Gemsbokjag met 30-06
-
Skietstoel
- Full Member

- Posts: 212
- Joined: Tue Jul 18, 2017 5:35 pm
Gemsbokjag met 30-06
Naand almal,
Ek wil bietjie hoor wat julle mening is oor die gebruik van 165g Nosler Accubonds in my 30-06 op Gemsbokke in die Kalahari? Watter dryfmiddels werk die beste? S365 of S355? Hoe werk 168g Sierra Game Kings? Ek het besluit op 165/168g punte sodat mens redelik plat kan skiet op verder skote.
Ek hoor graag wat julle dink.

Sako A111 30-06; Sako A11 243; Star Mod28 9mm P.
- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: Gemsbokjag met 30-06
365 werk die beste. 165, 168 gr is die nul kwes se kos, 150gr krieke werk ook mooi as jy monalietiese koele wil skiet. Vergeet van spoed en plat skiet. Gaan leer jou koeël se trajek ken tot op 350m. Daarna "range" jy en "dial". Laai Sterlok pro af op jou foon en skaf vir jou n Leica afstand taster aan. Accubonds werk goed en is n premier jag koeel.
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
-
Basie2
- Sr. Member

- Posts: 355
- Joined: Tue Dec 23, 2014 2:09 pm
Re: Gemsbokjag met 30-06
Dis my ‘spookbok’. Het een gekwes in ‘94 en nie gekry nie. Skiet hom nooit weer ‘agter die blad nie’. Het daarna weer 3 geskiet, maar almal kopskoot. Skootplasing is soos altyd eerste voorkeur. Bok lyk altyd groot, maar is in werklikheid maar klein bok. Swaarste wat ek geskiet het, het 115kg uitgeslag. Baie lekker vleis. Daardie gewig koeel is goed genoeg en behoort goeie resultate te lewer. My argument is, jy skiet ‘n springbok kopskoot op 150m, maar jy wil ‘n gemsbok agter die blad skiet op 150 of 200, sy brei is baie groter as springbok s’n.
Net my 2c.
Sent from my iPad using Tapatalk
Net my 2c.
Sent from my iPad using Tapatalk
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2141
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Gemsbokjag met 30-06
Gemsbokke is werklik nie baie groot nie, maar behoorlik taai. Dit verbaas my eintlik dat n gemsbok nie saam met n blouwildebees genoem word nie. Maak ook seker om nooit n alleenstaande gemsbok te skiet nie - hulle is van kleins af in porporsie en die jong diere lyk soos volwassenes. Sorg dus dat daar n ander bok naby is om die grootte te kan skat of vergelyk.
Voordat ek my eerste gemsbok geskiet het, het ek n baie goeie vriend gebel wat die gemsbokke ken en letterlik hordes van hulle gejag of geskiet het, of saam met ander "ongehoorsame" jagters vir baie kilometers agter hulle kwesbokke aangestap het. Sy raad was eenvoudig: "SKIET HOM OP DIE KNOPPE. SKIET SY BLAD AF!!!"
Ek moet byvoeg: dit geld teen die agtergrond van n plaas met baie ruigtes en wegkruipplek. As jy n kopskoot kan inkry is dit soveel beter. Indien nie, moet jy hom n doodskoot skiet wat hom tegelykertyd anker, anders "trek hy sy horings plat, raak so laag in die hardloop en jy sien hom nooit weer nie." Volgens hom is n longskoot op n gemsbok byna net so sleg soos n pensskoot.
Indien julle op n operige plaas jag waar die gemsbok se vlugroete maklik gevolg kan word, is die "anker"-gedeelte nie so belangrik nie omdat n mens kan sien waar hy val of wil skuil.
Laaste saak: bly weg van 'n gekweste bok af! Skiet hom behoorlik dood en moenie kanse vat nie. My pa was by toe 'n jagter dit naby 'n "dooie" bok gewaag het. Die betrokke "cowboy" het agtergekom daar is fout toe die bok se horing bokant sy nier uitsteek.

