Bosvark lokaas

Post Reply
HenkM
Full Member
Full Member
Posts: 225
Joined: Thu Jan 15, 2015 12:41 am

Bosvark lokaas

Post by HenkM »

My skoonpa het n Plaas op die Limpopo waar ek al vroeg oggend bosvarke raakgeloop het. Laas jaar het ek “harmony chomp” (of so iets) met water gemeng om hulle te lok Maar die ape het dit opgevreet en omgegooi. Ek het aangehou vol maak maar na 2 weeke was daar nog geen teken van varke wat kom eet het nie.

Ek gaan ongelukig net vir so 2 weeke op n slag so kan nie langer voer nie. Is daar dalk iets anders wat hulle bietjie vinniger gaan inbring? Het al gehoor vrot vleis maar selfs dit vat tyd...

Enige advies?
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Will101
Newbie
Newbie
Posts: 24
Joined: Sat Apr 01, 2017 8:53 am

Re: Bosvark lokaas

Post by Will101 »

Ek het self al ‘n paar goed hier by my op die plaas probeer, nie juis iets gekry wat werk vir my nie.
Al wat ek vind hier werk is ‘n karkas - eenige grooterige dier soos bobbejaan en grooter werk vir my. Hulle moet nie die karkas kan wegsleep nie.

My voerplek is al sowat 7 maande aan die gang. Wat ek doen:
Sit karkas uit en steek die karkas met n klompie gate/ snye.
Hierdie tyd van die jaar as karkas in son gesit word dat vat dit so 4 dae, andersins 6-9dae in die skaduwee. Temperatuur speel n groot rol. In die winter kan dit tot 18dae in die skadu vat voordat die varke op die voerplek opdaag.
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: Bosvark lokaas

Post by Pappabeer »

Hang maar van area af. Avos, macadamias, Harmony chop, karkas, compound food, etc.

Belangrikste is n trailcam met en seker te maak watter tyd hulle inkom en jou staanplek te kies nav die wind en hulle inkomrigting. Sterkte. Dit sal lekker wees om n mooi vark met die rollie te skiet.
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2140
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Bosvark lokaas

Post by Ds J »

Watter effek het n voerpunt op die varkbevolking? Of anders gestel: sal n voerpunt nie juis probleme vir n plaaseienaar veroorsaak nie? Daar is tog meer varke wat skade kan aanrig in die tye wanneer die voerpunt leeg of onversorg is?

Om die oorspronklike vraag te antwoord: ek het erens gelees dat gegiste mielies ook goed werk.

Indien dit werklik so lank vat om die varke by die voerpunt te kry moet jy dalk n vennoot of agent kry wat die voerpunt gereeld versorg.

Ek stuur n pm.
User avatar
.243
Newbie
Newbie
Posts: 39
Joined: Thu Sep 15, 2011 8:30 pm

Re: Bosvark lokaas

Post by .243 »

Ek vat n 20 liter plastiek drom, maak half met mielies, gooi dan water in dat die mielies goed onder water is. Gooi 3 pakkies gis in en roer dit. Laat staan dan in son, tot dit begin gis. Hou net die mielies dop dat die mielies genoeg water het, want hulle neem baie water op.

Dit vat gewoonlik so 2 weke voor die mielies reg is.

Werk goed by my.

Sterkte
HenkM
Full Member
Full Member
Posts: 225
Joined: Thu Jan 15, 2015 12:41 am

Re: Bosvark lokaas

Post by HenkM »

Dankie vir al die raad manne

243, watse gis koop mens? Is dit iets wat ek by PnP kan koop? Dink dit is beste manier om die process bietjie aan te jaag
User avatar
.243
Newbie
Newbie
Posts: 39
Joined: Thu Sep 15, 2011 8:30 pm

Re: Bosvark lokaas

Post by .243 »

Ja by pnp die gis waarmee die vroumense bak. Hoop dit werk by jou ook.
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1239
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: Bosvark lokaas

Post by spekieries »

Anchor yeast kitsgis groen of blou pakkie, waarmee mens potbrood bak.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Bosvark lokaas

Post by Geno »

Pak jou voer toe met klippe. Dit keer dat die ape dit by kom. Voer ook elke dag dieselfde tyd in die laatmiddag, sê 17h00
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Konrad308
Full Member
Full Member
Posts: 210
Joined: Mon Feb 15, 2016 12:07 pm

Re: Bosvark lokaas

Post by Konrad308 »

Kry vir jou 'n game feeder. Daai tiepe wat jy onder 'n drom vas sit wat elke laat middag vir 6 sekondes lank heel mielie pitte gooi. Jy sal wel moet spore soek om te kyk waar die varke loop. As hulle die mielies eers kry eet hulle elke aand. As jy 'n klomp varke kry op die voer kan jy die feeder stel om dan dalk 10 sekondes te gooi. Ek gebruik ' n 20l drom en hy hou so amper 2weke as ek vir 6 sekondes mielies gooi.

Die varke by my is maar wild en kom nie in voer toe as ek daar rond gekrap het nie. Ook toe ek met die hand gevoer het, het hulle nie gereeld ingekom nie, of in gekom en dadelik weg gehardloop.

Die aand wat ek wil skiet kom ek ook nie naby die voerplek nie.

Mielies werk hier by my op suiker riet plase. Ek glo nie dit sal op 'n mielie plaas werk nie.

Sterkte

Konrad

Sent from my SM-G930F using Tapatalk
22 Beretta Mod 70
22 Brno Mod 2E
223 Rem Sako A1
6mm Dasher Winchester Mod 70
6.5 x 47 Lapua Howa
308 Win Musgrave RSA
300WSM Tikka T3 Varmint
30-06 Spring Howa
375 Ruger Howa
Pointer 12 Guage Semi-Auto
9mm CZ 75 P-07 Duty
Ruger Super Blackhawk 44Mag
HenkM
Full Member
Full Member
Posts: 225
Joined: Thu Jan 15, 2015 12:41 am

Re: Bosvark lokaas

Post by HenkM »

Dankie vir die raad Konrad. Is daar n game feeder wat jy kan voorstel?
User avatar
airhunter
Hero Member
Hero Member
Posts: 545
Joined: Sun Apr 30, 2017 6:44 pm

Re: Bosvark lokaas

Post by airhunter »

Koop n groot deersnee (ses duim of so) gegalvaniseerde pyp van so 1 meter lank met groefdraad aan beide kante soos n "stand pipe"
Kry ook twee end caps. Boor pyp vol gate waardeer mieliepitte nie kan gaan nie. Sweis n lengte ketting aan een punt vas.
Maak ketting aan n boom of paal vas in jou voer area. Plaas suur mielies uit bogenoemnde resepte in pyp en skroef toe.
Stel maar jou kamera daar op en sien hoe die varke die pyp heen en weer rol agter die mielies aan. Hoe meer hulle sukkel hoe meer probeer hulle by daai mielies uitkom.
Ek het selfs steenbokke gesien wat die pyp besoek.
Ape, voëls ens kannie skade maak nie.

https://www.youtube.com/watch?v=dV4DXU0nddc
The trouble ain't that there is too many fools, but that the lightning ain't distributed right.
Mark Twain
Post Reply