Nuwe Jagter (soort van)
-
Swys14
- Hero Member

- Posts: 1045
- Joined: Fri May 27, 2011 5:26 pm
Nuwe Jagter (soort van)
Hi, ek's Francois van die kaap.
Het al so 3 keer gejag in lewe, klomp springbokke en 'n mooi gemsbok, almal met n BRNO .30-06.
Ek het onlangs my bevoegdheid gekry en begin nou rond te snuif...
Gaan later die jaar my eerste wapen koop en het aangesluit om meer info te kry.

CZ 537 - 7x57mm Mauser
Nosler 48 - 243 Win
Savage 12 VLP DBM - 300 WSM
Tikka T3 Lite - 22-250 Rem
Glock 19
"Niks wat die moeite werd is gebeur vinnig of maklik nie"
Nosler 48 - 243 Win
Savage 12 VLP DBM - 300 WSM
Tikka T3 Lite - 22-250 Rem
Glock 19
"Niks wat die moeite werd is gebeur vinnig of maklik nie"
- Boertjie
- Hero Member

- Posts: 763
- Joined: Wed Mar 03, 2010 8:19 pm
Re: Nuwe Jagter (soort van)
Swys14
As jy n geweer wil koop,koop n 308, Louis 102 het 3 van hulle en skiet met niks anders nie.
Boertjie
As jy n geweer wil koop,koop n 308, Louis 102 het 3 van hulle en skiet met niks anders nie.
Boertjie
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Nuwe Jagter (soort van)
Boera, lyk my jy's ledig ....Boertjie wrote: As jy n geweer wil koop,koop n 308, Louis 102 het 3 van hulle en skiet met niks anders nie.![]()
Francois, jammer ek moet hierdie darem net by my post in-edit. Boertjie het my nou effe op die verkeerde voet betrap met sy tjol-pratery dat ek skoon vergeet het om welkom te s?. Jammer dat ek so ongeskik is. Wapen koop is amper soos trou, maak maar seker dat jy die regte een vat vir jou behoefte. So tussen die goeie raad wat jy hier sal kry, is daar ook 'n paar opinies wat jou eerder op 'n dwaalspoor gaan plaas. Moet bv. niks glo wat Boetjie s? nie - hy skiet jakkalse met 'n 308 (as jy verstaan wat ek bedoel.)
Geniet die forum.
Louis
Last edited by Louis102 on Fri May 27, 2011 6:45 pm, edited 1 time in total.
Goeie dade oortref goeie woorde.
- Geno
- Administrator

- Posts: 13644
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Nuwe Jagter (soort van)
Boertjie, jy stir lekke ne?
Maar dis die waarheid, blykbaar het Tafjak ook sy 243AI op 'n 308 ingeruil....
Welkom Swys,
Kom binne, maak jouself tuis, en geniet dit hier!
Groete,
Eugene
Maar dis die waarheid, blykbaar het Tafjak ook sy 243AI op 'n 308 ingeruil....
Welkom Swys,
Kom binne, maak jouself tuis, en geniet dit hier!
Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
-
KalahariKlong
- Hero Member

- Posts: 890
- Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am
Re: Nuwe Jagter (soort van)
wELKOM sWYS.
Kom in ons maak koffie, dis vrek koud.
Kom in ons maak koffie, dis vrek koud.
Only those who dare to fail greatly can ever achieve greatly
- Monrique (SJ)
- Hero Member

- Posts: 2296
- Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am
Re: Nuwe Jagter (soort van)
Swys
Welkom maat. Hoop jy geniet dit hier.
Groetnis
Welkom maat. Hoop jy geniet dit hier.
Groetnis
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: Nuwe Jagter (soort van)
Geno wrote:
Maar dis die waarheid, blykbaar het Tafjak ook sy 243AI op 'n 308 ingeruil....
Seker die rede vir die reen en koue...
Swys
Welkom pel! Hoop jy geniet die forum! As jy koop, koop reg. Met 'n 243 as eerste geweer sal jy nooit weer terugkyk nie...
Hein M
Last edited by Hein M. on Fri May 27, 2011 7:24 pm, edited 1 time in total.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
-
Swys14
- Hero Member

