38 Special en 357 Magnum herlaai
- Philip J
- Hero Member

- Posts: 925
- Joined: Fri Mar 14, 2014 8:58 pm
38 Special en 357 Magnum herlaai
More almal
Ek het asb julle raad nodig. Veral die manne wat herlaai vir 38 special.
Ek wil begin herlaai vir my en my vrou se rewolwers.
Myne is n 38 special met n vyf duim loop (S&W K frame) en hare is n 357 Mag met n 2 duim loop(s/s 6 skoot Rossi)
Nou sien ek Somchem gee verkillende ladings vir verskillende loop lengtes. Hoekom?
My beplanning is NIE om selfverdediging ammunisie te bou nie. Eerder oefen rondtes sodat ons meer skiet en oefen.
Ek wil egter probeer om net een 38 special lading te laai vir beide my 38 en haar 357.
Kan dit gedoen word en watter kruit en koeël gewig sou julle aanbeveel?
Ek het reeds baie met Andre007 gesels en dis nie n geval waar ek sy antwoorde in twyfel trek nie, ek wil maar net soveel as moontlik weet van die moets en moenies van handwapen herlaai.
Ek hoor graag van julle.

Groetnis
Philip
Philip
-
Supacow
- Hero Member

- Posts: 2111
- Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm
Re: 38 Special en 357 Magnum herlaai
7gr mp200 agter n 158gr cmj in 357
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
6x51 Europese Magnum
- Philip J
- Hero Member

- Posts: 925
- Joined: Fri Mar 14, 2014 8:58 pm
Re: 38 Special en 357 Magnum herlaai
Dankie supacow
Ek wil net seker maak oor een ding. Somchem se maksimum lading vir die 38 special met 158gr koele en MP200 is 5.9gr. Is die lading wat jy hier bo gegee het net vir die 357 bedoel?
Ek wil graag net een lading vir beide die 38 en die 357 laai.
Is dit moontlik of is dit n pypdroom?(bom?)

- andre007
- Hero Member

- Posts: 2234
- Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm
Re: 38 Special en 357 Magnum herlaai
More Phillip. Ek dink wat Phillip bedoel is om te sê dat hy .38 special ladings in sy vrou se .357 snubbie en sy 5'' .38 special gaan skiet. Dit gaan maar vir plinking wees om mee te begin en daarna oorgaan na SD laai as hy meer vertroud is met die handwapen laaiproses.
Phillip korrigeer maar as ek nonsies praat.
Phillip korrigeer maar as ek nonsies praat.
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."
Groete
Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
Groete
Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
- Philip J
- Hero Member

- Posts: 925
- Joined: Fri Mar 14, 2014 8:58 pm
Re: 38 Special en 357 Magnum herlaai
Nee, jy is heeltemal reg Andre. Ek het dalk onduidelik gepraat, maar jy som dit heeltemal reg op. Dankie.
Groetnis
Philip
Philip
- Parker
- Sr. Member

- Posts: 335
- Joined: Wed May 13, 2015 9:45 am
Re: 38 Special en 357 Magnum herlaai
Dis presies wat hy sê. Ek gebruik 5gr MP200 vir my .38 Special op daai 158gr koeëls. Jy gaan dit ook op die 357 kan gebruik.Philip M90M wrote:Dankie supacow
Ek wil net seker maak oor een ding. Somchem se maksimum lading vir die 38 special met 158gr koele en MP200 is 5.9gr. Is die lading wat jy hier bo gegee het net vir die 357 bedoel?
Ek wil graag net een lading vir beide die 38 en die 357 laai.
Is dit moontlik of is dit n pypdroom?(bom?)
Stoot lood!
- Philip J
- Hero Member

- Posts: 925
- Joined: Fri Mar 14, 2014 8:58 pm
- Viking
- Hero Member

- Posts: 871
- Joined: Tue Jun 03, 2014 4:55 pm
Re: 38 Special en 357 Magnum herlaai
Philip,
Maak net seker jy gebruik daai ladings in 'n .38 special dop!!!
Ek het al die fout gemaak om .38 special lading in 'n .357 se dop te gooi....ek kon die koeël "inhardloop"
op pad teiken toe!!
Maak net seker jy gebruik daai ladings in 'n .38 special dop!!!
Ek het al die fout gemaak om .38 special lading in 'n .357 se dop te gooi....ek kon die koeël "inhardloop"
op pad teiken toe!!
" My idea of gun control is using BOTH hands!"
- Philip J
- Hero Member

- Posts: 925
- Joined: Fri Mar 14, 2014 8:58 pm
Re: 38 Special en 357 Magnum herlaai
Hahaha. Dis reg, ek maak so. Ek het NET 38 Special doppe.
Groetnis
Philip
Philip
-
Hercules Louw
- Hero Member

