Roes in loop

Post Reply
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3137
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Roes in loop

Post by Chevvy SS »

Daar was beduidende roes in 'n loop van 'n maat van my se geweer. Nadat hy dit 'n hele paar keer skoongemaak het is daar ongeveer 5% van die loop wat nog roes wys, die res lyk soos nuut. Volgens 'n geweersmid is daar geen oplossing nie en moet hy die loop vervang.

Enige raad asb?
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: Roes in loop

Post by joe rocket »

Koop Forrest Borefoam en los oornag. Spuit weer skrop met nylon borsel en druk lappies wat in assetoon gelê het deur.
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
User avatar
Messor
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 284
Joined: Mon Sep 18, 2017 8:22 am

Re: Roes in loop

Post by Messor »

Jy kan ook die loop toe-stop en hom vol ballistol maak en los oornag.

Ballistol skrik nie vir roes nie.
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2141
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Roes in loop

Post by Ds J »

Dit hang baie af van die tipe geweer asook die diepte van die skade wat die roes aangerig het.

In 'n .22 kan 'n mens nog redelik regkom. In 'n haelgeweer soms ook. 'n Nitro koeelgeweer is 'n ander saak, maar dit han van die diepte en posisie van die skade af. Naby die tromp kan hy dalk 'n stuk van die loop afsny, as dit vlak roesskade dieper in die loop is kan hy dalk met laer drukke regkom.
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3528
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Roes in loop

Post by Armand Steenkamp »

Nee wat, as die roer groepeer moet nie komkommer nie! Ek het n 303 watse loop heeltemal gepit is en lelik geroes was en hy skiet nog elke nou en dan duim groeperings

Groetnis
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2126
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Re: Roes in loop

Post by Malan123 »

Chevvy, watter kaliber is dit? Ek het dalk iets wat kan help
User avatar
LoopSoosStroop
Hero Member
Hero Member
Posts: 1841
Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am

Re: Roes in loop

Post by LoopSoosStroop »

Solank hy mooi skiet
Pieter van Deventer
Blok Engineering
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3137
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Roes in loop

Post by Chevvy SS »

Malan, dis 'n 300WM.

Dankie sover manne.
User avatar
JJV
Hero Member
Hero Member
Posts: 770
Joined: Fri Oct 02, 2015 7:26 am

Re: Roes in loop

Post by JJV »

Roes beteken nie die loop is onbruikbaar, maak hom skoon, gee hom olie, maak weer skoon en dan skiet jy verder.


Sent from my iPhone using Tapatalk
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2126
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Re: Roes in loop

Post by Malan123 »

Ballistol of so iets oornag in die loop. Ek kan jou so paar final finish punte sponsor om na die tyd deur te stoot. Behoort die job te doen
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3137
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Roes in loop

Post by Chevvy SS »

Asb. Malan, ek pm jou.
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2126
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Re: Roes in loop

Post by Malan123 »

Doodreg
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3137
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Roes in loop

Post by Chevvy SS »

My pm gekry Malan?
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2126
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Re: Roes in loop

Post by Malan123 »

Nee, daar is niks in my inbox nie
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2126
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Re: Roes in loop

Post by Malan123 »

Chevvy, stuur my jou details dan postnet ek vir jou ini week
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3137
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Roes in loop

Post by Chevvy SS »

Probeer asb. om uit te log en dan weer in; anders moet ek die pm-probleem by tripod te laat opmeet.
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2126
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Re: Roes in loop

Post by Malan123 »

Het reeds gedoen, maar niks kom deur nie. Le hy in jou outbox?
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: Roes in loop

Post by joe rocket »

Wanneer jy die "submit" knoppie harder druk kom die PM vinniger deur. True story. ++>:
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2485
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: Roes in loop

Post by Flip Nel »

joe rocket wrote:Wanneer jy die "submit" knoppie harder druk kom die PM vinniger deur. True story. ++>:
;D ;D ;D ;D ;D
Harambe
Hero Member
Hero Member
Posts: 681
Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm

Re: Roes in loop

Post by Harambe »

Jy kan selfs asyn gebruik om die roes los te maak as jy niks anders het nie. Dit werk terloops ook om roes uit jou kar se verkoelingstelsel te kry.
Of so iets
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2126
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Re: Roes in loop

Post by Malan123 »

Chevvy, kon jy die roes uitkry?
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3137
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Roes in loop

Post by Chevvy SS »

Malan123 wrote:Chevvy, kon jy die roes uitkry?
Volgende is jou koeëls, hopelik oor die naweek.
Post Reply