Bul,Ram, Koei,Ooi

Post Reply
User avatar
Heinz Petersen
Hero Member
Hero Member
Posts: 1583
Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm

Bul,Ram, Koei,Ooi

Post by Heinz Petersen »

Ek het dit raak gelees.(weet nie of dit al hier op is nie)
Die Njala

Ma,
hoe ken ek die verskil tussen ‘n bul en ‘n ram
‘n koei en ‘n ooi, of ‘n kalf en ‘n lam?
Ek sal graag wil weet
waar trek ‘n mens die streep.

As jy net mooi kyk en luister
is die saak gladnie so duister nie.
‘n Bul het ‘n koei en ‘n koei het ‘n kalf.
‘n Ram het ‘n ooi en ‘n ooi het ‘n lam.

Die verskil lê net mooi hier,
ons kyk na die grootte van die dier.

As jy al die diere bymekaar kan kry,
plaas jy hulle volgens grootte in ‘n ry,
van die kameelperd, die grootste gewis,
tot die steenbokkie wat die kleinste is.

Njala se kind kom nou in die middel
en siedaar, net daar lê die verskil.

Die Njalaman is ‘n bul,
maar die vrou is ‘n ooi.
Hy en alles groter as sy lyf
word as bulle beskryf.


Die Njalavrou is ‘n ooi.
Sy en alles kleiner as sy
word dus ooie genoem.
Is hierdie saak nog verbloem?

Mamma, verduidelik tog vir my mooi.
Die Njala-ma is nie ‘n koei nie maar ‘n ooi,
die Njala-pa is ‘n bul en nie ‘n ram nie,
is die Njala-baba dan ‘n kalf of ‘n lam?

Ai my diertjie, koeie het kalwers
en ooie se babatjies is lammers.

Hoe weet ma al hierdie dinge
van bulle het horings en visse het vine?

Bulle en ramme het horings,
ooie en koeie het spene,
sommige ooie en koeie het ook horings,
maar geen bulle en ramme het spene nie.

Hosanna! Kyk na die Savana!
Dis ‘n bokram daai ma!
Ek is ‘n kenner in die vak,
tot twee spene langs sy sak!

Nou sê my Ou Grote,
hoe weet jy al die goete
van dier het pote
en mense het voete
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
Post Reply