- Posts: 1045
- Joined: Fri May 27, 2011 5:26 pm
Re: Nuwe Jagter (soort van)
Baie Dankie Manne
Ek glo ek gaan die forum geniet.
My kortlys lyk tans so. Help my besluit.
Kalibers:
1) 7x57 Mauser (eks onseker of hy n gemsbok kan neersit op 250m)
2) .30-06 Spr (ALL ROUNDER maar elke 2de man het een)
3) 7mm Rem Mag (dalk te warm vir kort afstande)
4) .300 Win Mag (ook dalk te warm)
5) .308 Win (baie soos die 7x57)
Vervaardigers:
2de hands sal ek baie graag iets soos 'n Sako wil kry.
Nuut sal dit 'n Ruger Hawkeye of Voere 2155 (weet nie of jy hom in SA kry nie)
My Budget gaan so R15k wees vir die geweer en scope.
Scope:
Ek's besig om 'n Zeiss Conquest van Amerika af te organise, as dit nie uit werk nie sal ek 'n Leupold kry in SA.
Julle opinies word waardeer.
Francois
Ek glo ek gaan die forum geniet.
My kortlys lyk tans so. Help my besluit.
Kalibers:
1) 7x57 Mauser (eks onseker of hy n gemsbok kan neersit op 250m)
2) .30-06 Spr (ALL ROUNDER maar elke 2de man het een)
3) 7mm Rem Mag (dalk te warm vir kort afstande)
4) .300 Win Mag (ook dalk te warm)
5) .308 Win (baie soos die 7x57)
Vervaardigers:
2de hands sal ek baie graag iets soos 'n Sako wil kry.
Nuut sal dit 'n Ruger Hawkeye of Voere 2155 (weet nie of jy hom in SA kry nie)
My Budget gaan so R15k wees vir die geweer en scope.
Scope:
Ek's besig om 'n Zeiss Conquest van Amerika af te organise, as dit nie uit werk nie sal ek 'n Leupold kry in SA.
Julle opinies word waardeer.
Francois
CZ 537 - 7x57mm Mauser
Nosler 48 - 243 Win
Savage 12 VLP DBM - 300 WSM
Tikka T3 Lite - 22-250 Rem
Glock 19
"Niks wat die moeite werd is gebeur vinnig of maklik nie"
Nosler 48 - 243 Win
Savage 12 VLP DBM - 300 WSM
Tikka T3 Lite - 22-250 Rem
Glock 19
"Niks wat die moeite werd is gebeur vinnig of maklik nie"
- Geno
- Administrator

- Posts: 13644
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Nuwe Jagter (soort van)
Swys,
As jy 'n great kaliber soek, kyk na die 7x57Ackley, dis regtig meer as genoeg vir meeste boksoorte!
Groete,
Eugene
As jy 'n great kaliber soek, kyk na die 7x57Ackley, dis regtig meer as genoeg vir meeste boksoorte!
Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
- Boertjie
- Hero Member

- Posts: 763
- Joined: Wed Mar 03, 2010 8:19 pm
Re: Nuwe Jagter (soort van)
Geno
Ek het mos geweet 308 is ook daar.
Jammer Louis ek kon nie die een laat verbygaan nie.
Boertjie
PS. Ek dink Taffie het sy eerste jakkals met 308 geskiet.
Ek het mos geweet 308 is ook daar.
Jammer Louis ek kon nie die een laat verbygaan nie.
Boertjie
PS. Ek dink Taffie het sy eerste jakkals met 308 geskiet.
- Jagtersdok
- Global Moderator

- Posts: 2034
- Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm
Re: Nuwe Jagter (soort van)
Swys
Welkom en geniet
Vir eerste geweer is daai 7x57 Ackley baie nice roer.
Die werks verrugting is puik.
Nie elke 2de ou het een nie.
Welkom en geniet
Vir eerste geweer is daai 7x57 Ackley baie nice roer.
Die werks verrugting is puik.
Nie elke 2de ou het een nie.
NEELS NIEMAND, CENTURION
Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
-
Francois Briedenhann
- Sr. Member

