Nog 'n mesmaker op die Forum...

Enige iets tov messe.
Post Reply
HennieL
Newbie
Newbie
Posts: 31
Joined: Wed Jul 26, 2017 8:31 pm

Nog 'n mesmaker op die Forum...

Post by HennieL »

Dagsê vriende,

Alhoewel ek al sowat 'n maand gelede by hierdie Forum aangesluit het, is dit vandag die eerste keer wat ek op die "Messe" subforum rondgrawe, en ek is heel verbaas (en baie bly) om soveel mesmakers hier te ontdek ++>:

Ek maak al 'n hele klompie jare messe, en dien tans op die bestuur van die Bloemfonteinse mesmakersklub. Ek het maar 'n baie klein werkswinkel, maar het darem genoeg "tools" om oor die weg te kom...

Ek het 'n klompie van my messe op die "Nuwe aansluitings" subforum onder die hofie "Dagsê vanuit Bloemfontein" http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=126&t=59225 geplaas, indien iemand sou belangstel om te gaan kyk...

Ek sien uit daarna om nog baie mes-vriende op hierdie forum te maak, en sal met graagte help met raad indien iemand met hierdie lekker stokperdjie wil begin, of net 'n spesifieke mesverwante vraag het.

Groetnis,
HennieL
User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 5012
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am

Re: Nog 'n mesmaker op die Forum...

Post by theedge »

Hi bly om kennis te maak sal bietjie gaan loer dankie
Post Reply