NUWE TIPE KNALDEMPER -
- TFDADD
- Hero Member

- Posts: 1266
- Joined: Mon Nov 14, 2016 8:42 am
NUWE TIPE KNALDEMPER -
Belangrike aankondiging -
Ons bemark Terminator knaldempers al vir baie jare met groot sukses en baie tevredenheid vanaf ons kliënte met die uiters lang lewe produk.
Boonop is die pryse baie billik en beskikbaarheid was nog nooit 'n probleem nie - normale produksie tyd is die enigste wag tydperk wat ter sprake is.
Die nuwe Terminator Super is in die proses om amptelik bekend gestel te word - reeds volledig getoets en resultate is werklik besonders.
Die Terminator Super beskik oor 'n ingeboude druk vrystelling stelsel - dink tromprem (muzzle brake) - en is dus nie buite die knaldemper sigbaar soos meeste ander tipes knaldempers wat oor die aanskroef tipe tromprem beskik nie.
Die terugskop / (recoil) vermindering wat hierdeur bereik word, is werklike verbasend - dit is iets om te ervaar!
En steeds is die pryse werklik uiters mededingend en die kwaliteit soos altyd van top gehalte -
Kalibers kleiner as 338LM se prys is R 2 600.00 - wat koerier aflewering in die RSA insluit.
Kalibers 338LM en groter se prys is R 3 000.00 - wat ook koerier aflewering in RSA insluit.
Hierdie Terminator Super knaldemper kan alreeds op ons webwerf aanlyn bestel word deur HIER te kliek.

Last edited by TFDADD on Wed Nov 22, 2017 8:03 pm, edited 4 times in total.
"Facts are stubborn things; and whatever may be our wishes, our inclinations, or the dictates of our passion,
they cannot alter the state of facts and evidence. ~ John Adams.
We are honest, trustworthy and reliable.

- Nico Harris
- Hero Member

- Posts: 2472
- Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm
Re: NUWE TIPE KNALDEMPER -
Het julle fotos?
.22LR , Mauser Obendorf
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: NUWE TIPE KNALDEMPER -
of videos van hoe dit werk met behoorlike toetse gedoen?
Sent from my SM-G900F using Tapatalk
Sent from my SM-G900F using Tapatalk
- TFDADD
- Hero Member

- Posts: 1266
- Joined: Mon Nov 14, 2016 8:42 am
Re: NUWE TIPE KNALDEMPER -
Enigste twee fotos tans beskikbaar -
Terminator Super met kassie waarin knaldemper gelewer word.
http://www.techfund.co.za/images/terminatorsuper001a.jpg
Terminator Super se voorkant wat dan ook die enigste aanduiding is dat daar 'n ingeboude druk vrystelling stelsel ter sprake is.
http://www.techfund.co.za/images/terminatorsuper002a.jpg
Tegniese data soos lengte, deursnee en gewig behoort binnekort beskikbaar te wees.

Last edited by TFDADD on Wed Nov 22, 2017 8:01 pm, edited 2 times in total.
"Facts are stubborn things; and whatever may be our wishes, our inclinations, or the dictates of our passion,
they cannot alter the state of facts and evidence. ~ John Adams.
We are honest, trustworthy and reliable.
they cannot alter the state of facts and evidence. ~ John Adams.
We are honest, trustworthy and reliable.
-
Bravo1
- Jr. Member

- Posts: 77
- Joined: Tue Dec 24, 2013 7:51 pm
Re: NUWE TIPE KNALDEMPER -
TFDADD, nog fotos sal waardeer word, dankie!
Sent from my SM-G900F using Tapatalk
Sent from my SM-G900F using Tapatalk
- TFDADD
- Hero Member

- Posts: 1266
- Joined: Mon Nov 14, 2016 8:42 am
Re: NUWE TIPE KNALDEMPER -
Bravo1, hier is nog 'n foto uit 'n ander hoek geneem.
http://www.techfund.co.za/images/terminatorsupernew003.jpg
In die drie fotos geplaas, is alles te sien van buite af.
Dit is binne die Terminator Super waar die werklike verskil lê en dit is wat tel!!!
Manne, die produk het homself reeds keer op keer bewys oor 'n wye verskeidenheid klein, medium en baie spesifiek groot kalibers, waar terugskop verminder word tot vlakke wat meer is as wat verwag word.
Plaas gerus u aanlyn bestellings HIER.

