G19 pimps

vossie1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2106
Joined: Thu Sep 27, 2012 8:16 pm

G19 pimps

Post by vossie1 »

Dag meneere ek het voorlopig ook vir my n G19 gekoop dit was maar n swaar besluit tussen G19 /PO7/en sig P320 compact maar na als het ek besluit op die glock nie omdat hy beter is nie net omdat hy meer boksies getick het vir my benodighede. Die PO7 is n baie meer natural pointing wapen en sit lekerder in my hand maar al die knoppe langs die kant het dit vir my na die glock geswaai, sal baie moet oefen om hom reg te point en sal die finger grooves afskuur om sy greep beter te maak vir my. Maar ja vrek lelik maar hy is die ligste dunste en betroubaar en sal perfek werk vir concealed carry. Ek wil graag weet watse goeie sights en trigger job kan mens doen? dis omtrent al wat ek wil doen en miskien grip tape hier en daar, hy moet werk wanneer ek hom nodig het. O ja en iwb holster keuses asb!
User avatar
Stephan86
Hero Member
Hero Member
Posts: 551
Joined: Thu Feb 26, 2015 10:00 am

Re: G19 pimps

Post by Stephan86 »

Ek moes ook deur dieselfde lysie nou werk.

Ek het gekyk na tritium sights en die wat goeie reviews kry is Trijicon, Truglo, Meprolight.
Daar is 'n gunsmith naby ons wat fokus op Glocks wat 'n trigger job kan doen vir R400 wat die trêk afbring na 4.5lb.
En dan in SA is daar bitter min nice IWB holsters, maar ek het die gekry en vir my gekoop https://www.facebook.com/CKCS-Carter-Ku ... jU&fref=nf

Hoop dit help
.22 LR Webley & Scott Xocet
.243 Win Tikka T3
.308 Win Sako 85
.375 H&H Steyr Mannlicher Mod S.
12 Ga Franchi Affinity
Glock 19
Glock 43X
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1484
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: G19 pimps

Post by Eduard Venter »

Geluk Vossie, jy sal nie spyt wees nie. My holster keuse sou wees die CompTac Mtac as ek dit kon bekostig. Hailstorm in Pretoria verkoop dit. En dan soos Stephan gesê het CKCS maak ook baie goeie holsters. Ek gebruik self een van sy owb holsters.

Groete

Sent from my LG-H735 using Tapatalk
User avatar
Springkudu
Hero Member
Hero Member
Posts: 757
Joined: Wed May 18, 2016 8:17 am

Re: G19 pimps

Post by Springkudu »

Geluk met jou koop Vossie, ek het self so maand terug vir my 'n PO7 gekoop, maar dit was meer 'n finansiele en hart besluit, eerstens is ek maar 'n CZ fan en tweedens was dit op spesiale aanbod by S&O (R6995) VS die Glock vir R10 500. Albei baie goeie wapens maar ja, die Glock is defenitief meer streamline. Goeie ding die PO7 kom reeds met goeie sights so hoef nie geld daar te spandeer.

Hoop jy geniet hom!!
6.5 Creedmoor Howa 24"
BRNO ZG47 30-06
.22 (Pending)
CZ75 PO7
vossie1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2106
Joined: Thu Sep 27, 2012 8:16 pm

Re: G19 pimps

Post by vossie1 »

Dankie julle ek sal gaan loer, my hartb was ook op die po7 als voel net reg maar ek moes die praktiese besluit maak oor elke dag dra en daar wen die glock veral as dit somer is en jy het min klere aan. Ek gaan my Cz75B 40s&w hou vir sportskiet ek is maar ook n cz fan maar my behoefte is glock as die P10C beskikbaar was dan sou dit seker hy gewees het.
User avatar
Springkudu
Hero Member
Hero Member
Posts: 757
Joined: Wed May 18, 2016 8:17 am

Re: G19 pimps

Post by Springkudu »

Vossie - My naam was op vir die P10C, maar daar was soveel onduidelikheid wanneer hy gaan arriveer en elke maand skuif dit net nog 'n maand aan. S&O het my 2 weke terug gebel en gesê hulle het P10's ingekry. Ek was eergister daar en alles was toe reeds uitverkoop, daar was 'n groot waglys vir die goed. Dit bly maar altyd 'n moeilike besluit
6.5 Creedmoor Howa 24"
BRNO ZG47 30-06
.22 (Pending)
CZ75 PO7
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: G19 pimps

Post by LUAN »

Springkudu wrote:Geluk met jou koop Vossie, ek het self so maand terug vir my 'n PO7 gekoop, maar dit was meer 'n finansiele en hart besluit, eerstens is ek maar 'n CZ fan en tweedens was dit op spesiale aanbod by S&O (R6995) VS die Glock vir R10 500. Albei baie goeie wapens maar ja, die Glock is defenitief meer streamline. Goeie ding die PO7 kom reeds met goeie sights so hoef nie geld daar te spandeer.

