Buitengewone Bobbejaan gedrag

Post Reply
User avatar
dorsland
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 66
Joined: Sat Oct 08, 2016 7:19 am

Buitengewone Bobbejaan gedrag

Post by dorsland »

Kom vanmiddag laat terug oppie werf, kom vertel een van die volk daar sit 'n bobbejaan in my tuin, al 2 ure lank. Ek gaan kyk toe, en waaragtig daar sit die mannetjie amper teen die stoep maar hy lyk baie olik. Kwyl erg en sy kop hang sommer omlaag.

Ek stap toe nader en toe ek so 10 treë van hom is kom hy moeilik orent en strompel na die heining toe en gryp die draad vas. Hy probeer toe oor spring en kry dit naderhand met groot moeite reg.

Ek haal toe die geweer want ek sien die arme dier gaan dit nie maak nie. Hy strompel so 'n ent, maar erg slingerend. Ek het hom toe maar geskiet. Toe ek gaan kyk is sy tande nog mooi maar hy lyk bietjie maer alhoewel die wild nou almal noustrop trek as gevolg van winter en droogte. In sy bek kry ek toe 'n kousel "honey locust" (Gleditsia triacanthos) peule wat nie gesluk is nie. Sien foto hieronder.

Enige idees wat moontlik fout kon gewees het?

//uploads.tapatalk-cdn.com/20170712/3ffa79d09ccb58ca55481d5180047d86.jpg
'n Man wat werklik oor homself baas is, is nooit die kneg van 'n ander nie. CJ Langenhoven
Friedland
Full Member
Full Member
Posts: 196
Joined: Tue Jun 23, 2015 11:53 am

Re: Buitengewone Bobbejaan gedrag

Post by Friedland »

Dalk gif erens ingekry? Dalk hondsdol?

Sent from my SM-G900F using Tapatalk
User avatar
dorsland
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 66
Joined: Sat Oct 08, 2016 7:19 am

Re: Buitengewone Bobbejaan gedrag

Post by dorsland »

Friedland wrote:Dalk gif erens ingekry? Dalk hondsdol?

Sent from my SM-G900F using Tapatalk
Ek het ook eers gedink dis gif omdat ek verlede week weer uitgesit het. Maar dis so 2km van die huis af. Werker sê hy het alleen by die huis aangekom, nie saam 'n trop nie. Kan dalk hondsdolheid wees alhoewel hy baie besadigd was.
'n Man wat werklik oor homself baas is, is nooit die kneg van 'n ander nie. CJ Langenhoven
User avatar
dorsland
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 66
Joined: Sat Oct 08, 2016 7:19 am

Re: Buitengewone Bobbejaan gedrag

Post by dorsland »

'n Bobbejaan sal seker gif vreet of hoe? Nog nooit voorheen so 'n geval gehad nie maar dalk met die droogte?
'n Man wat werklik oor homself baas is, is nooit die kneg van 'n ander nie. CJ Langenhoven
Friedland
Full Member
Full Member
Posts: 196
Joined: Tue Jun 23, 2015 11:53 am

Re: Buitengewone Bobbejaan gedrag

Post by Friedland »

Die feit dat hy in 2 ure net sit, kou en nie sluk nie laat my dink dalk hondsdol. Hy het ook redelik sy vrees vir die mens verloor. Die skuim is die liggaam se reaksie om speeksel te maak reg vir die water of kos wat die dier sou inneem dalk. Ek het nog nooit n hondsdol bobbejaan gesien by my nie,dis hoekom ek vra oor gif. Nog altyd net koedoes, jakkalse, meerkaaie etc.

Sent from my SM-G900F using Tapatalk
User avatar
dorsland
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 66
Joined: Sat Oct 08, 2016 7:19 am

Re: Buitengewone Bobbejaan gedrag

Post by dorsland »

Dis baie vreemd. Dalk het iemand hier op die forum al voorheen 'n hondsdol bobbejaan gesien? Die gif bly by my neuk ondanks die feit dat dit nogal 'n hele afstand van die huis af is. Daar is ook suipings wat aansienlik nader as die opstal s'n is.

Toe ek hom kry toe kou hy glad nie, net gekwyl. Daar was ook 'n halwe peul in sy kies wat glad nie gekou is nie.
'n Man wat werklik oor homself baas is, is nooit die kneg van 'n ander nie. CJ Langenhoven
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: Buitengewone Bobbejaan gedrag

Post by Pappabeer »

Praat met julle staatsveearts dat hy onderstepoort toe gaan om vir hondsdolheid getoets te word. Ook. Watse gif het jy uitgesit. Die baie kwyl klink soos n simptoom van organogosfaat of karbamaat vergiftiging.