Last edited by TFDADD on Thu Oct 26, 2017 10:29 am, edited 1 time in total.
"Facts are stubborn things; and whatever may be our wishes, our inclinations, or the dictates of our passion,
they cannot alter the state of facts and evidence. ~ John Adams.
We are honest, trustworthy and reliable.
they cannot alter the state of facts and evidence. ~ John Adams.
We are honest, trustworthy and reliable.
-
Bravo1
- Jr. Member

- Posts: 77
- Joined: Tue Dec 24, 2013 7:51 pm
Re: NUWE TIPE KNALDEMPER -
Dit lyk na n baie smart produk..ek sal jou kontak
Sent from my SM-G900F using Tapatalk
Sent from my SM-G900F using Tapatalk
- andre007
- Hero Member

- Posts: 2234
- Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm
Re: NUWE TIPE KNALDEMPER -
TAFDADD. Net n navraag oor jou produk. SAJWV het die standpunt ingeneem om geen MB's op georganiseerde skietdae toe te laat nie, 2 Skietmaats het die duur les geleer na die 1 n Sustec en die ander n Recoil Reaper opgesit het, albei van hulle was al by skietdae weggewys, die genoemde KD's het n ingeboude MB wat na buite ''vent'' (vooraan die KD). Julle produk sin is integraal maar het nogsteeds gaatjies wat gasse rondom uitblaas.
Het julle al met ouens soos Andre vd Merwe ens gepraat oor die toepaslikheid van julle produk op SAJWV skietdae?

"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."
Groete
Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
Groete
Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
- TFDADD
- Hero Member

- Posts: 1266
- Joined: Mon Nov 14, 2016 8:42 am
Re: NUWE TIPE KNALDEMPER -
andre007,
Ek het so pas met die vervaardiger van Terminator Super gepraat.
Volgens hom is daar nog geen amptelike uitklaring bekom vanaf SAJWV met betrekking tot die toelaatbaarheid van die gebruik op SAJWV se skiet dae nie.
Nogtans is die Terminator Super verlede naweek op 'n SAJWV skiet dag gebruik sonder enige besware.
Let asseblief daarop dat die betrokke SAJWV tak by die geleentheid bewus was van die gebruik van die Terminator Super tydens die skiet en nogtans nie die skuts belet het nie.
Opsommend dus, geen amptelike vrystelling van die Terminator Super nie, maar ook geen amptelike beswaar teen die gebruik van die Terminator Super deur SAJWV tydens die betrokke skiet dag nie.
Ek het so pas met die vervaardiger van Terminator Super gepraat.
Volgens hom is daar nog geen amptelike uitklaring bekom vanaf SAJWV met betrekking tot die toelaatbaarheid van die gebruik op SAJWV se skiet dae nie.
Nogtans is die Terminator Super verlede naweek op 'n SAJWV skiet dag gebruik sonder enige besware.
Let asseblief daarop dat die betrokke SAJWV tak by die geleentheid bewus was van die gebruik van die Terminator Super tydens die skiet en nogtans nie die skuts belet het nie.
Opsommend dus, geen amptelike vrystelling van die Terminator Super nie, maar ook geen amptelike beswaar teen die gebruik van die Terminator Super deur SAJWV tydens die betrokke skiet dag nie.
"Facts are stubborn things; and whatever may be our wishes, our inclinations, or the dictates of our passion,
they cannot alter the state of facts and evidence. ~ John Adams.
We are honest, trustworthy and reliable.
they cannot alter the state of facts and evidence. ~ John Adams.
We are honest, trustworthy and reliable.
- TFDADD
- Hero Member