- Posts: 889
- Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm
Re: 38 Special en 357 Magnum herlaai
Die ligter ladings gaan net oor die hanteerbaarheid van die ligte snubbie rewolwers. Somchem het nie in hulle ouer boekies hierdie ligte ladings vir die snubbies in gehad nie en mense het gekla dat selfs hulle minimum ladings sleg is om in die snubbies te skiet. Die aanbassing is slegs vir daardie rede (gemaklike skiet) gedoen, enige 38special of 357mag rewolwer, of dit nou 'n snubbie is of nie, is in staat om die maksimum lading van toepassing op die onderskeie kalibers veilig te kan skiet.Philip M90M wrote:More almal
Ek het asb julle raad nodig. Veral die manne wat herlaai vir 38 special.
Ek wil begin herlaai vir my en my vrou se rewolwers.
Myne is n 38 special met n vyf duim loop (S&W K frame) en hare is n 357 Mag met n 2 duim loop(s/s 6 skoot Rossi)
Nou sien ek Somchem gee verkillende ladings vir verskillende loop lengtes. Hoekom?
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1873
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: 38 Special en 357 Magnum herlaai
Soos wat Hercules hierbo sê, die ligter 38Spl ladings is bedoel vir die 5-skoot "snubbies" met ligter RAME. Die "warmer" ladings neig om hierdie wapens (en hulle skuts) vinnig los te skud.
Gebruik Somchem MP200 se 38Spl laaidata (vir langer lope) in 38Spl doppe en laai tot waar dit veilig en gerieflik is. Hierdie ladings sal heeltemal veilig en ook gerieflik in jou wederhelf se 357M wees.
As jy ladings wil laai wat meer woema het as wat toegelaat word in 'n 38Spl, gebruik die langer 357M doppe. Dan kan hulle nie per ongeluk in jou 38 beland nie. Dit sal egter voordelig wees om 1 lading vir albei rewolwers te hê.
Gebruik Somchem MP200 se 38Spl laaidata (vir langer lope) in 38Spl doppe en laai tot waar dit veilig en gerieflik is. Hierdie ladings sal heeltemal veilig en ook gerieflik in jou wederhelf se 357M wees.
As jy ladings wil laai wat meer woema het as wat toegelaat word in 'n 38Spl, gebruik die langer 357M doppe. Dan kan hulle nie per ongeluk in jou 38 beland nie. Dit sal egter voordelig wees om 1 lading vir albei rewolwers te hê.
- Philip J
- Hero Member

- Posts: 925
- Joined: Fri Mar 14, 2014 8:58 pm
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2140
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: 38 Special en 357 Magnum herlaai
Bly by MP200 as jy nie ervaring het met herlaai nie. Die volumes van S121 is klein en kan maklik 'n dubbellading veroorsaak. Of gooi bewustelik 'n dubbellading en sit hom naby neer om te kan kontroleer.Philip M90M wrote:Dankie almal
Enige iemand wat S121 gebruik?
- Philip J
- Hero Member

- Posts: 925
- Joined: Fri Mar 14, 2014 8:58 pm
Re: 38 Special en 357 Magnum herlaai
Dankie Ds
Herlaai ervaring as sulks is nie die probleem nie. Dis net die handwapen kant daarvan wat vir my nuut is. Soos die meeste van ons hier, werk ek ook maar op n fyn gesnyde begroting, so ek wil van die begin af die regte komponente koop.
Herlaai ervaring as sulks is nie die probleem nie. Dis net die handwapen kant daarvan wat vir my nuut is. Soos die meeste van ons hier, werk ek ook maar op n fyn gesnyde begroting, so ek wil van die begin af die regte komponente koop.
Groetnis
Philip
Philip
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1873
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: 38 Special en 357 Magnum herlaai
Somchem het laaidata vir S121 in die 38 Spl.
Onthou ook dat jy nou 'n baie klein volume kruit in 'n groot dop gaan plaas. Jou dopvulling gaan waarskynlik in die omgewing van 30% wees. Dit kan moontlik probleme veroorsaak. Ek sou dit nie aanbeveel nie.
MP200 is wel duurder, maar is baie meer vergewensgesind. Die ekstra 4c per rondte is niks in vergelyking met die koste van 'n beskadigde wapen, hand of oog nie.
Onthou ook dat jy nou 'n baie klein volume kruit in 'n groot dop gaan plaas. Jou dopvulling gaan waarskynlik in die omgewing van 30% wees. Dit kan moontlik probleme veroorsaak. Ek sou dit nie aanbeveel nie.
MP200 is wel duurder, maar is baie meer vergewensgesind. Die ekstra 4c per rondte is niks in vergelyking met die koste van 'n beskadigde wapen, hand of oog nie.
- Philip J
- Hero Member

