nadat die spore gekry is wat dui dat hulle binne die kamp is.

Gee asb raad, ek sal dit baie waardeer.

Groete uit Kirkwood
Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 2111
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Re: Stil aande

Post by Supacow »

Doen jy 4kays na 2keys?
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
User avatar
pieter h
Hero Member
Hero Member
Posts: 522
Joined: Fri May 13, 2011 10:47 pm

Re: Stil aande

Post by pieter h »

Dalk dagroep probeer,andersens geduldig wees .Stil tye draai ook weer.


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Kubus
Full Member
Full Member
Posts: 245
Joined: Sat Jul 05, 2014 10:44 am

Re: Stil aande

Post by Kubus »

Ek doen ook die jakkals ding hier in Kirkwood distrik, en glo my, hier gaan die jakke jou nog baie moedeloos maak.
Ek het persoonlik groot name hier sien jakke roep, en nagte om sit, sonder sukses.
Sterkte en baie geduld.
30-06 Winchester Model 70 AI
30-06 Musgrave
223 CZ
.22 Bruno
Born to Hunt - Were forced to work - Now a pensioner
Reino Gerber
Post Reply