- Posts: 1266
- Joined: Mon Nov 14, 2016 8:42 am
Re: NUWE TIPE KNALDEMPER -
Die nuwe Terminator Super se spesifikasies is nou beskikbaar op ons webwerf - Lees HIER.
Die Terminator Super is beskikbaar in tipes A, B en C en is bekend as Tipe E wat vir kalibers kleiner as 338LM geskik is.
Die Terminator Super is ook beskikbaar in tipe D en is bekend as Tipe F wat vir kalibers 338LM en groter geskik is.
Pryse soos reeds genoem, wat koerier koste na enige straat adres in die RSA insluit, is op ons aanlyn bestelvorm beskikbaar.
Ons wys daarop dat dit veral met die plaas van knaldemper bestellings, belangrik is dat u ons aanlyn bestelvorm sal gebruik, omdat spesifieke inligting benodig word om u bestelling korrek te kan uitvoer.

johannvdg
- Jr. Member

- Posts: 73
- Joined: Mon May 04, 2015 11:35 am
Re: NUWE TIPE KNALDEMPER -
TFDADD, daar is kommunikasie uitgestuur na al die takke, indien n baanoffisier die gebruik van die Terminator Super toegelaat het, het hy dit verkeerdelik gedoen.TFDADD wrote:andre007,
Ek het so pas met die vervaardiger van Terminator Super gepraat.
Volgens hom is daar nog geen amptelike uitklaring bekom vanaf SAJWV met betrekking tot die toelaatbaarheid van die gebruik op SAJWV se skiet dae nie.
Nogtans is die Terminator Super verlede naweek op 'n SAJWV skiet dag gebruik sonder enige besware.
Let asseblief daarop dat die betrokke SAJWV tak by die geleentheid bewus was van die gebruik van die Terminator Super tydens die skiet en nogtans nie die skuts belet het nie.
Opsommend dus, geen amptelike vrystelling van die Terminator Super nie, maar ook geen amptelike beswaar teen die gebruik van die Terminator Super deur SAJWV tydens die betrokke skiet dag nie.
Ek het vir Andre gevra om die eposse aan te stuur en ek sal die relevante dele hier kom plak.
Sent from my SM-G900F using Tapatalk
autocorrect fout reggemaak, "toegemaak" reggestel na "toegelaat"
Last edited by johannvdg on Wed Nov 15, 2017 10:02 am, edited 2 times in total.
- TFDADD
- Hero Member

- Posts: 1266
- Joined: Mon Nov 14, 2016 8:42 am
Re: NUWE TIPE KNALDEMPER -
Dankie johannvdg, dit is werklik bemoedigende nuus!johannvdg wrote:
TFDADD, daar is kommunikasie uitgestuur na al die takke, indien n baanoffisier die gebruik van die Terminator Super toegemaak het, het hy dit verkeerdelik gedoen.
Ek het vir Andre gevra om die eposse aan te stuur en ek sal die relevante dele hier kom play.
Sent from my SM-G900F using Tapatalk
Sal baie waardeer dat jy die betrokke e-pos gedeeltes hier sal kom vertoon.
Sien uit daarna.
"Facts are stubborn things; and whatever may be our wishes, our inclinations, or the dictates of our passion,
they cannot alter the state of facts and evidence. ~ John Adams.
We are honest, trustworthy and reliable.
they cannot alter the state of facts and evidence. ~ John Adams.
We are honest, trustworthy and reliable.
-
johannvdg
- Jr. Member