Beaam bostaande.
Het self gesien dat met ‘n longskoot, wat pienk skuim uitpomp, sit hy 4km tussen eerste skoot en ‘gaan staan’- ok, die dier is met ‘n bakkie gejag. Bly ook weg van sy ‘mooi nek’ af. Skiet tussen die oog en die oor - lemoentjie.
Sterkte
Sent from my iPad using Tapatalk
Het self gesien dat met ‘n longskoot, wat pienk skuim uitpomp, sit hy 4km tussen eerste skoot en ‘gaan staan’- ok, die dier is met ‘n bakkie gejag. Bly ook weg van sy ‘mooi nek’ af. Skiet tussen die oog en die oor - lemoentjie.
Sterkte
Sent from my iPad using Tapatalk
- twinhunter
- Sr. Member

- Posts: 288
- Joined: Mon Jun 25, 2012 8:27 am
Re: Gemsbokjag met 30-06
Ek jag nou al ‘n redelike paar jaar gemsbokke op my Skoonmense se plaas in die kalahari en ek dink die probleem is met die meeste jagters wat ons ook uitvat is dat hulle die bokke te hoog agter die blad skiet. Die hart en long area van ‘n gemsbok sit in die onderste 3de van sy borskas en baie jagters is te bang om hom te laag te skiet omdat sy blad baie groot is. Ek het op ‘n tyd net met my 30-06 gejag en met 165-168gr punte Sierra Game king of Accubonds en nog nooit ‘n dag se probleem gehad nie. Ek sal wel se die beste is om hom agter die blad te skiet en nie op die knoppe nie want as jy hom op die knoppe skiet gaan hy vir jou die plaas wys. Kop skote is maar self ook iets wat jy moet passop op ‘n gemsbok want hierdie dier gaan lê nie sommer as jy sy bek afskiet nie. Op die ou einde gaan dit net oor skoot plasing en daar sal ek sê die veiligste skoot op ‘n gemsbok is net mooi in sy kieliebak in die onderste 3de van sy borskas agter die blad.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
-
Skietstoel
- Full Member

- Posts: 212
- Joined: Tue Jul 18, 2017 5:35 pm
Re: Gemsbokjag met 30-06
Dankie vir julle insette manne!
Soos dit vir my lyk moet ek vir die kop gaan of as alternatief in die onserste derde van die enjinkamer.
Hoe vaar Nosler Partitions op Gemmies? Enige ondervinding daarmee?
Soos dit vir my lyk moet ek vir die kop gaan of as alternatief in die onserste derde van die enjinkamer.
Hoe vaar Nosler Partitions op Gemmies? Enige ondervinding daarmee?
Sako A111 30-06; Sako A11 243; Star Mod28 9mm P.
-
Supacow
- Hero Member

- Posts: 2111
- Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm
Re: Gemsbokjag met 30-06
Nie so goed soos op wildebeeste
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
6x51 Europese Magnum
-
Skietstoel
- Full Member

- Posts: 212
- Joined: Tue Jul 18, 2017 5:35 pm
Re: Gemsbokjag met 30-06
Ek wonder of 168g Berger VLD’s agter die blad nie goed sal werk nie want dit verniel die “vitals” nadat dit gepenetreer het? Dit behoort n Gemsbok vinnig plat te kry? Dit sal natuurlik uitstekend werk op kopskote maar ek is nie n ou wat ‘n kopskoot op 300 m sal waag nie...
Sako A111 30-06; Sako A11 243; Star Mod28 9mm P.
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Gemsbokjag met 30-06
Skietstoel, in die eerste plek sal ek by die huis op papier kyk watter kombinasie groepeer die beste. Die gewigte van jou koele is reg. M.a.w. jy moet seker wees waar jou geweer skiet en met vertroue mik.Skietstoel wrote:Naand almal,
Ek wil bietjie hoor wat julle mening is oor die gebruik van 165g Nosler Accubonds in my 30-06 op Gemsbokke in die Kalahari? Watter dryfmiddels werk die beste? S365 of S355? Hoe werk 168g Sierra Game Kings? Ek het besluit op 165/168g punte sodat mens redelik plat kan skiet op verder skote.
Ek hoor graag wat julle dink.
As die bok te ver is vir 'n kopskoot, dankies jy die plekkie agter die blad, so 'n derde van onder af. Ek het al baie van hierdie menere laat val en nog nie een het weggekom as die loodpil hom in daardie gebied vang nje.
Daar bestaan baie sketse om aan te toon waar die enjinkamer van die bok is. Google net.
- Boesman10
- Hero Member