- Posts: 452
- Joined: Mon May 17, 2010 7:56 pm
Re: Nuwe Jagter (soort van)
Gooi 243 beste roer ooit hehehe.
Groete fb
Groete fb
-
Swys14
- Hero Member

- Posts: 1045
- Joined: Fri May 27, 2011 5:26 pm
Re: Nuwe Jagter (soort van)
Kyk my denk rigting werk so...
(En onthou ek gaan nog nie kan herlaai nie, sal later aan wil leer.)
Gee raad asb. en opinies, ek's die ene ore.
Met die 7x57 Mauser kan ek 130gr - 140gr skiet vir lang vlakte skote waar ek 'n platter trajek soek, en swaarder 170gr punte vir naby shots.
Sal ek 'n gemsbok op 300m kan "drop" met 'n 7x57 - dis my worry.
Dis 'n kaliber wat ek rerig wil he maar dit moet prakties vir my wees.
Ek wil alles kan skiet van Springbok tot Kudu, tot en met 300m.
Ek was destyds heel fine gewees met die terugskop van die .30-06 (@180gr) maar as ek 'n keuse het sal ek ligter terugskop verkies alhoewel ek voorkeur geen aan "killing power" en slaankrag.
As ek 'n Gemsbok in die kalahari moet skiet wat op die ander duin staan moet ek nie "sukkel" nie.
Die 7x57 is ook 'n kaliber met 'n great geskiedenis vir my, 'n tipe classic amper.
(En onthou ek gaan nog nie kan herlaai nie, sal later aan wil leer.)
Gee raad asb. en opinies, ek's die ene ore.
Met die 7x57 Mauser kan ek 130gr - 140gr skiet vir lang vlakte skote waar ek 'n platter trajek soek, en swaarder 170gr punte vir naby shots.
Sal ek 'n gemsbok op 300m kan "drop" met 'n 7x57 - dis my worry.
Dis 'n kaliber wat ek rerig wil he maar dit moet prakties vir my wees.
Ek wil alles kan skiet van Springbok tot Kudu, tot en met 300m.
Ek was destyds heel fine gewees met die terugskop van die .30-06 (@180gr) maar as ek 'n keuse het sal ek ligter terugskop verkies alhoewel ek voorkeur geen aan "killing power" en slaankrag.
As ek 'n Gemsbok in die kalahari moet skiet wat op die ander duin staan moet ek nie "sukkel" nie.
Die 7x57 is ook 'n kaliber met 'n great geskiedenis vir my, 'n tipe classic amper.
CZ 537 - 7x57mm Mauser
Nosler 48 - 243 Win
Savage 12 VLP DBM - 300 WSM
Tikka T3 Lite - 22-250 Rem
Glock 19
"Niks wat die moeite werd is gebeur vinnig of maklik nie"
Nosler 48 - 243 Win
Savage 12 VLP DBM - 300 WSM
Tikka T3 Lite - 22-250 Rem
Glock 19
"Niks wat die moeite werd is gebeur vinnig of maklik nie"
-
Swys14
- Hero Member