- Posts: 73
- Joined: Mon May 04, 2015 11:35 am
Re: NUWE TIPE KNALDEMPER -
Hier is die aanhaling uit die epos van Andre van der MerweTFDADD wrote:Dankie johannvdg, dit is werklik bemoedigende nuus!
Sal baie waardeer dat jy die betrokke e-pos gedeeltes hier sal kom vertoon.
Sien uit daarna.
"Hierdie beskikbaarheid van knaldemper/tromprem kombinasies het die geleidelik ontwikkel (ontwikkel steeds) en die Skietkomitee het vroeër die jaar na aanleiding van ‘n navraag daaroor besin en die volgende besluit geneem.
“Die Skietkomitee besluit dat daar deesdae so baie variasies en kombinasies van knaldempers en trompremme in een komponent (soortgelyk aan die die “Sus-Tac supressor and recoil reducer ”) is dat die evalueringsproses en besluit op skietbane ‘n probleem gaan wees en argumente gaan uitlok tussen baanoffisiere en skuts. Die baanoffisiere gaan moet besluit watter kombinasie toelaatbaar is en watter een ‘n probleem is en nie toegelaat word nie aangesien dit steeds klank en skokgolwe en terugblaas van stof, blare en sand na die naburige skuts veroorsaak. Die Skietkomitee besluit dat die bestaande reëls soos beskryf in die Universele Reels verder soos volg uitgebrei word: ‘n klankdemper is toelaatbaar, trompremme word nie toegelaat nie en enige kombinasie van knaldemper/tromprem in een komponent is ook nie toelaatbaar nie. Voorbeelde hiervan is die “Sus-Tac” en “CMG Recoil Reaper” knaldemper/tromprem kombinasies wat nie toelaatbaar is nie.”
Hou in gedagte: Teen die tyd wat iemand op ‘n skietbaan kla oor ‘n tromprem/knaldemper wat sy buurman gebruik, het jy ‘n probleem wat hanteer moet word, met al die implikasies daarvan indien die baanoffisier ‘n besluit moet neem dat die toerusting onaanvaarbaar is:
1) Daar gaan tien teen een nou ‘n stryery ontstaan tussen die baanoffisier en die skut wie se toerusting nou onaanvaarbaar bevind word;
2) Die skut wat verontrief is, kan potensieel wil oorskiet;
3) Indien dit ‘n skietkompetisie is word die probleem al groter;
4) Die Skietkomitee het vir bogenoemde redes besluit op ‘n eenvoudige reël wat maklik deur almal toegepas kan word.
Nota: Daar is selfs nou skuts wat begin eksperimenteer deur gate in knaldempers te boor! Ek het so ‘n navraag gekry na aanleiding van ons skrywe in die verband aan al die skuts."
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7559
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: NUWE TIPE KNALDEMPER -
Hallo Johan
Help my asb gou reg indien ek die pot mis sit. In jou eerste skrywe se jy dat die baan offisiere verkeerdelik die gebruik van die Terminator Super verbied het. Tog se die skrywe van Andre baie duidelik dat die gebruik van alle knaldemper/tromprem kombinasie nie toelaatbaar is nie. Die Terminator Super is tog n knaldemper/tromprem kombinasie en dus nie toelaatbaar op SAJWV skietdae nie? Dit is tog duidelik of sit ek nog steeds die pot mis?
Groetnis
Wouter
Help my asb gou reg indien ek die pot mis sit. In jou eerste skrywe se jy dat die baan offisiere verkeerdelik die gebruik van die Terminator Super verbied het. Tog se die skrywe van Andre baie duidelik dat die gebruik van alle knaldemper/tromprem kombinasie nie toelaatbaar is nie. Die Terminator Super is tog n knaldemper/tromprem kombinasie en dus nie toelaatbaar op SAJWV skietdae nie? Dit is tog duidelik of sit ek nog steeds die pot mis?
Groetnis
Wouter
-
johannvdg
- Jr. Member

- Posts: 73
- Joined: Mon May 04, 2015 11:35 am
Re: NUWE TIPE KNALDEMPER -
Hallo Wouter,
Jy is heeltemal korrek en dit is ook hoe ek dit probeer oordra het, maar ek sien dat in my eerste post staan "verkeerdelik toegemaak", dit moes eintlik "verkeerdelik toegelaat" gewees het, ek kan maar net aanneem ek is die poets gebak deur autocorrect en moet om verskoning vra dat ek nie my skrywe deurgelees het nadat ek hom gepost het nie.
My doel was juis om te verhoed dat iemand wat aan SAJWV skiet wil deelneem met n knaldempe, dalk geld spandeer op iets wat nie onder die reëls gebruik mag word nie.
Groete
Johann
Sent from my SM-P605 using Tapatalk
Jy is heeltemal korrek en dit is ook hoe ek dit probeer oordra het, maar ek sien dat in my eerste post staan "verkeerdelik toegemaak", dit moes eintlik "verkeerdelik toegelaat" gewees het, ek kan maar net aanneem ek is die poets gebak deur autocorrect en moet om verskoning vra dat ek nie my skrywe deurgelees het nadat ek hom gepost het nie.
My doel was juis om te verhoed dat iemand wat aan SAJWV skiet wil deelneem met n knaldempe, dalk geld spandeer op iets wat nie onder die reëls gebruik mag word nie.
Groete
Johann
Sent from my SM-P605 using Tapatalk
- TFDADD
- Hero Member

