222 BSA Hunter pierce primers
- Kopskoot 1 WP
- Full Member

- Posts: 150
- Joined: Wed Dec 31, 2008 3:37 pm
222 BSA Hunter pierce primers
Ek het 'n 222 BSA Hunter wat skielik primers begin pierce. Ek het baie tyd op web spandeer om te probeer bepaal wat moontlike oorsake kan wees. Die opinies is wyd van oor die hele skiet-wêreld en na ek na feitlik elke moontlikheid gekyk het, wil dit voorkom of die mees waarskynlike rede, 'n pap slagpen veer is!
Ek wil nie ander se tyd mors nie en het reeds gekyk na druk, skerp slagpen, te groot slagpen gat, beide met sterk vergrootglas bekyk en ek sien nie 'n skerp punt of burr of letsel op slagpen, hy pas ook volgens wat ek kan sien, perfek in die of deur die slagpen opening en ek sien nie speling of 'n ovaal opening rondom die slagpen nie, dus, "weak firing pin spring".
Vraag nou is, hoe kry ek die besigheid (slagpen-veer), styf?
Daar is nie 'n kans, dink ek, om 'n nuwe BSA veer iewers te koop nie, die span bestaan lankal, tot baie se spyt, nie meer nie.
Enige hulp en raad sal baie waardeer word.

- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 222 BSA Hunter pierce primers
Plekke wat boute en moere verkoop smoous ook soms vere. Slaan Google en kyk waar vere verkoop word. Ek het so 'n veer vir my .22 bekom.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
THOMAST
- Hero Member

- Posts: 1892
- Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am
Re: 222 BSA Hunter pierce primers
Ek het 'n wyle terug 'n "Wolff Spring" slagpenveer by Chris van Niekerk gekoop vir my Remington
https://www.gunsprings.com/
https://www.gunsprings.com/
- Kopskoot 1 WP
- Full Member

- Posts: 150
- Joined: Wed Dec 31, 2008 3:37 pm
Re: 222 BSA Hunter pierce primers
Dankie, ek sal vir Chris bel en by Bolt n Nut of Saayman Spring Works hoor. Ek het jare terug 'n Cecado 50 oorgebou en paar klein springe gesoek vir by die sneller rond en toe het ek 'n voorbeeld uit iemand anders se 50 gehaal en Saayman Springworks in Kuilsrivier het hom gedraai en paar spares ook terwyl ek gewag het, skoon vergeet van hulle. Sal laat weet as ek veer kry of die probleem opgelos is. Ek wonder steeds of mens die bestaande veer kan "re-tension" op 'n manier?
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 222 BSA Hunter pierce primers
My .22 neuk partykeer om veral die ou Swartklip ammo wat ek nog het af te sit. Ek rek dan die veer en dit help weer vir 'n wyle.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Kopskoot 1 WP
- Full Member

- Posts: 150
- Joined: Wed Dec 31, 2008 3:37 pm
Re: 222 BSA Hunter pierce primers
Ek gaan eers kyk wat die kans is om hom vervang te kry of ge-temper en as hy gemeet en geweeg is gaan ek hom ook rek tensy hulle hom kan temper. Sal op hoogte hou want ek glo nie my probleem is uniek nie.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 222 BSA Hunter pierce primers
Probeer alle olie (asetoon) uit die slot verwyder en gebruik grafiet as smeermiddel. Dit kan ook help om die slagpen se momentum te verhoog.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Hilmar
- Newbie

- Posts: 41
- Joined: Fri Apr 10, 2015 7:21 pm
Re: 222 BSA Hunter pierce primers
Probeer CCI 450 slag doppe ,hulle wand dikte meet 25thou en het selfie problem in my Sako 223 op gelos.
- Kopskoot 1 WP
- Full Member

