Middag manne.
Wil gou by die kundiges weet of die Steyr Pro Hunters se lope indraai of ge"press" fit word soos sekere ander Steyrs. Dankie.
Steyr Pro Hunter vraag
-
Supacow
- Hero Member

- Posts: 2111
- Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm
Re: Steyr Pro Hunter vraag
Ek wil ook weet want daar is nie Sakos teen 8k beskikbaar
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
6x51 Europese Magnum
-
Basie2
- Sr. Member

- Posts: 355
- Joined: Tue Dec 23, 2014 2:09 pm
Re: Steyr Pro Hunter vraag
Ek het 'n pro hunter en het gelees op uk forum dat dit indraai lope is. Daar is baie gesê hieroor, maar dis my 2c. Wil dadelik sê, wees versigtig met die slotaksie, daar is 'n "recess" voor op die slot waar dit in die loop indraai en die aksie pas daarin. Moenie die geweer van die kroon na die slot deurstoot met 'n skoonmaak stok nie, slegs van die slot na kroon, as jy die "recess" draai, pas die slot nie in nie!! Ek het eendag net voor jagtrip gou geweer skoongemaak, het iets opgemerk in slot en wou dit verwyder en het per ongeluk daai ring gedraai- vet bollie, het gelukkig kop gehou en die ring teruggedraai, maar het mooi 'gebedjie' opgesê! Die slotaksie kan baie druk hanteer. Ek het eendag druk van meer as 85kpsi deur gesit op 6.5x55 (quick load calc) en ek kan die storie vertel!! Wil nie detail van lading weergee nie, want dit kan lelike nagevolge hê. Al wat ek sê is dat die aksie baie sterk is en die geweer skiet akuraat.
Bostaande is my opinie. Sterkte
Sent from my iPad using Tapatalk
Bostaande is my opinie. Sterkte
Sent from my iPad using Tapatalk
-
Lamtjop
- Hero Member

- Posts: 826
- Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm
Re: Steyr Pro Hunter vraag
Nou so bietjie ge-google en lyk my die pro hunter en al die SBS modelle se lope skroef in. Basie ek het ook raakgelees van die "collar" wat soms draai. Groete