Tweedens. As jy met jou hande in n dooie hondsdol dier se bek was sal ek gaan vir die nodige immunoglobulin inentings, en sommer ook vir die reeks rabies immunisasies.
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
User avatar
dorsland
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 66
Joined: Sat Oct 08, 2016 7:19 am

Re: Buitengewone Bobbejaan gedrag

Post by dorsland »

Dis Peter Schneekluth se 1080 gif. Ek het darem 'n stok gebruik om sy bek oop te maak.
'n Man wat werklik oor homself baas is, is nooit die kneg van 'n ander nie. CJ Langenhoven
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Buitengewone Bobbejaan gedrag

Post by Geno »

dorsland wrote:Dis Peter Schneekluth se 1080 gif. Ek het darem 'n stok gebruik om sy bek oop te maak.
Hoe stel jy die gif? Net so oop, of versteek jy dit?
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Felix
Full Member
Full Member
Posts: 107
Joined: Wed Jun 10, 2009 1:43 pm

Re: Buitengewone Bobbejaan gedrag

Post by Felix »

Is dit nie longontsteking of long kwaal nie?
Ek kry gewoonlik elke jaar of twee in die winter n kudu wat op die lande voor die huis staan vir dae aan een. Hulle hardloop gewoonlik nie eers weg vir die werkers nie en is te swak om weer oor die draad te spring. Hulle kondisie is baie sleg en as die dier oop gemaak word is die long gewoonlik vasgegroei.
Last edited by Felix on Thu Jul 13, 2017 6:26 pm, edited 1 time in total.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Buitengewone Bobbejaan gedrag

Post by Geno »

Felix wrote:Is dit nie longontsteking of long kwaal nie?
Ek kry gewoonlik elke jaar in die winter so een of twee gevalle van kudus wat op die lande voor die huis staan vir dae aan een. Hulle hardloop gewoonlik nie eers weg vir die werkers nie en is te swak om weer oor die draad te spring. Hulle kondisie is baie sleg en as die dier oop gemaak word is die long gewoonlik vasgegroei.
Felix se foto.
IMG-20170713-WA0009.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Goed, beter, 6millimeter!
Friedland
Full Member
Full Member
Posts: 196
Joined: Tue Jun 23, 2015 11:53 am

Re: Buitengewone Bobbejaan gedrag

Post by Friedland »

Felix wrote:Is dit nie longontsteking of long kwaal nie?
Ek kry gewoonlik elke jaar in die winter so een of twee gevalle van kudus wat op die lande voor die huis staan vir dae aan een. Hulle hardloop gewoonlik nie eers weg vir die werkers nie en is te swak om weer oor die draad te spring. Hulle kondisie is baie sleg en as die dier oop gemaak word is die long gewoonlik vasgegroei.
As hulle dit my doen is dit elke keer nog positief vir hondsolheid. Slaan ons so elke paar jaar nogal erg onder die koedoes.

Snaaks nog nooit n springbok, zebra of gemsbok gekry met dit nie.
User avatar
Felix
Full Member
Full Member
Posts: 107
Joined: Wed Jun 10, 2009 1:43 pm

Re: Buitengewone Bobbejaan gedrag

Post by Felix »

Soos ek verstaan sal hondsdolheid makliker onder jou blaar vreters soos kudus wees. Dit versprei deur die speeksel van die diere wanneer die dorings aan die takke waaraan hulle wei die mond steek.
Die longontsteking wat ek kry is gewoonlik so een dier tussen my en my buurman elke jaar of twee.
Ek sal maar laat toets as daar weer so geval is.
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Buitengewone Bobbejaan gedrag

Post by FHM »

Dis interressant!

"Baboons and monkeys commonly bite with little provocation. To date, in South Africa there
have been no human rabies cases associated with baboons/monkeys
"
http://www.nicd.ac.za/assets/files/Rabi ... raphic.pdf
Dit is natuurlik nie te se die bob het nie hondsdolhied gehad nie - vlermuise / meerkatte / dassies / jakke, ens. dra almal die virus. Kan wees dat een van die hom dalk gebyt het.