- Posts: 150
- Joined: Wed Dec 31, 2008 3:37 pm
Re: 222 BSA Hunter pierce primers
Sal die slagpenskag skoonmaak grafiet gebruik as smering, dankie vir die slagdop raad, die BR4 se cup dikte meet skynbaar ook 25thou en die 400 20thou, die probleem is skynbaar volgens die ingeligdes, dat die slagpenveer genoegsaam sterk moet wees om tydens ontploffing van die slagdop en reaksie tydens ontbranding, die krag wat so veroorsaak word te ewenaar of oorkom en in posisie bly tydens die hele reaksie en nie teruggedruk word nie. Indien die veer nie sterk genoeg is om die slagpen ten volle in die uit posisie te hou nie en effe terug geforseer word, vloei die metaal van die slagdop om die slagpen en ook in die spasie of ring om die slagpen en die slagpenopening en die sogenaamde krater vorm op die slagdop en in sekere gevalle (myne), brand die warm gasse deur die dun krater en sny 'n sirkel wat veroorsaak dat daar 'n klein disk iewers in die aksie beland met 'n perfekte ronde gaatjie in die slagdop.
Wat vir my sê die besigheid is slagpenveer verwant en nie druk nie, is dat in my geval redelike medium ladings betrokke is, slagdop nie plat is nie, slot nie moeilik oopmaak nie en dit sowat 'n grein minder dryfmiddel is as wat ek vir jare sonder probleme in die geweer geskiet het.
Dankie vir almal se insette sovêr, bottom line ek wil die geweer reg kry want ek gaan etsmerke op die slot kry as ek so aanhou skiet en ek kry nie groeperings met die ladings wat ek juis ligter gemaak het omrede ek gedink het hulle is dalk bietjie warm. Ek skiet al jare 24,2gr S321 met 55gr Hornady SP en hy het op 'n tiekie geskiet, maar nou is alles be-guptha.
Sal die week probeer om te kyk vir ander spring en dan laat weet wat gebeur....
Wat vir my sê die besigheid is slagpenveer verwant en nie druk nie, is dat in my geval redelike medium ladings betrokke is, slagdop nie plat is nie, slot nie moeilik oopmaak nie en dit sowat 'n grein minder dryfmiddel is as wat ek vir jare sonder probleme in die geweer geskiet het.
Dankie vir almal se insette sovêr, bottom line ek wil die geweer reg kry want ek gaan etsmerke op die slot kry as ek so aanhou skiet en ek kry nie groeperings met die ladings wat ek juis ligter gemaak het omrede ek gedink het hulle is dalk bietjie warm. Ek skiet al jare 24,2gr S321 met 55gr Hornady SP en hy het op 'n tiekie geskiet, maar nou is alles be-guptha.
Sal die week probeer om te kyk vir ander spring en dan laat weet wat gebeur....
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 222 BSA Hunter pierce primers
Rek hom en kyk of hy nie beter werk nie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Vaalbos
- Jr. Member

- Posts: 56
- Joined: Thu Feb 27, 2014 11:32 am
Re: 222 BSA Hunter pierce primers
Kyk of jy nie a huls kan draai of laat daai wat die veer voorspanning opjaag sonder dat dit "Coil Bind" wanneer jy die geweer span nie. Hier sal jy moet eksperimenteer want 5mm kan genoeg wees en 10mm te veel.
Die huls moet selde binne buite maat he van die veer en agter die veer binne die slot in pas.
Voorspoed en laat weet of dit werk.
Die huls moet selde binne buite maat he van die veer en agter die veer binne die slot in pas.
Voorspoed en laat weet of dit werk.
- Kopskoot 1 WP
- Full Member

- Posts: 150
- Joined: Wed Dec 31, 2008 3:37 pm
Re: 222 BSA Hunter pierce primers
Vaalbos, wat jy eintlik sê is, sit spacer in wat die veer gaan compress! Ok, dis iets wat ek na kan kyk as ander opsies nie werk nie. Dankie. Ek gaan eers so oor 'n week tot 'n maand werklik hieraan kan aandag gee, ek gaan binne volgende twee weke gou land uit en sal terugvoering gee oor hoe en wat en waar sodra ek weer terug is. Dankie aan almal byvoorbaat vir al die raad.
-
Vaalbos
- Jr. Member