Hoop jy geniet hom!!
Wat maak die cz se standaard sights so goed? Wats fout met die glock se sights?
User avatar
Plaashaas
Hero Member
Hero Member
Posts: 1018
Joined: Thu May 22, 2014 7:38 pm

Re: G19 pimps

Post by Plaashaas »

Geluk met die G19

Sonder twyfel die beste holster...

https://www.tacticalquartermaster.co.za ... -32-38-r-h

Gaan kyk maar die reviews ook op youtube
vossie1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2106
Joined: Thu Sep 27, 2012 8:16 pm

Re: G19 pimps

Post by vossie1 »

LUAN wrote:
Springkudu wrote:Geluk met jou koop Vossie, ek het self so maand terug vir my 'n PO7 gekoop, maar dit was meer 'n finansiele en hart besluit, eerstens is ek maar 'n CZ fan en tweedens was dit op spesiale aanbod by S&O (R6995) VS die Glock vir R10 500. Albei baie goeie wapens maar ja, die Glock is defenitief meer streamline. Goeie ding die PO7 kom reeds met goeie sights so hoef nie geld daar te spandeer.

Hoop jy geniet hom!!
Wat maak die cz se standaard sights so goed? Wats fout met die glock se sights?
Luan dis plastic en grof, po7 beslis beter sights out the box
vossie1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2106
Joined: Thu Sep 27, 2012 8:16 pm

Re: G19 pimps

Post by vossie1 »

Dankie Plaashaas dit lyk na besigheid, het so black mamba holster vir my vrou se cz75b compact.
Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 2111
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Re: G19 pimps

Post by Supacow »

Rescomp fibre optic sight so raps oor die 1k fitted
Artic wolf IWB holster R450
2kg disconnector ongeveer R150
en dan moet jy net oefen ;)
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 2111
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Re: G19 pimps

Post by Supacow »

O ja
en welkom in die A-span
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
vossie1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2106
Joined: Thu Sep 27, 2012 8:16 pm

Re: G19 pimps

Post by vossie1 »

Supacow wrote:O ja
en welkom in die A-span
Ja ja ;D ek is bang vir die glock ek het al baie gat geskop met daai cz 75 toe ek nog tactical shooting gedoen het, baie goeie skuts met Glock's op hulle neus laat kyk. Ma ek is tevrede met my keuse vir sy aanwending ;D
Vleisie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 439
Joined: Sat Oct 11, 2014 2:07 am

Re: G19 pimps

Post by Vleisie »

Ek soek 'n flat faced trigger, weet julle kerels van enige so iets in SA?
Ek weet daar is plekke wat die hele trigger sisteem verkoop met die flat faced shoe, maar ek soek net die flat faced shoe vir 'n G19?
soos in die foto.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Savage Model 12 .22-250 Rem
Benelli Supernova 12 Br
Savage Custom 6.5Creedmoor
Savage Model 11 .243 Win
Glock 19 Gen 4 9x19mm
Mossberg 402 palomino .22 lever action
Canik TP9 Sub Elite 9x19mm
Howa 1500 338 Win Mag
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: G19 pimps

Post by LUAN »

vossie1 wrote:
LUAN wrote:
Springkudu wrote:Geluk met jou koop Vossie, ek het self so maand terug vir my 'n PO7 gekoop, maar dit was meer 'n finansiele en hart besluit, eerstens is ek maar 'n CZ fan en tweedens was dit op spesiale aanbod by S&O (R6995) VS die Glock vir R10 500. Albei baie goeie wapens maar ja, die Glock is defenitief meer streamline. Goeie ding die PO7 kom reeds met goeie sights so hoef nie geld daar te spandeer.