- Posts: 946
- Joined: Thu Aug 21, 2014 9:17 am
Re: Gemsbokjag met 30-06
Ek is 'n gesoute PH en ken van maar hierdie storie het my eendag baie sleg gevang en klomp geld gekos. Ons was nogal twee PH's wat saam met 2 Kanadese kliente gestap het. Die 1 klient het Gemsbok op sy lys en ons het al 'n paar bokke verbygestap want hulle was nie groot genoeg nie. Ons klim so 'n stewige heuwel en kyk oor die rant en daar staan die bul van alle bulle so op sy eie. Die horings is mooi dik en draai nie in aan die bookant nie en raak amper aan die bok se gat waar die stert begin.Ds J wrote: Maak ook seker om nooit n alleenstaande gemsbok te skiet nie - hulle is van kleins af in porporsie en die jong diere lyk soos volwassenes. Sorg dus dat daar n ander bok naby is om die grootte te kan skat of vergelyk.
Ons bevestig altwee dat dit die skietbok is en die klient het groot glimlag op sy gesig. Ons is so 80 meter hoer as die bok en het lekker tyd om te sit, die skietstok mooi te plaas, die jagter agter die stokke in te kry, te range (285 meter) en die bok mooi uit te kyk deur die teleskoop. Die skoot loop mooi en die bok stap so paar tree en val om. Groot geklop op die skouers en gelukwense en ons stap die bult af na die bok toe.
Hoe naader ons kom hoe meer bekommerd raak ek want ek sien daar is fout. By die bok aangekom en ons sien ons fout - die reuse Gemsbok bul is eweskielik so groot soos 'n Njala. Manjefieke horings vir die grootte van die bok. Duur les so luister na wat gese word.
“The Darkest Things about Africa has always been our Ignorance of it” – George Kimble
-
Skietstoel
- Full Member

- Posts: 212
- Joined: Tue Jul 18, 2017 5:35 pm
Re: Gemsbokjag met 30-06
Dankie vir daardie wysheid wat net uit ondervinding kom. Hoop ek leer en pas dit toe!
Om daai groepering op papier te kry kort ek die ideale lading vir my geweer met die regte “jump” vir die 168g Accubonds. Ek het n paar gelaai met 55.8g S365 in Nosler doppe en het n redelike groepering gekry sonder tekens van druk maar streef na beter. Het julle kommentaar of raad hieroor? Ek het nie QL nie, so ek werk maar stadig opwaarts met die ladings.
Om daai groepering op papier te kry kort ek die ideale lading vir my geweer met die regte “jump” vir die 168g Accubonds. Ek het n paar gelaai met 55.8g S365 in Nosler doppe en het n redelike groepering gekry sonder tekens van druk maar streef na beter. Het julle kommentaar of raad hieroor? Ek het nie QL nie, so ek werk maar stadig opwaarts met die ladings.
Sako A111 30-06; Sako A11 243; Star Mod28 9mm P.
- likweD
- Full Member