- Posts: 1266
- Joined: Mon Nov 14, 2016 8:42 am
Re: NUWE TIPE KNALDEMPER -
Johann, dankie vir jou regstellende verklaring mbt jou eerste foutiewe plasing.
Dit plaas die saak heeltemal inlyn met wat die vervaardiger van die Terminator reeks knaldempers aanvanklik oor die Terminator Super verklaar het, naamlik:

Wat egter hierdie tweede helfte van dieselfde verklaring betref, naamlik:Opsommend dus, geen amptelike vrystelling van die Terminator Super nie, .............
is dit nie my as verspreider van die produk, jou as beriggewer of Terminator as vervaardiger se verantwoordelikheid om pa te staan vir die besluit geneem tydens die betrokke skiet dag nie, maar wel SAJWV se verantwoordelikheid......... maar ook geen amptelike beswaar teen die gebruik van die Terminator Super deur SAJWV tydens die betrokke skiet dag nie,
"Facts are stubborn things; and whatever may be our wishes, our inclinations, or the dictates of our passion,
they cannot alter the state of facts and evidence. ~ John Adams.
We are honest, trustworthy and reliable.
they cannot alter the state of facts and evidence. ~ John Adams.
We are honest, trustworthy and reliable.
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7559
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: NUWE TIPE KNALDEMPER -
Hallo Johan
Dankie vir die regstel. Ja hierdie tegnologoe wat sogenaamd die lewe moet vergemaklik sal n mens nog na drank en slegte vrouens toe dryf, as dit nie al klaar het nie.
Ons het nou baie mooi duidelikheid gekry en elke persoon kan nou n ingeligte besluit maak. Dankie vir jou moeite.
Groetnis
Wouter
Dankie vir die regstel. Ja hierdie tegnologoe wat sogenaamd die lewe moet vergemaklik sal n mens nog na drank en slegte vrouens toe dryf, as dit nie al klaar het nie.
Ons het nou baie mooi duidelikheid gekry en elke persoon kan nou n ingeligte besluit maak. Dankie vir jou moeite.
Groetnis
Wouter
-
johannvdg
- Jr. Member

- Posts: 73
- Joined: Mon May 04, 2015 11:35 am
Re: NUWE TIPE KNALDEMPER -
TFDADD,TFDADD wrote:Johann, dankie vir jou regstellende verklaring mbt jou eerste foutiewe plasing.
Dit plaas die saak heeltemal inlyn met wat die vervaardiger van die Terminator reeks knaldempers aanvanklik oor die Terminator Super verklaar het, naamlik:Wat egter hierdie tweede helfte van dieselfde verklaring betref, naamlik:Opsommend dus, geen amptelike vrystelling van die Terminator Super nie, .............is dit nie my as verspreider van die produk, jou as beriggewer of Terminator as vervaardiger se verantwoordelikheid om pa te staan vir die besluit geneem tydens die betrokke skiet dag nie, maar wel SAJWV se verantwoordelikheid......... maar ook geen amptelike beswaar teen die gebruik van die Terminator Super deur SAJWV tydens die betrokke skiet dag nie,
Indien jy vir my laat weet watter tak en op watter dag die betrokke skiet was, sal ek dit onder Andre se aandag bring, sodat hy met die tak se skietkoordineerder kan skakel.
Lekker dag
- TFDADD
- Hero Member

- Posts: 1266
- Joined: Mon Nov 14, 2016 8:42 am
Re: NUWE TIPE KNALDEMPER -
Ek haal aan wat reeds gesê is:
Groete,
Koos.
TFDADD wrote: ......... se verantwoordelikheid om pa te staan vir die besluit geneem tydens die betrokke skiet dag nie, maar wel SAJWV se verantwoordelikheid.
Johann, ek is van mening dat dit beter is dat jy byvoorbeeld onder SAJWV se aandag bring dat hulle reëls in dié verband, nie deur alle takke korrek interpreteer word nie en hulle dit dan so kan regstel om eenvormigheid daaroor te kan bewerkstellig by al hulle takke.johannvdg wrote:Indien jy vir my laat weet watter tak en op watter dag die betrokke skiet was, sal ek dit onder Andre se aandag bring, sodat hy met die tak se skietkoordineerder kan skakel.
Groete,
Koos.
"Facts are stubborn things; and whatever may be our wishes, our inclinations, or the dictates of our passion,
they cannot alter the state of facts and evidence. ~ John Adams.
We are honest, trustworthy and reliable.
they cannot alter the state of facts and evidence. ~ John Adams.
We are honest, trustworthy and reliable.
-
johannvdg
- Jr. Member

