300 wsm verkoop vir kleiner all-rounder?
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 7991
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: 300 wsm verkoop vir kleiner all-rounder?
Kry vir jou n 308 
-
Mellies
- Hero Member

- Posts: 1980
- Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm
Re: 300 wsm verkoop vir kleiner all-rounder?
Behalwe oom PWV se 308 wat all-round op die teiken skiet!JacquesT (Stompe) wrote:Ek het nou so rukkie geneem en mooi oor jou sitsuasie gaan dink. Eerstens wil ek noem, dat in my oe bestaan daar nie ‘n geweer soos ‘n allrounder nie, elke geweer vervul ‘n unieke doel. Mens gaan mos nie Lost City gaan speel met net ‘n drywer en ‘n putter nie (golf kerels, ek verwys na golf). Ek kan nie ‘n 6.5 140gr ELD uit ‘n 300WM skiet nie, en so ook nie ‘n .30 208gr ELD uit my Creed nie. Ek gaan ook nie met een van die 2 ‘n bok ‘n bladskoot gee onder 250m met een van hulle nie, mits ek bietjie geld wil spaar op mince vleis. Met die Creed gaan ek ook nie ‘n eland aan pak anderkant die heilige lyn nie, waar met die WM kan jy so 3 heilige lyne kan stoot.
As ons dan gaan kyk na jou probleem, het ons hom nou van ‘n geweer wat alles kan doen, afgeskaal na ‘n geweer wat sagter is op jou skouer maar genoeg skop het vir meeste wild in SA met aanvaarbare vleis skade. Nou soos Carl genoem het, sal ‘n knaldemper jou probleem van terug skop sommer vinning kan uitsort, maar nou los dit ons met die probleem van vleis skade. Hier voel ek, alhoewel kaliber verseker ‘n rol speel, gaan jou koelkeuse amper ‘n goter bydra lewer tot vleis skade (gaan sien Capt Obl se skrywe rakende sagte mantel koels). Maar weereens kom die doel van die geweer/koel keuse tot my gedagte. Gaan skiet ‘n 123gr Amax uit ‘n 6.5x55 op ‘n bok op 100m en jou vleis skade gaan maar baie dieselfde wees as met jou 300, maar skiet hom ander kant 300m en daai koel gaan maak net soos wat ons verwag hy moet. Baie manne hier sal vir jou sê, besluit watter koel wil jy hoe vining skiet met waste kruit, en besluit dan op jou geweer.
As ek jy was sou ek ‘n KD op daai 300 gesit het en hom net so in die kluis gebere het. Ek sou egter ‘n 6.5 gekry het om hom geselskap te hou.
- DawieKotze
- Hero Member

- Posts: 2075
- Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm
Re: 300 wsm verkoop vir kleiner all-rounder?
Mellies wrote:
Behalwe oom PWV se 308 wat all-round op die teiken skiet!![]()
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
-
Steyr270
- Full Member

- Posts: 233
- Joined: Tue Jun 21, 2016 8:34 am
Re: 300 wsm verkoop vir kleiner all-rounder?
Laat my dink aan die storie.....iemand vra my eendag toe hy so n teiken kyk toe vra hy..''het die perd met n haelgeweer geskiet''Mellies wrote:Behalwe oom PWV se 308 wat all-round op die teiken skiet!JacquesT (Stompe) wrote:Ek het nou so rukkie geneem en mooi oor jou sitsuasie gaan dink. Eerstens wil ek noem, dat in my oe bestaan daar nie ‘n geweer soos ‘n allrounder nie, elke geweer vervul ‘n unieke doel. Mens gaan mos nie Lost City gaan speel met net ‘n drywer en ‘n putter nie (golf kerels, ek verwys na golf). Ek kan nie ‘n 6.5 140gr ELD uit ‘n 300WM skiet nie, en so ook nie ‘n .30 208gr ELD uit my Creed nie. Ek gaan ook nie met een van die 2 ‘n bok ‘n bladskoot gee onder 250m met een van hulle nie, mits ek bietjie geld wil spaar op mince vleis. Met die Creed gaan ek ook nie ‘n eland aan pak anderkant die heilige lyn nie, waar met die WM kan jy so 3 heilige lyne kan stoot.
As ons dan gaan kyk na jou probleem, het ons hom nou van ‘n geweer wat alles kan doen, afgeskaal na ‘n geweer wat sagter is op jou skouer maar genoeg skop het vir meeste wild in SA met aanvaarbare vleis skade. Nou soos Carl genoem het, sal ‘n knaldemper jou probleem van terug skop sommer vinning kan uitsort, maar nou los dit ons met die probleem van vleis skade. Hier voel ek, alhoewel kaliber verseker ‘n rol speel, gaan jou koelkeuse amper ‘n goter bydra lewer tot vleis skade (gaan sien Capt Obl se skrywe rakende sagte mantel koels). Maar weereens kom die doel van die geweer/koel keuse tot my gedagte. Gaan skiet ‘n 123gr Amax uit ‘n 6.5x55 op ‘n bok op 100m en jou vleis skade gaan maar baie dieselfde wees as met jou 300, maar skiet hom ander kant 300m en daai koel gaan maak net soos wat ons verwag hy moet. Baie manne hier sal vir jou sê, besluit watter koel wil jy hoe vining skiet met waste kruit, en besluit dan op jou geweer.
As ek jy was sou ek ‘n KD op daai 300 gesit het en hom net so in die kluis gebere het. Ek sou egter ‘n 6.5 gekry het om hom geselskap te hou.![]()
.270 Steyr Mannlicher Luxus
Ek weet nie so ek vra maar...
Ek weet nie so ek vra maar...
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: 300 wsm verkoop vir kleiner all-rounder?
Mellies
As jy wil oorlog verklaar, sorg dat jy 'n sterk army het!
As jy wil oorlog verklaar, sorg dat jy 'n sterk army het!
-
308Win
- Sr. Member