- Posts: 147
- Joined: Mon Apr 13, 2015 9:32 pm
Re: Gemsbokjag met 30-06
Skietstoel,
As jy al die punte op die volgende lys kan invul is hier paar manne wat bereid sal wees om jou in die regte rigting aangaande die lading vir veilige akkurate wegspring plek te stuur.
1 Bullet type
2 Bullet Mass
3 Cartridge (not calibre) 30-06
4 COL - Chamber
5 COL - Loaded round
6 Trimmed case length
7 Barrel Length
8 Fire Formed Case Capacity
9 Primer Type
10 Powder type and Batch No.
11 Load 1 (Light load)
12 Average speed of load 1
13 Ambient temperature Load 1
14 Load 2 (Hotter load)
15 Average speed of load 2
16 Ambient temperature Load 2
17 Magazine length
Lees ook dan die sticky's onder die Quickload hofie. Veral http://www.jaracal.com/viewtopic.php?p=581842#p581842
Groete,
Halvar
PS: ek het 'n Gemsbok koei met 150 gr ProAm laat rus, derde van onder af agter di blad, 165 accubond op regte afstand sal voldoende wees.
Sent from my SM-P605 using Tapatalk

Dankie Halvar,
Ek wonder net of n ou nie jou ladings moet ontwikkel in koeler weer, soos wat mens in die jagseisoen sal beleef nie? As ek nou laai,waar dit oor die 30 grade is en n lekker kombinasie kry, kan dit wees dat die spoed drasties kan afneem in die winter?
Ek soek ook n goedkoper punt om ladings op papier te toets wat diesefde groeperings as die Accubonds kan gee want dis maar bietjie wild om goeie jagpunte deur papier te jaag! Iets soos SST’s of V-Max?
Ek het gelaaide 150g Sierra GK’s maar sal dit nie op Gemsbokke wil gebruik nie, eerder op rooibokke of springbokke?

OosKaapJagter
- Hero Member

- Posts: 956
- Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm
Re: Gemsbokjag met 30-06
Baie ouens raak te tegnies met vele aspekte. Beide die Accubonds en selfs die Game Kings behoort die werk te kan doen, met die Accubonds wat waarskynlik die beter opsie is.
Skootplasing is dikwels die grootste probleem. Die grootste probleem met "sagte" koeëls is wanneer die goed teen hoë spoed op kort afstande (soos in die Bosveld) groot soliede bene tref (weereens skootplasing?).
Kyk bietjie na waar die hart/long area van die bok is. Soveel van die "agter die blad" skote is pensskote. Net so is baie "breinskote" weer bekke wat afgeskiet word en dan word dit kwansuis die koeël se skuld by die braaivleisvuur. GEEN koeël sal 'n bok laat val met 'n swak skoot nie.
Die effek van omgewingstemperatuur behoort minimaal te wees. Hier is 'n interessante skakel: http://www.gunsandammo.com/ammo/rifle-s ... re-effect/
Ek is dikwels geamuseerd wanneer jagters rondtes laai vir die koeler jagseisoen en dan skietbaan toe gaan om dit te toets. Daar word sommer vinnig so 20 rondtes uitgeskiet na 'n paar teikens vir groeperings. Hoe warm is die loop aan die begin van die oefening en aan die einde daarvan? As die rondte gekamer is in 'n warm loop en daar is een of ander vertraging voor die skoot loop, hoe warm is die spulletjie dan? Die manne wat wild uitdun lag ook seker oor hierdie aspek. As hulle begin skiet is die loop yskoud en teen die einde kan jy sekerlik nie aan die loop vat nie.
Ken jou trajek en oefen. Enigiets anders is bykomstig.