- Posts: 56
- Joined: Thu Feb 27, 2014 11:32 am
Re: 222 BSA Hunter pierce primers
Net so ja!
- Kopskoot 1 WP
- Full Member

- Posts: 150
- Joined: Wed Dec 31, 2008 3:37 pm
Re: 222 BSA Hunter pierce primers
Slot uitmekaar gehaal, veer uit, effe gerek, 6mm split washer plat gebuig en Vaalbos se raad van om op te "shim" met die washer gedoen. Daar is nog bietjie plek om nog iets in te sit voor daar coil lock-up sal wees maar ek wil net eers kyk met die 2,5mm wat die platgebuigde washer die veer korter maak, of ek enige verandering kan sien. Sal dit egter eers so oor twee weke kan toets as ek by 'n baan was. Sal laat weet.
- Meteor
- Full Member

- Posts: 239
- Joined: Sat Nov 30, 2013 7:17 pm
Re: 222 BSA Hunter pierce primers
Ek het lykmy dieselfde goed gelees.
My opinie oor hulle opinies...dit klink als bietjie "out there".
My opinie oor hulle opinies...dit klink als bietjie "out there".
Alles wat die moeite werd is vat tyd en tyd kan nie verdeel word
- jaracal
- Administrator

- Posts: 1887
- Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm
Re: 222 BSA Hunter pierce primers
Was die veer die oorsaak?
net ter nagedagtenis - Ek het op 2 x 223's gesien dat kopspasie probleme ook die primers laat "pierce".
Groete
net ter nagedagtenis - Ek het op 2 x 223's gesien dat kopspasie probleme ook die primers laat "pierce".
Groete
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
- Kopskoot 1 WP
- Full Member

- Posts: 150
- Joined: Wed Dec 31, 2008 3:37 pm
Re: 222 BSA Hunter pierce primers
Hallo Hein
Lank laas met jou gepraat, ek weet nie, maar ek is bereid om amper alles op groen te sit dat die veer die probleem is/was. Ek gaan egter nie nou by skietplek uitkom om te bevestig nie wat ek is oppad na die plek waar die son nie sak en sal eers oor so week of drie weer terug wees. Glo my, ek is is baie nuuskierig om te weet of dit wel die probleem is. Ek glo nie kopspasie is die probleem nie.
Mooiloop
Lank laas met jou gepraat, ek weet nie, maar ek is bereid om amper alles op groen te sit dat die veer die probleem is/was. Ek gaan egter nie nou by skietplek uitkom om te bevestig nie wat ek is oppad na die plek waar die son nie sak en sal eers oor so week of drie weer terug wees. Glo my, ek is is baie nuuskierig om te weet of dit wel die probleem is. Ek glo nie kopspasie is die probleem nie.
Mooiloop
- jaracal
- Administrator

- Posts: 1887
- Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm
Re: 222 BSA Hunter pierce primers
Geniet dit en laat weet as jy getoets het
Groete
Groete
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
- Kopskoot 1 WP
- Full Member

- Posts: 150
- Joined: Wed Dec 31, 2008 3:37 pm
Re: 222 BSA Hunter pierce primers
Eindelik met geweer by baan uitgekom, selfde storie na ek slagpen veer geshim het. Slot weer uitmekaar, veer na Springwerke geneem, hulle het hom gerek en weer ge-temper, weer getoets, pierce steeds. Nou het ek die gerekte, ge-temperde veer weer uitgehaal en weer die shim ook ingesit, moet nou weer gaan toets en kyk wat gebeur. Sal terugvoering gee soos ek vorder. Wil ook pakkie PMP patrone koop en hulle skiet net as verwysing en kyk of hulle primers ook pierce.
Na alles wat ek al gedoen het, klink die pap slagpen veer steeds vir my na die sondebok.
Na alles wat ek al gedoen het, klink die pap slagpen veer steeds vir my na die sondebok.