- Posts: 493
- Joined: Sun May 12, 2013 1:15 pm
Re: 300 wsm verkoop vir kleiner all-rounder?
Raak gevatCarldeKock wrote:Die manne op die 'draad' het baie probleme, maaar duidelik is geld nie een nie..
- Ben
- Hero Member

- Posts: 908
- Joined: Thu Mar 26, 2015 7:18 am
Re: 300 wsm verkoop vir kleiner all-rounder?
Ek verstaan nie hoekom julle dit bly beaam nie! Skapie het nerens in sy oorspronklike post iets gese oor budget nie....Ek stem saam die res van die manne hier bo saam. Hou die WSM en koop n kleiner roer!308Win wrote:Raak gevatCarldeKock wrote:Die manne op die 'draad' het baie probleme, maaar duidelik is geld nie een nie..
"Failure is NOT an Option"
-
Mellies
- Hero Member

- Posts: 1980
- Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm
Re: 300 wsm verkoop vir kleiner all-rounder?
PWV wrote:Mellies
As jy wil oorlog verklaar, sorg dat jy 'n sterk army het!
Met n vleisie...
-
Noorde
- Newbie

- Posts: 17
- Joined: Tue Jul 04, 2017 12:28 pm
Re: 300 wsm verkoop vir kleiner all-rounder?
Wys jou net. Daar is baie maniere om 'n probleempie op te los! Dis net: Watter een gaan by jou pas?
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: 300 wsm verkoop vir kleiner all-rounder?
Moenie daai 300 WSM laat gaan nie. Ek het nou die dag met so 'n Tikka - met goeie demper geskiet - en dit was baie aangenaam gewees. Bul van 'n kaliber - en jy kan enige-iets met hom doen.
My 2c
My 2c
-
Swys14
- Hero Member

- Posts: 1045
- Joined: Fri May 27, 2011 5:26 pm
Re: 300 wsm verkoop vir kleiner all-rounder?
Ek stem saam met Hein, hou hom, my 300wsm is my "go to" roer. Ek het sonder sukkel ladings vir hom ontwikkel, skiet baie lekker met die roer en hy is baie akkuraat. My ander gewere sien nou minder aksie. Met 'n goeie demper (ek het 'n ERC op) op is die terugskop minimaal en is hy baie aangenaam om mee te skiet.
CZ 537 - 7x57mm Mauser
Nosler 48 - 243 Win
Savage 12 VLP DBM - 300 WSM
Tikka T3 Lite - 22-250 Rem
Glock 19
"Niks wat die moeite werd is gebeur vinnig of maklik nie"
Nosler 48 - 243 Win
Savage 12 VLP DBM - 300 WSM
Tikka T3 Lite - 22-250 Rem
Glock 19
"Niks wat die moeite werd is gebeur vinnig of maklik nie"
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 300 wsm verkoop vir kleiner all-rounder?
Skapie het reeds 'n 308 in die vorm van sy 303.
My aanbeveling aan manne wat hul eerste skietgoed koop is om weg te bly van die magnum kalibers en dan die keuse te beperk tot 30-06 en onder. In die verlede was klankdempers en moffieproppe nie algemeen nie en moes jy saam met die terugslag lewe. Ek verkies 'n jaggeweer sonder 'n gewig aan die snoet omdat dit sy hantering baie benadeel. Die langer loop is ook 'n beslommernis in die bos. Deesdae lyk dit egter of jy nie kan jag as jy nie "tacticool" is met jou "platform" nie.
Skapie, 'n mens skiet nie akkurate skote in die jagveld as jou skouer seerkry met elke skoot nie. Jou keuses is dan as volg :-
1. Hou die 300 WSM en sit 'n knaldemper op.
2. Hou die 300WSM, maak sy byt stiller en koop 'n makker 308/30-06 of kleiner vir jag.
3. Verkoop die WSM en kry 'n meer hanteerbare .30 of kleiner kaliber

.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Armand Steenkamp
- Hero Member

- Posts: 3528
- Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am
Re: 300 wsm verkoop vir kleiner all-rounder?
Skapie, hou jou 300. Ek moes nou vir n lang ruk sonder n 30kal klaarkom. My 6.5 moes sy plek vat, en oor die algemeen het ek baie goed oor die weg gokom. Maar daar is party kere wat n man dam net bietjie swaarder koel teen bietjie vinneger spoed soek.
Groetnis
Groetnis