Hoop jy geniet hom!!
Wat maak die cz se standaard sights so goed? Wats fout met die glock se sights?
Luan dis plastic en grof, po7 beslis beter sights out the box
Hoe is hulle grof? Sekerlik nie grof afgewerk. Myne hou nou al meer as 3 jaar met edc so dis darem nie cheap plastic. Die cz sal elk geval ander sights moet kry as jy iets wil he wat "glow". Moet se die cz sit lekker in die hand en vir die huidige pryse is dit iets waarna ek ook kyk vir n tweede 9mm.
vossie1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2106
Joined: Thu Sep 27, 2012 8:16 pm

Re: G19 pimps

Post by vossie1 »

Moeiliker om fyn te korrel met die Glock sights.
Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 2111
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Re: G19 pimps

Post by Supacow »

Glock kom sonder sights uit.
Daai plastiek sight nabootsers is net plekhouers vir sights. ;)
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
sPRINGHAAS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 332
Joined: Tue May 14, 2013 9:25 pm

Re: G19 pimps

Post by sPRINGHAAS »

Ek het ook tritium 3 dot sights op gesit, net trigger connector vervang met ligter een en edge custom carry holster
Harambe
Hero Member
Hero Member
Posts: 681
Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm

Re: G19 pimps

Post by Harambe »

vossie1 wrote:Moeiliker om fyn te korrel met die Glock sights.
Stem saam. Ou James Yeager kan maar se wat hy wil, maar as ek die dag NHSA se postal teikens op 8m (G19 val in "box gun") moet skiet, dan maak die voorste kol die hele bullseye en sommer die volgende ring ook toe. Daar's mos nie 'n manier wat 'n ou so kompeterend kan wees nie. Dit werk wel baie goed vir Steel Challenge. Maar dan sou 'n fyner visier ook net so lekker werk.
Of so iets
vossie1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2106
Joined: Thu Sep 27, 2012 8:16 pm

Re: G19 pimps

Post by vossie1 »

Springhaas het jy al voor en agter sights selfde kleur gevat groen /groen of rooi agter en groen voor? Ek sien Jizni het so opsie.
Ranger
Hero Member
Hero Member
Posts: 888
Joined: Thu Aug 06, 2015 8:44 am

Re: G19 pimps

Post by Ranger »

I've changed sights, magazine release and put a plug in the grip. Yesterday, my local gun shop finally got my 2kg connector in which I installed last night.
You will most likely end up with a large collection of holsters in the challenge of finding the one that works for you.

I'd say change:
- night sights if it's your EDC, fiber sights if it's a range toy.
- extra Glock or Magpul magazines
- lots of ammo for practice
- decent carry ammo, I'm partial to 147 gr stuff
Howa 30.06 / 6.5 Creedmoor / 223 Rem
Beretta 1301 Comp
Beretta SP1
CZ 457 .22LR
Mahely .22LR
Glock 19
Astra .22LR revolver
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1484
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: G19 pimps

Post by Eduard Venter »

Ranger wrote:I'd say change:
- night sights if it's your EDC, fiber sights if it's a range toy.
- extra Glock or Magpul magazines
- lots of ammo for practice
- decent carry ammo, I'm partial to 147 gr stuff
En goeie opleiding
vossie1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2106
Joined: Thu Sep 27, 2012 8:16 pm

Re: G19 pimps

Post by vossie1 »

Dis gelukkig nie my eerste handwapen nie dra al 17jaar en het al n goeie klompie kusrsuse agter die blad, maar ja ek gaan baie moet oeffen met die glock om sy greep agter te kom.
Monster
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 361
Joined: Mon May 26, 2014 10:34 am

Re: G19 pimps

Post by Monster »

Vleisie wrote:Ek soek 'n flat faced trigger, weet julle kerels van enige so iets in SA?
Ek weet daar is plekke wat die hele trigger sisteem verkoop met die flat faced shoe, maar ek soek net die flat faced shoe vir 'n G19?
soos in die foto.
Dave Sheer het nou nuwe snellers in gekry
LDV
Full Member
Full Member
Posts: 169
Joined: Sun Jul 06, 2014 12:52 pm

Re: G19 pimps

Post by LDV »

Ek dra al glock 19 4 jaar.
1ste jaar in ckcs iwb holster.
Baie gemaklik. Het op 4uur gedra al wat my lat verander het is dat ek baie aktief is deur die dag en elke keer as ek buk het my hemp opgetel en vasgehak.


Het toe oorgegan na raven vg2 aiwb holster-
Pistool sit hier by 1 uur rond.
Is nie so gemaklik soos die ander 1 nie maar mens raak dit gewoond.
Al wat negatief is van die holster is dat pistool vat ma hamering omdat dit net n trigger guard met belt clip is.
Ek heg foto aan. [IMG]//uploads.tapatalk-cdn.com/201707 ... 23ab12.jpg[/IMG]
Post Reply