Dankie vir daardie verwysing oor temperatuursensitiwiteit. Ek verstaan egter dat ons dryfmiddels heelwat meer sensetief vir temperatuurskommelinge is as wat oorsee verkrygbaar is. Ek glo ook nie daarin om ladings te toets in n geweer wat warm geskiet is of in n skoon loop nie. Die loop moet eers n patroon of twee deur dit kry nadat dit skoongemaak is en dan word daar net drie skote geskiet. Daarna stap ek rustig na die teiken, neem foto vd groepering, plak toe en stap terug na skiettafel, drink teugie water en skiet weer volgende drie skote. Patrone word uit die son gehou en as dit sou gebeur dat patroon lank in die geweer se kamer was, word dit omgeruil met n ander sodat die een wat uitkom weer kan afkoel. Probeer maar faktore, wat akkuraatheid negatief kan beinvloed, uitskakel so ver as moontlik.
Sako A111 30-06; Sako A11 243; Star Mod28 9mm P.
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Gemsbokjag met 30-06
Waak daarteen om te tegnies te raak, soos OosKaapJagter ook hier genoem het. Jy sukkel so om al die parrameters te laat klop dat jy nooit by jag uitkom nie.
Ek stel my geweer in op 100 m by seevlak. Gaan Karoo toe en skiet uitstekende skote tot op 400 m. Gladnie bekommerd oor temperatuur, lugdruk en al die ander goeters wat genoem word, nie.
Geseende Kersfees, aan al die jag-/skiet-liefhebbers!
Ek stel my geweer in op 100 m by seevlak. Gaan Karoo toe en skiet uitstekende skote tot op 400 m. Gladnie bekommerd oor temperatuur, lugdruk en al die ander goeters wat genoem word, nie.
Geseende Kersfees, aan al die jag-/skiet-liefhebbers!
-
Skietstoel
- Full Member

- Posts: 212
- Joined: Tue Jul 18, 2017 5:35 pm
Re: Gemsbokjag met 30-06
So van Kersfees gepraat, ek het vir my vrou n lieflike elektroniese herlaaiskaaltjie gekoop... hehe!
Dankie vir die Kerswense en ook van my kant af: Geseende Kersfees vir alle jag- en geweermanne!
Dankie vir die Kerswense en ook van my kant af: Geseende Kersfees vir alle jag- en geweermanne!
Sako A111 30-06; Sako A11 243; Star Mod28 9mm P.
- Smitstertjies
- Hero Member

- Posts: 1988
- Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am
Re: Gemsbokjag met 30-06
As jy nou baie tegnies wil raak oor die temperatuur skommeling, kan jy toetse doen oor n node band. Die node het tog n sekere bandwydte. As jy in die somer lading ontwikkeling doen laai op die bopunt van die node, en die winter op die onderpunt. So is jy teen temperatuur skommelinge beskerm, maar....
Soos hierbo genoem is die groot sondaar die kamer/loop se temperatuur, en nie die ambiente temp nie.
Soos hierbo genoem is die groot sondaar die kamer/loop se temperatuur, en nie die ambiente temp nie.
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
-
Zuku
- Sr. Member

- Posts: 299
- Joined: Mon May 29, 2017 7:28 pm
Re: Gemsbokjag met 30-06
Skietstoel. Ek het so 10 jaar gelede by n plaas naby Blackrock gejag. Ek het met n 308W my gemsbok bok geskiet op so 100m. Die boer self skiet net 270 met PMP ammo. Hy het die 2de dag 5 gemsbokke geskiet op so 100 tot 300m. Al sy bokke het geval en bly lë met eerste skoot. N ander jaget skiet ook met 270 en het 2 gemsbokke en 1 eland geskiet op dag 3.
So jou 30.06 kan seker ook die ding doen.
So jou 30.06 kan seker ook die ding doen.
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Gemsbokjag met 30-06
Die geluk was net aan die kant van die ouens met die 270's!Zuku wrote:Skietstoel. Ek het so 10 jaar gelede by n plaas naby Blackrock gejag. Ek het met n 308W my gemsbok bok geskiet op so 100m. Die boer self skiet net 270 met PMP ammo. Hy het die 2de dag 5 gemsbokke geskiet op so 100 tot 300m. Al sy bokke het geval en bly lë met eerste skoot. N ander jaget skiet ook met 270 en het 2 gemsbokke en 1 eland geskiet op dag 3.
So jou 30.06 kan seker ook die ding doen.
-
Skietstoel
- Full Member