Hondsdolheid kom wel voor in "Non-human primates" (NHP)
Although less frequently reported in published literature than human rabies, confirmed rabies cases in NHPs occur. The occurrence of documented transmission of rabies from NHPs to human suggests that rabies PEP is indicated in patients injured by NHPs in rabies-enzootic countries.
https://www.ncbi.nlm.nih.gov/pmc/articles/PMC4022521/

Ek kan ook nerens opspoor dat die (Gleditsia triacanthos) peule giftig is nie - inteendeel is dit goeie voer en selfs vir menslike gebruik geskik (koffie van sade)
Maar - blykbaar is die blare baie giftig - het bob dalk baie blare ge-eet?
Poison: Triacanthine from the leaves is highly toxic (LD50 about 35 mg/kg) and of questionable oncostatic activity
http://www.worldagroforestry.org/treedb ... anthos.PDF

Dus uit wat ons sover kan aflei van jou bob - is die kanse relatief tot goed dat hy moontlik nie hondsdolheid gehaad het nie (IMO) maar wel gif ingekry het. Het jy dalk op sy lyf gekyk vir moontlike slangbyt merke - kan ook sy gedrag verduidelik?
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1540
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: Buitengewone Bobbejaan gedrag

Post by Giepie »

Die ding dat hy alleen was, ver van ander, pla my. Is hy uitgeskop, kon hy nie by bly nie? As hy van die blare of gif geëet het sou ander ook mos.

Gaan jy daardie bob laat toets? Ons sal graag die uitslag wil hoor. Moontlike hondsdolheid moet, so ver ek weet, aangemeld en getoets word.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
User avatar
dorsland
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 66
Joined: Sat Oct 08, 2016 7:19 am

Re: Buitengewone Bobbejaan gedrag

Post by dorsland »

Geno wrote:
dorsland wrote:Dis Peter Schneekluth se 1080 gif. Ek het darem 'n stok gebruik om sy bek oop te maak.
Hoe stel jy die gif? Net so oop, of versteek jy dit?

Ek sit hulle gewoonlik so 2 of 3 weerskante van 'n paadtjie waar ek spore gekry het, gewoonlik op 'n klip of langs 'n klein bossie of graspol. Steek dit nie eintlik weg nie.
'n Man wat werklik oor homself baas is, is nooit die kneg van 'n ander nie. CJ Langenhoven
User avatar
dorsland
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 66
Joined: Sat Oct 08, 2016 7:19 am

Re: Buitengewone Bobbejaan gedrag

Post by dorsland »

Giepie wrote:Die ding dat hy alleen was, ver van ander, pla my. Is hy uitgeskop, kon hy nie by bly nie? As hy van die blare of gif geëet het sou ander ook mos.

Gaan jy daardie bob laat toets? Ons sal graag die uitslag wil hoor. Moontlike hondsdolheid moet, so ver ek weet, aangemeld en getoets word.
Ek kan seker nog vandag deurry dorptoe, dit was vrek koud hier laasnag en vanoggend vroeg, omtrent alles gevries so hy sal seker nog OK wees. Ek bel bietjie die veeaarts laat ek hoor wat sê hy.
'n Man wat werklik oor homself baas is, is nooit die kneg van 'n ander nie. CJ Langenhoven
User avatar
dorsland
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 66
Joined: Sat Oct 08, 2016 7:19 am

Re: Buitengewone Bobbejaan gedrag

Post by dorsland »

Raait, nou met die veeaarts op die dorp gepraat (hy is 'n gesiene man in sy veld, nie sommer 'n hondekattekokkatiel man nie. Doen baie werk in die wildbedryf asook vee, veral natuurlik kleinvee).

Eerstens, ek het kees gister kopskoot geskiet so daar bly nie genoeg van die brein oor nie om weg te stuur.

Tweedens voel die veeaarts dat die dier iets anders onder lede gehad het (feit dat hy uitermatig maer was) en die gif - indien hy dit wel ingeneem het, wat onwaarskynlik is in ag geneem die afstand van die gif tot by die huis - hom bloot oor die randtjie gedruk het.

Derdens, hondsdolheid in die OK is tans slegs SW van Aberdeen aangemeld en kanse is baie skraal dat die bobbejaan dit gehad het volgens optrede en kliniese simptome soos ek aan hom en hierbo beskryf het.

@FHM: ek het ook so gelees dat die peule eintlik heel voedsaam vir mens en dier is. Boom is bladwisselend en het tans geen blare op nie. Dié wat wel op die grasperk geval het, is ook reeds opgehark en in die hoenderhok as skropgoed gegooi.

Dankie vir die belangstelling en goeie interessante terugvoering. Enige verdere inligting of menings gaan baie welkom wees. mens sal seker nooit 100% seker wees oor die oorsaak van vele dinge nie, maar met kundigheid en oplettendheid kan mens ver vorder.
'n Man wat werklik oor homself baas is, is nooit die kneg van 'n ander nie. CJ Langenhoven
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: Buitengewone Bobbejaan gedrag

Post by Pappabeer »

Baie interresant. Dankie vir die terugvoer
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1540
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: Buitengewone Bobbejaan gedrag

Post by Giepie »

Dankie Dorsland, so leer ons ook.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2485
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: Buitengewone Bobbejaan gedrag

Post by Flip Nel »

Dankie vir die deel dis intresant
Post Reply