Ek het so 'n geweertjie wat weier om patroontjies met die eerste skoot te laat afgaan. Behalwe vir Sellier en Bellot wat klokslag elke keer afvuur. Ek vermoed dat die doppies sagter is as die ander make
Moet soms 3 keer probeer voordat die skoot loop. Al wat ek kan dink is dat die slagpenveer pap is.
Sellier en bellot groepeer gladie nice in die geweertjie nie.
Is daar iemand hier op die forum wat weet hoe om die slot te strip om by die veer uit te kom.
Ek het al ge google en youtube dat ek foos is maar kry niks op die 1416 nie.
Die slagpen self lyk skerp en ongeskonde asof hy gladnie gedryfire was nie.
Voordat ek nou moet gaan inboek en laaank wag by geweersmede sal ek eers self wil karring.
Ek hoop maar dat dit 'n pap veer is en nie iets meer ernstig nie. So die manne wat weet, deel jul kennis ek sal dit waardeer.
Anschutz 1416 slagpen veer vervanging
-
slagdop
- Full Member

- Posts: 173
- Joined: Sun Jun 24, 2012 12:35 pm
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Anschutz 1416 slagpen veer vervanging
Google die volgende "anschutz 1416 bolt assembly"
Daar is nou baie keuses en fotos. Gaan na 'n plek wat boute en moere verskaf en kyk of jy nie moontlik 'n veer met die regte dersnee en krag kan kry nie. Ek het so vir my Krico een gekry wat na baie jare nog werk. Jy kan ook die ou veer rek sodat hy weer stywer pas as jy hom terugsit.

.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br