- Posts: 73
- Joined: Mon May 04, 2015 11:35 am
Re: NUWE TIPE KNALDEMPER -
Koos,TFDADD wrote:Ek haal aan wat reeds gesê is:TFDADD wrote: ......... se verantwoordelikheid om pa te staan vir die besluit geneem tydens die betrokke skiet dag nie, maar wel SAJWV se verantwoordelikheid.Johann, ek is van mening dat dit beter is dat jy byvoorbeeld onder SAJWV se aandag bring dat hulle reëls in dié verband, nie deur alle takke korrek interpreteer word nie en hulle dit dan so kan regstel om eenvormigheid daaroor te kan bewerkstellig by al hulle takke.johannvdg wrote:Indien jy vir my laat weet watter tak en op watter dag die betrokke skiet was, sal ek dit onder Andre se aandag bring, sodat hy met die tak se skietkoordineerder kan skakel.
Groete,
Koos.
Ek is onder die indruk dat hierdie inligting reeds na al die takvoorsitters van die SAJWV versprei is, maar ek sal dit onder Andre se aandag bring, dat die boodskap moontlik nie by almal uitgekom het nie.
Dit sou natuurlik die hele proses verspoedig, indien jy sommer net vir my laat weet deur watter tak die fout begaan is, indien jy dalk nie die tak onder verleentehid wil sit nie, kan jy gerus in 'n PM die inligting aanstuur.
Met jou kommentaar oor wie se verantwoordelikheid goed is, stem ek ongelukkig nie saam nie en indien ek sien dat iets verkeerdelik toegelaat of gedoen word, sal ek maar altyd iets sê.
Groete
Johann
- andre007
- Hero Member

