Glasbeddig van Picatinny rail

Post Reply
Bravo1
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 77
Joined: Tue Dec 24, 2013 7:51 pm

Glasbeddig van Picatinny rail

Post by Bravo1 »

Dag manne. Wat is julle gevoel oor die belangrikheid daarvan om n rail te bed as deel van n custom build proses?
Ek sien van die Amerikaanse manne doen dit....https://m.youtube.com/playlist?list=PLD ... GxgQBRbC4z

Ek luister oor die radio...dankie

Sent from my SM-G900F using Tapatalk
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Glasbeddig van Picatinny rail

Post by wlm »

Bravo1
Ek het al 'n ou model Tikka se blokkies met Epidermix gesmeer en toe vasgetrek. Die rede was dat ek nie die stabiliteit van die bloke vertrou het nie, maar darem eers 'n kans wou waag voor ek nuwes koop.
Die teleskoop bly op zero en die Tikka skiet mooi groeperings.
User avatar
Jan Nel
Full Member
Full Member
Posts: 225
Joined: Mon Oct 17, 2011 9:48 am

Re: Glasbeddig van Picatinny rail

Post by Jan Nel »

Manne

'n Bekende geweersmid in Pretoria het ten duurste 'n 10 MOA picatinny rail aan my verkoop onder voorwendsel dat dit 'n 30 MOA rail is, wat ek wou gehad het het. Ek het dit eers agtergekom toe die rail reeds opgesit was. Hy wou dit toe nie terugneem / omruil nie omdat ek toe reeds die gate deur die rail vir my geweer geboor het (RSA aksie).

Ek het toe net die agterkant van die rail met amper 1mm gelig, langer skroefies tydelik ingedraai om die rail op lyn en met Steenvas gebed. Werk fantasties met ongeveer 30 MOA ekstra vertelling. Ek glo nie ek sal weer die ekstra geld betaal vir 'n "slanted""rail nie. Lig net die agterkant soveel as jy nodig het en bed hom met Steenvas, werk baie mooi. Onthou politoer as release"agent" op die aksie, anders kry jy hom nie weer af nie!

Groete
Post Reply