Ek probeer maar altyd eers n boereraad voor ek vee arts toe. As my gyse ou Pa nou innie ronde was, was daar nou al n doepakie innie hand gestop
Stuur maar as julle raad het wat kan werk.

Ek kry presies die selfde my een Jack russel sukkkel veral daarmee, vandat ek bob martin spot on gebruik is dit weg, sodra ek sien sy skud haar kop sit ek bietjie agter die kop tussen die ore. Dit is meiteCarl wrote:Dit kan meite wees. Ek het oordruppels gekry en dit help vir 'n ruk dan kom dit soms terug. Die "goggas" is oordraagbaar van ander honde.

Bly jou hond se ore is nou gesond!FHM wrote:Vet was nie Vrydag in Tsumeb nie dus kon ek nie Oticlear kry nie.
Onthou toe my oorle pa altyd Ballistol aan die honde se ore gesmeer vir steekvlieg.
Saterdagoggend brak se ore mooi skoongemaak en ballistol gespuit. Sondagoggend was daar sulke bruin klonte orals in die voue van sy ore, maar dit het maklik uitgekom met n oorpluisie.
Spuit toe weer Ballistol. Sy ore is mooi skoon afgelope 2 dae - geen afskeidings en krap en skud meer nie - dink daai Ballistol het die meite se storie gewerk.

Nou moet jy versigtig wees - hier gaan n paar vuilbaarde weer uitbrei....DawieKotze wrote:Bly jou hond se ore is nou gesond!FHM wrote:Vet was nie Vrydag in Tsumeb nie dus kon ek nie Oticlear kry nie.
Onthou toe my oorle pa altyd Ballistol aan die honde se ore gesmeer vir steekvlieg.
Saterdagoggend brak se ore mooi skoongemaak en ballistol gespuit. Sondagoggend was daar sulke bruin klonte orals in die voue van sy ore, maar dit het maklik uitgekom met n oorpluisie.
Spuit toe weer Ballistol. Sy ore is mooi skoon afgelope 2 dae - geen afskeidings en krap en skud meer nie - dink daai Ballistol het die meite se storie gewerk.
Ballistol werk vir alles het die ou mense geglo!![]()
![]()
Behalwe waar ons dit op wapens en hout gebruik, weet ek van die volgende boere rate...
1) As jou maag werk - 3 druppels in glas water en drink dit. As jy hardlywig is - doen dieselfde.![]()
2) Stop bloeding en ontsmet klein wonde
3) Trek die "brand" in sonbrand uit.
4) Voorkom bedsere
5) Behandel eelte
6) Masseer olie
Miskien weet julle van nog?
Groetnis
PS: Jammer vir die highjack!