- Posts: 2234
- Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm
Re: NUWE TIPE KNALDEMPER -
Ek ek het n bietjie in my ou eposse gaan rondsoek vir die skrywe oor die Kd/Tromprem kombo. Hier is die skrywe van Andre vd Merwe:johannvdg wrote:Koos,TFDADD wrote:Ek haal aan wat reeds gesê is:TFDADD wrote: ......... se verantwoordelikheid om pa te staan vir die besluit geneem tydens die betrokke skiet dag nie, maar wel SAJWV se verantwoordelikheid.Johann, ek is van mening dat dit beter is dat jy byvoorbeeld onder SAJWV se aandag bring dat hulle reëls in dié verband, nie deur alle takke korrek interpreteer word nie en hulle dit dan so kan regstel om eenvormigheid daaroor te kan bewerkstellig by al hulle takke.johannvdg wrote:Indien jy vir my laat weet watter tak en op watter dag die betrokke skiet was, sal ek dit onder Andre se aandag bring, sodat hy met die tak se skietkoordineerder kan skakel.
Groete,
Koos.
Ek is onder die indruk dat hierdie inligting reeds na al die takvoorsitters van die SAJWV versprei is, maar ek sal dit onder Andre se aandag bring, dat die boodskap moontlik nie by almal uitgekom het nie.
Dit sou natuurlik die hele proses verspoedig, indien jy sommer net vir my laat weet deur watter tak die fout begaan is, indien jy dalk nie die tak onder verleentehid wil sit nie, kan jy gerus in 'n PM die inligting aanstuur.
Met jou kommentaar oor wie se verantwoordelikheid goed is, stem ek ongelukkig nie saam nie en indien ek sien dat iets verkeerdelik toegelaat of gedoen word, sal ek maar altyd iets sê.
Groete
Johann
In die aanhangsel is die gedeelte oor die besprekeing in geel gemerk.Vir verdere verduideliking, ook die volgende:
Hierdie beskikbaarheid van knaldemper/tromprem kombinasies het die geleidelik ontwikkel (ontwikkel steeds) en die Skietkomitee het vroeër die jaar na aanleiding van ‘n navraag daaroor besin en die volgende besluit geneem.
“Die Skietkomitee besluit dat daar deesdae so baie variasies en kombinasies van knaldempers en trompremme in een komponent (soortgelyk aan die die “Sus-Tac supressor and recoil reducer ”) is dat die evalueringsproses en besluit op skietbane ‘n probleem gaan wees en argumente gaan uitlok tussen baanoffisiere en skuts. Die baanoffisiere gaan moet besluit watter kombinasie toelaatbaar is en watter een ‘n probleem is en nie toegelaat word nie aangesien dit steeds klank en skokgolwe en terugblaas van stof, blare en sand na die naburige skuts veroorsaak. Die Skietkomitee besluit dat die bestaande reëls soos beskryf in die Universele Reels verder soos volg uitgebrei word: ‘n klankdemper is toelaatbaar, trompremme word nie toegelaat nie en enige kombinasie van knaldemper/tromprem in een komponent is ook nie toelaatbaar nie. Voorbeelde hiervan is die “Sus-Tac” en “CMG Recoil Reaper” knaldemper/tromprem kombinasies wat nie toelaatbaar is nie.”
Hou in gedagte: Teen die tyd wat iemand op ‘n skietbaan kla oor ‘n tromprem/knaldemper wat sy buurman gebruik, het jy ‘n probleem wat hanteer moet word, met al die implikasies daarvan indien die baanoffisier ‘n besluit moet neem dat die toerusting onaanvaarbaar is:
1) Daar gaan tien teen een nou ‘n stryery ontstaan tussen die baanoffisier en die skut wie se toerusting nou onaanvaarbaar bevind word;
2) Die skut wat verontrief is, kan potensieel wil oorskiet;
3) Indien dit ‘n skietkompetisie is word die probleem al groter;
4) Die Skietkomitee het vir bogenoemde redes besluit op ‘n eenvoudige reël wat maklik deur almal toegepas kan word.
Nota: Daar is selfs nou skuts wat begin eksperimenteer deur gate in knaldempers te boor! Ek het so ‘n navraag gekry na aanleiding van ons skrywe in die verband aan al die skuts.
Ek dink dat die betrokke vervaardigers weet dat hulle produkte nie welkom is op SAJWV skietdae nie maar n blinde oog draai aangesien die verkopie meer weeg as die klient se gemoedsrus. Hier by ons is 2 skuts, per toeval elk met een van die fabrikate wat in Andre se aanhangsel genoem is. Die 1 persoon het hom laat opsit omdat sy geweersmit beweer dat dit die beste in die land is en die ander oor dit uitgeblink het in n onlangse ''silincer shootout''.
Nouja die skuts moes maar elkeen n ander KD koop vir SAJWV skietdae want hulle was by ons plaaslikke en verskeie ander skietdae die pad gewys.
As my plasing ''out of line'' is kan dit verwyder word.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."
Groete
Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
Groete
Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
- TFDADD
- Hero Member

- Posts: 1266
- Joined: Mon Nov 14, 2016 8:42 am
Re: NUWE TIPE KNALDEMPER -
Dankie andre007 vir die duidelike uiteensetting van SAJWV se reëls mbt die gebruik van knaldemper kombinasies en/of trompremme en die toelaatbaarheid daarvan al dan nie, tydens hulle skiet dae.
Dit strook ook weereens 100% met die antwoord reeds aan jou gegee op 30 Oktober 2017 na jou navraag daaroor - sien die betrokke aanhaling:
Instansies wat reëls neerlê by hulle openbare en ander skiet dae, moet dus toesien dat daardie reëls nagekom word deur deelnemers tydens hulle skiet dae.