- Posts: 212
- Joined: Tue Jul 18, 2017 5:35 pm
Re: Gemsbokjag met 30-06
Ek twyfel geen oomblik daaraan dat die 30-06 sy ding kan doen nie! Hy het darem al n paar platgetrek in sy lewe.
Daar was een geval waar ek een platgeskiet het deur sy nek oor n lang afstand maar die bok verloor het omdat ons jagbakkie net daar die gees gegee het en ek nooit n opvolgskoot kon gee nie want ons wou nader ry toe die bakkie stol en dooi. Gemmie het skielik opgevlieg en oor die duin verdwyn. Op voet agterna het net nie gewerk nie. ‘n Man op voet teen n Gemsbok oo spoed is nie vergelykbaar nie. Daardie bakkie het ons seker eers na 3 ure se gespook weer hortend en stortend aan die loop gekry. Daardie Gemsbok en daardie Ford bakkie spook nou nog by my.. So ek het n paar dinge geleer op daardie trippie. Onder andere van nekskote op Gemsbokke en verkeerde man die bakkie laat bestuur want daardie ou het die Ford absoluut verniel oor die duine.

johans
- Hero Member

- Posts: 1446
- Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm
Re: Gemsbokjag met 30-06
skietstoel ek wil nou nie jou draad hijack nie maar:
hoe sal n sierra matchking nou maak op dieselfde bok teenoor die ander koels?
hoe sal n sierra matchking nou maak op dieselfde bok teenoor die ander koels?
.22 mauser,223,22-250,12 boor,12boor pomp,cz9mm,glock19,.22magnum
-
Skietstoel
- Full Member

- Posts: 212
- Joined: Tue Jul 18, 2017 5:35 pm
Re: Gemsbokjag met 30-06
Ek skiet maar net met jagpunte want dis maar waarvoor ek voorberei - om te jag. Glo nie dat die sagte teikenpunte geskik is vir lyfskote nie, wel kopskote as jy wil oes. Sierra sal mos nie die moeite doen om GameKing punte te vervaardig as die MatchKings geskik vir jag is nie?
My draad gaan daaroor om n goeie lading te kry agter 165 gr Accubonds of 165g GameKings op Gemsbokke in ‘n 30-06, wat plat genoeg en akkuraat genoeg sal wees oor die soort van afstande wat n mens tipies in die Kalahari kry. Verder wil ek graag leer uit ervarings van gesoute jagters op Gemsbokke met bovermelde punte of enige ander wat suksesvol gebruik was en wenke optel oor wat ouens al in die jagveld beleef het.
My draad gaan daaroor om n goeie lading te kry agter 165 gr Accubonds of 165g GameKings op Gemsbokke in ‘n 30-06, wat plat genoeg en akkuraat genoeg sal wees oor die soort van afstande wat n mens tipies in die Kalahari kry. Verder wil ek graag leer uit ervarings van gesoute jagters op Gemsbokke met bovermelde punte of enige ander wat suksesvol gebruik was en wenke optel oor wat ouens al in die jagveld beleef het.
Sako A111 30-06; Sako A11 243; Star Mod28 9mm P.
-
dehacked
- Hero Member

- Posts: 790
- Joined: Mon Jan 20, 2014 10:04 am
Re: Gemsbokjag met 30-06
Gaan lees gerus op die internet. MK maak nie altyd oop so jy vat maar 'n kans. Gebruik eerder die GK.johans wrote:skietstoel ek wil nou nie jou draad hijack nie maar:
hoe sal n sierra matchking nou maak op dieselfde bok teenoor die ander koels?
Rem 700 .270 Win
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P