- Posts: 925
- Joined: Fri Mar 14, 2014 8:58 pm
Re: 38 Special en 357 Magnum herlaai
Dankie Alwin. Ek hoor jou.
Sukkel MP200 nie om deur n "powder measure" te gooi nie?
Askies vir al die "dom" vrae manne, maar die rewolwer herlaaiery begin vir my baie meer ingewikkeld lyk en klink as om vir my gewere te herlaai en my kinders is nog klein en hulle ma is nog jonk

OosKaapJagter
- Hero Member

- Posts: 956
- Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm
Re: 38 Special en 357 Magnum herlaai
Ek laai al jare MP200 vir my .45 pistool. Daar is nie probleme met die "powder measure" nie.
Dit is ook maklik om per abuis 'n dubbel lading in 'n .45 dop te gooi, net so maklik as om een dop oor te slaan. As jy klaar 'n groep doppe met kruit gevul het, is dit altyd goed om met 'n visuele inspeksie te bevestig elke dop het kruit in en hulle lê op dieselfde hoogte. Jy wil nie per abuis die een lading by 'n ander dop se kruit gooi nie! Die een laat jou met 'n lading wat bykans gewaarborg is om in jou hand te ontplof en die ander een laat jou met 'n koeël wat halfpad in die loop op vassteek (pypbom?!).
Dit is ook maklik om per abuis 'n dubbel lading in 'n .45 dop te gooi, net so maklik as om een dop oor te slaan. As jy klaar 'n groep doppe met kruit gevul het, is dit altyd goed om met 'n visuele inspeksie te bevestig elke dop het kruit in en hulle lê op dieselfde hoogte. Jy wil nie per abuis die een lading by 'n ander dop se kruit gooi nie! Die een laat jou met 'n lading wat bykans gewaarborg is om in jou hand te ontplof en die ander een laat jou met 'n koeël wat halfpad in die loop op vassteek (pypbom?!).
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1873
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: 38 Special en 357 Magnum herlaai
Daar is nie iets soos dom vrae nie. Ons deel hier inligting tot almal se voordeel. Die enigste dom ou is die ene wat nie WIL leer nie.Philip M90M wrote:Dankie Alwin. Ek hoor jou.
Sukkel MP200 nie om deur n "powder measure" te gooi nie?
Askies vir al die "dom" vrae manne, maar die rewolwer herlaaiery begin vir my baie meer ingewikkeld lyk en klink as om vir my gewere te herlaai en my kinders is nog klein en hulle ma is nog jonk
Handwapen herlaai werk op dieselfde basiese beginsels as by gewere, maar heelwat van die stappe, metodes en kriteria verskil. Terugslag (skop) is byvoorbeeld belangrik by handwapens, veral pistole, omdat dit die meganisme aktiveer. Leer maar die nodige vir handwapen herlaai, dan is dit veilig en lekker. 'n Goeie herlaai handboek is altyd 'n goeie belegging. Ek hou ook baie van die boek "ABC of Handgun Reloading". Dit is meer volledig as enige ander.
MP200 (en MS200) se korrels is groterige plat ronde skywe. Hulle vloei moeilik in klein holtes, soos bv. die volumetriese kruitmeters in. Dit is erger, hoe kleiner die volume en opening is. Beide begin pla vanaf omtrent 4,5gn en laer. Daarom is dit belangrik om die doppe te inspekteer nadat die kruit ingegooi is, sodat doppe met te min kruit ge-identifiseer en reggestel kan word. Hier van 5 gn en opwaarts, is dit gewoonlik nie meer 'n probleem nie. Kyk maar hoeveel jy gaan moet laai vir jou doeleindes.
Terwyl ons by kruitmeters is. Vir handwapen herlaai wil ons nie graag elke lading gaan afweeg nie. Dit gaan heeltemal te lank vat. Daarom soek ons 'n kruitmeter wat mooi konstant dieselfde volume kan gooi. Kalibreer hom met die skaal en toets so elke nou en dan. Lee se Auto Disk Powder Measure is gewild, maar daar is ander ook. Geweer-kruitmeters werk sleg vir die doel, omdat hulle meetvolume vir groter hoeveelhede bedoel is. Die uitsondering is Lyman se no 55 kruitmeter, die ene met die "deurklopper" vooraan, hy kan goed werk met kleiner volumes as hy reg ingestel is.
Hou dinge veilig en geniet, maar pasop, dit kan verslawend raak.
- Philip J
- Hero Member

- Posts: 925
- Joined: Fri Mar 14, 2014 8:58 pm
Re: 38 Special en 357 Magnum herlaai
Dankie Alwin
Ek waardeer al die terugvoer.
Ook aan al die ander manne.
As alles goed gaan, sal ek Saterdag tot die groot stap oorgaan.
Kan nie wag nie.
Ek waardeer al die terugvoer.
Ook aan al die ander manne.
As alles goed gaan, sal ek Saterdag tot die groot stap oorgaan.
Kan nie wag nie.
Groetnis
Philip
Philip