My 1ste dagjag sukses!

Dagroep stories en vrae/ Day Calling stories and questions
Post Reply
User avatar
Francois B
Full Member
Full Member
Posts: 111
Joined: Mon Aug 17, 2009 4:28 am

My 1ste dagjag sukses!

Post by Francois B »

Middag almal
Ek het saterdag middag so draai in die veld gery en n jakkals gekwes wat voor die bakkie uitgespring het! Vanoggend het ek n dagroep gaan maak in die area om sy maaikie te gaan soek, ek het die roep begin so 7 uur met sprighaas combo na n uur se aan en af roep het ek mooihuil probeer so 15 min stil gebly en so bietjie steenbok probeer! Later het ek jak bakly gespeel en en dadelik jevalina sagies opgesit , toe kom harloop daardie 2 jakkalse my amper onderstebo oppad roeper toe. Glo dit of nie die reun met die afblad is by ek skiet toe sy teef wat besig is om my foxpro op te vreet! Die reun met die afblad het oor die rand agter my verdwyn! Ek kan nie glo so swaar gewonde jakkals kom nog in ook nie as ek mooi kyk is ek seker ek kan sy ingewande sien! Dink julle hy sal vrek in die veld?
Groete f
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: My 1ste dagjag sukses!

Post by Geno »

Francois,
Mooi man!
Daai wond sal infeksie optel en hy sal vrek glo ek.

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: My 1ste dagjag sukses!

Post by BLOK »

Mooi man

Of hy gaan vrek - Ek hoop so

Blok
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Francois B
Full Member
Full Member
Posts: 111
Joined: Mon Aug 17, 2009 4:28 am

Re: My 1ste dagjag sukses!

Post by Francois B »

Baie dankie vandag voel ek so bietjie untouchable! Sal seker more terug kom aarde toe!
User avatar
C.J.
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 396
Joined: Wed Nov 17, 2010 8:24 am

Re: My 1ste dagjag sukses!

Post by C.J. »

Francois,

Goed gedoen!

Watter geluide sal jy gebruik as jy more 'n dagroep moet doen en hoe lank het jy gesit voor hulle ingekom het? Beplan self 'n dagroep of twee die naweek, so ek luister/lees graag!

C.J.
CZ 30-06 AI
Remington 700 22-250 AI (Laser gun)
Post Reply