Die vervaardiger van die Terminator reeks knaldempers, wys met hierdie reguit antwoord mbt sy produk se aanwending, duidelik dat kliënte se gemoedsrus voorop gestel word in sy optrede.TFDADD wrote:andre007,
Ek het so pas met die vervaardiger van Terminator Super gepraat.
Volgens hom is daar nog geen amptelike uitklaring bekom vanaf SAJWV met betrekking tot die toelaatbaarheid van die gebruik op SAJWV se skiet dae nie.
Instansies wat reëls neerlê by hulle openbare en ander skiet dae, moet dus toesien dat daardie reëls nagekom word deur deelnemers tydens hulle skiet dae.
"Facts are stubborn things; and whatever may be our wishes, our inclinations, or the dictates of our passion,
they cannot alter the state of facts and evidence. ~ John Adams.
We are honest, trustworthy and reliable.
they cannot alter the state of facts and evidence. ~ John Adams.
We are honest, trustworthy and reliable.
- Frikkie Coetzee
- Hero Member

- Posts: 2151
- Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm
Re: NUWE TIPE KNALDEMPER -
Nee o hel. Op 4 Augustus het SAJagters mos nou al hul amptelike posisie bekend gemaak
- TFDADD
- Hero Member

- Posts: 1266
- Joined: Mon Nov 14, 2016 8:42 am
Re: NUWE TIPE KNALDEMPER -
Net ter inligting:
Sus-Tac het Vrydag, 17/11/2017 laat weet dat hulle nog wag vir twee knaldempers voordat hulle 'n finale toetsdatum kan reël.
Die Terminators is reeds gereed en ons sal almal op hoogte hou van die verwikkelinge sodra ons terugvoering kry vanaf Sus-Tac.
Intussen is daar meer positiewe terugvoering ontvang vanaf manne wat reeds die Terminator Super op hulle gewere beproef het, maar dit nou eers daar gelaat
Die Terminator fabriek sluit na die eerste week in Desember 2017 en heropen weer vroeg in Januarie 2018 - tyd loop uit vir bestellings wat u nog in Desember 2017 gelewer wil hê!
Ons wys weereens daarop dat dit veral met die plaas van knaldemper bestellings, belangrik is dat u ons aanlyn bestelvorm sal gebruik, omdat spesifieke inligting benodig word om u bestelling korrek te kan uitvoer.
Plaas gerus u aanlyn bestellings HIER.
Sus-Tac het Vrydag, 17/11/2017 laat weet dat hulle nog wag vir twee knaldempers voordat hulle 'n finale toetsdatum kan reël.
Die Terminators is reeds gereed en ons sal almal op hoogte hou van die verwikkelinge sodra ons terugvoering kry vanaf Sus-Tac.
Intussen is daar meer positiewe terugvoering ontvang vanaf manne wat reeds die Terminator Super op hulle gewere beproef het, maar dit nou eers daar gelaat
Die Terminator fabriek sluit na die eerste week in Desember 2017 en heropen weer vroeg in Januarie 2018 - tyd loop uit vir bestellings wat u nog in Desember 2017 gelewer wil hê!
Ons wys weereens daarop dat dit veral met die plaas van knaldemper bestellings, belangrik is dat u ons aanlyn bestelvorm sal gebruik, omdat spesifieke inligting benodig word om u bestelling korrek te kan uitvoer.
Plaas gerus u aanlyn bestellings HIER.
"Facts are stubborn things; and whatever may be our wishes, our inclinations, or the dictates of our passion,
they cannot alter the state of facts and evidence. ~ John Adams.
We are honest, trustworthy and reliable.
they cannot alter the state of facts and evidence. ~ John Adams.
We are honest, trustworthy and reliable.
- TFDADD
- Hero Member

- Posts: 1266
- Joined: Mon Nov 14, 2016 8:42 am
Re: NUWE TIPE KNALDEMPER -
Daar vêr uit Namibië uit, die volgende terugvoering:
"Was effe skepties aan begin ..... maar Terminator Super vat baie, baie 'recoil' weg van my baie ligte, dun loop 300WM .... die 300WM skop nou minder as 243!"
Nou ja, dit is nou glad nie 'n amptelike toets dié nie, maar as 'n man weet hoe hard skop sy ligte, dun loop 300WM hom, moet daar seker iets steek in dit wat hy hier sê!
Intussen wag ons nog steeds geduldig vir 'n amptelike toets datum!
Daar is nou baie min fabriekstyd oor om jou Terminator Super se bestelling te plaas.
Plaas asseblief jou bestelling HIER.