- Posts: 1045
- Joined: Fri May 27, 2011 5:26 pm
Re: Nuwe Jagter (soort van)
ekt vergeet, my droom kaliber is die 300 H&H Mag, maar ek het nie daai tipe finansieele status om 'n pasmaak geweer te bekostig nie en ek dink nie fabrieks ammo is beskikbaar in hulle nie...
CZ 537 - 7x57mm Mauser
Nosler 48 - 243 Win
Savage 12 VLP DBM - 300 WSM
Tikka T3 Lite - 22-250 Rem
Glock 19
"Niks wat die moeite werd is gebeur vinnig of maklik nie"
Nosler 48 - 243 Win
Savage 12 VLP DBM - 300 WSM
Tikka T3 Lite - 22-250 Rem
Glock 19
"Niks wat die moeite werd is gebeur vinnig of maklik nie"
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: Nuwe Jagter (soort van)
As jy 'n gemsbok met 'n seker skoot wil skiet op 300m, dan sal jy iets moet gebruik wat 'n bietjie skopSwys14 wrote: ekt vergeet, my droom kaliber is die 300 H&H Mag, maar ek het nie daai tipe finansieele status om 'n pasmaak geweer te bekostig nie en ek dink nie fabrieks ammo is beskikbaar in hulle nie...
Koop liewer oor tyd 2 gewere. 'n 308 / 7x57 Is 'n baie goeie begin. Skiet eers tot en met 200m. Die oorgrote meerderheid bokke word in elk geval nader as 200 geskiet... Dalk die 300 later?
Net my 2c
Hein
Last edited by Hein M. on Sat May 28, 2011 4:33 pm, edited 1 time in total.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
-
Swys14
- Hero Member

- Posts: 1045
- Joined: Fri May 27, 2011 5:26 pm
Re: Nuwe Jagter (soort van)
Koop liewer oor tyd 2 gewere. 'n 308 / 7x57 Is 'n baie goeie begin. Skiet eers tot en met 200m. Die oorgrote meerderheid bokke word in elk geval nader as 200 geskiet... Dalk die 300 later?
Net my 2c
Hein
Hein ek reken dis goeie raad daai, verkieslik soek 'n mens iets wat klein wild op lang en kort afstande kan neersit en iets wat groter bokke (kudu en eland) op kort en langafstande kan drop.
Verkieslik sou my kluis dan so lyk...
(1) .25-06 / of 6.5mm Sweedse Mauser / of .243
(2) .308 / of 7x57
(3) .300 Win Mag / 7mm rem mag / .338 winmag
(4) .375 H&H
Smaak my die .30-06 sal seker maar die veiligste "bet" wees want hy kan lekker plat en vinnig skiet met 150gr -165gr en hy kan dien as bos geweer met swaarder punte 180gr -220gr. Maar ek like van anders wees...elke 2de jagter het een in sy kluis...dis soos 'n Hilux. Ek dink nie dis 'n slegte ding nie, baie prakties en ammo koste sal OK wees. Dink maar ek moet maar hou by die 06.
Weereens dankie vir die raad, nou gaan ek die forum dood lees!!!
CZ 537 - 7x57mm Mauser
Nosler 48 - 243 Win
Savage 12 VLP DBM - 300 WSM
Tikka T3 Lite - 22-250 Rem
Glock 19
"Niks wat die moeite werd is gebeur vinnig of maklik nie"
Nosler 48 - 243 Win
Savage 12 VLP DBM - 300 WSM
Tikka T3 Lite - 22-250 Rem
Glock 19
"Niks wat die moeite werd is gebeur vinnig of maklik nie"
- PITSMIT
- Hero Member

- Posts: 989
- Joined: Thu Mar 24, 2011 10:48 am
Re: Nuwe Jagter (soort van)
swys 14
welkom ou maat hoop jy geniet dit en hier gaan jy te veel raad kry ou maat maar jy kan maar weet dis goeie raad
ek sien niks van n .270 nie

al daai ander rore kan werk maar jy kan definitief n .270 ook oorweeg. skiet self een en dis n puik kaliber.
ammuniese oral beskikbaar en hy loop mooi
geniet dit hier
pitsmit
uitenhage

Ontmoet altyd nuwe vriende maar moet nooit die oues vergeet nie
" Shooters do it in any position "
.270Win Brno de Lux Mod ZKK600
.308Win Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag 6" barrel
" Shooters do it in any position "
.270Win Brno de Lux Mod ZKK600
.308Win Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag 6" barrel
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Nuwe Jagter (soort van)
Wat van 7x64. PMP maak ammo en Sellier en Bellot, Prvi Patisan sowel as Highland is ook beskikbaar. Hy vergelyk met 30-06 tot en met 175gr koeels en myne het baie ligter terugskop. Baie goeie akkuratheid ook. Top kaliber.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Swys14
- Hero Member

