Dankie almal vir die vriendelike verwelkoming
Mooi messe. Verkoop jy of maak jy maar net vir jouself en eie plesier?
Dankie Parker. Ek verkoop, maar omdat ek dit net vir 'n stokpertjie doen, en my vrye tyd baie beperk is, maak ek maar op gemiddeld net 1 mes per maand (so tussen 30 en 50 werks-ure per mes

). Al drie die messe op die fotos hierbo is al verkoop, maar ek het so 'n paar beskikbaar indien iemand sou belangstel. Ek wil egter nie hier op die forum adverteer nie (nie seker of dit toelaatbaar is nie...), so indien iemand dalk sou belangstel moet hy/sy my asseblief per PM kontak.
Indien daar iemand in die Bloemfontein omgewing is wat wil leer om messe te maak, ons het 'n baie aktiewe klub hier in Cheetah land (waarvan ek die klub sekretaris is...), en ons is altyd bereid om te help. Weereens, stuur net 'n PM.