- Posts: 1045
- Joined: Fri May 27, 2011 5:26 pm
Re: Nuwe Jagter (soort van)
Thanks Tripod, ek gaan bietjie oor die 7mm Brenn oplees...in watter koeel gewigte kry jy fabrieks ammo vir die 7x64?
CZ 537 - 7x57mm Mauser
Nosler 48 - 243 Win
Savage 12 VLP DBM - 300 WSM
Tikka T3 Lite - 22-250 Rem
Glock 19
"Niks wat die moeite werd is gebeur vinnig of maklik nie"
Nosler 48 - 243 Win
Savage 12 VLP DBM - 300 WSM
Tikka T3 Lite - 22-250 Rem
Glock 19
"Niks wat die moeite werd is gebeur vinnig of maklik nie"
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: Nuwe Jagter (soort van)
Die 7x64 is my volgende aankoop. Skitterende kaliber / patroon.tripodmvr wrote: Wat van 7x64. PMP maak ammo en Sellier en Bellot, Prvi Patisan sowel as Highland is ook beskikbaar. Hy vergelyk met 30-06 tot en met 175gr koeels en myne het baie ligter terugskop. Baie goeie akkuratheid ook. Top kaliber.
Die vraag: Kan jy groot boksoorte skiet op 300+ m met hierdie geweer? Sal graag self wil weet. Ouens met ondervinding laat weet asb.
Hein M
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Nuwe Jagter (soort van)
Die 7x64 kan van 130 tot 175 grein koeels effektief gebruik. In monolities verkies ek 'n 150 grein en kan dan in bos en vlakte gebruik word. Dit is genoeg tot selfs verder as 300m indien skootplasing korrek is.
Ek wil al lankal die' vraag vra. Is ons jagters of skieters? 'n Jagter maak doodseker dat hy so naby as moontlik kom aan sy prooi om dit met een skoot te dood. Ja ons moet kan skiet, maaaar ons wil nie skyfskiet na wild net om dit te kwes nie.
Ek wil al lankal die' vraag vra. Is ons jagters of skieters? 'n Jagter maak doodseker dat hy so naby as moontlik kom aan sy prooi om dit met een skoot te dood. Ja ons moet kan skiet, maaaar ons wil nie skyfskiet na wild net om dit te kwes nie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- spekieries
- Hero Member

- Posts: 1240
- Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm
Re: Nuwe Jagter (soort van)
Swys
Ek het nie 'n 7x57 nie. Ek s? koop wat jy dink. Dit gaan jou roer wees en nie iemand anders s'n nie. Ek sou nie die Ackley rigting geloop het nie. Ek weet dit verhoog die K/ watt en die Newton meter Toeque. Maar dikwels is 'n standaard waarvan jy die trajek ken in 'n gewone jagter se hande beter medisyne. Die ackley is swaar op petrol en jy gaan die standaard in elk geval langer ry voor sy blok kraak.
O ja baie welkom jy gaan baie raad kry by baie slim manne en ook by bietjie raad by minder slim manne maar jy gaan raad kry by manne wat 'n gemene deler het . Kruit brand en dit is lekker!
Groete

So waar. Seker die belangrikste beginsel van jag.tripodmvr wrote: Ek wil al lankal die' vraag vra. Is ons jagters of skieters? 'n Jagter maak doodseker dat hy so naby as moontlik kom aan sy prooi om dit met een skoot te dood. Ja ons moet kan skiet, maaaar ons wil nie skyfskiet na wild net om dit te kwes nie.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
- FrancoisN
- Sr. Member

- Posts: 275
- Joined: Wed Feb 02, 2011 6:51 am
Re: Nuwe Jagter (soort van)
Nou daai is nou vir jou n geweer. Welkom en geniet dit hier.Swys14 wrote: 300 H&H Mag,
“The only time to eat diet food is while you're waiting for the steak to cook.”
-
Swys14
- Hero Member

- Posts: 1045
- Joined: Fri May 27, 2011 5:26 pm
Re: Nuwe Jagter (soort van)
Baie dankie, sal so maak!spekieries wrote: Swys