Is monolitiese patroonpunte skadelik vir 'n geweer se loop?
-
Johan Nel
- Hero Member

- Posts: 2172
- Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Re: Is monolitiese patroonpunte skadelik vir 'n geweer se lo
In my onkunde oor die monolitiese koper wat kan skade doen wonder ek tog wel oor iets.
Al die "lood koeels" waarmee ons in ons senterslag gewere skiet het 'n koper mantel omdat die lood self sal swig in die groewe en smeer in die loop weens die hoë spoed waarteen die koeël gelanseer word. Die lood self gee massa aan die koeël, maar die koper mantel maak kontak met die loop. Hoe sal daardie mantel dan nou minder skade aanrig as 'n monolieties koper koeel? Dit maak mos nie sin nie, of hoe?

"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
- Laurence J. Peter
-
Eckardt
- Jr. Member

- Posts: 66
- Joined: Tue Jun 14, 2016 8:27 am
Re: Is monolitiese patroonpunte skadelik vir 'n geweer se lo
Baie interesante lesing. My 2c, ken jy iemand wat se loop al uitgeskiet is met 'n monolitiese punte? Nee, dan moenie daaroor worry nie. Gebruik die gweer waarvoor hy gemaak is en skiet wat jy wil skiet.
Sent from my SM-N9005 using Tapatalk
Sent from my SM-N9005 using Tapatalk
-
dehacked
- Hero Member

- Posts: 790
- Joined: Mon Jan 20, 2014 10:04 am
Re: Is monolitiese patroonpunte skadelik vir 'n geweer se lo
Sekere gewere mag nodig he om 'n paar skote met 'n ander punt te skiet voor groepe settle. Dit is nie ekslusief tusen lood vs mono nie.GJP wrote:Hi Julle.
N Tweede vraag. Hoe affekteer die gebruik van albei lood en mono punte jou geweer se akkuraatheid? Ek gebruik lood vir baan en mono vir jag. Iemand het my gese dat as ek van lood na mono toe oorskuif moet ek die loop heeltemal dekopper, anders affekteer dit die mono's se akkuraatheid. Het iemand dit al getters?
Rem 700 .270 Win
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
- Adriaan Louw
- Jr. Member

- Posts: 70
- Joined: Thu Jul 24, 2014 3:39 pm
Re: Is monolitiese patroonpunte skadelik vir 'n geweer se lo
Baie dankie vir almal se insette - die gesprek sal seker nooit klaar wees nie, maar vir nou gaan ek beslis die mono's 'n probeer gee. Enige raad oor gewig? Skiet 150 Nosler AB's in my 308. Sal 125 Kriek se stabiliteit op langer afstande vergelykbaar wees of moet ek swaarder gaan?
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Is monolitiese patroonpunte skadelik vir 'n geweer se lo
Adriaan die 125gr Kriek sal maklik skiet en is eintlik n kort koëel. Ek het n batch in die wsm geskiet en dit was net n plesier.
Ek het daarna op gegaan na die 200gr weergawe want ek wou swaar gaan.
Sent from my SM-G900F using Tapatalk
Ek het daarna op gegaan na die 200gr weergawe want ek wou swaar gaan.
Sent from my SM-G900F using Tapatalk
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Is monolitiese patroonpunte skadelik vir 'n geweer se lo
Ons weet dat Impala's heelwaarskynlik die hardste van die monos is tesame met die soliede koeëls wat vir dikvellige jag gebruik word (solids). Sonder om 'n metallurgiese verslag te kry gaan ons as leke nie kan onderskei nie. Die CNC gedraaide monos hier by ons beskikbaar benodig materiaal wat draaibank vriendelik is sodat dit nie te sag is en "opfrommel" in die draaiproses nie. Ek sal graag van Johan wil hoor oor hardheid van die materiaal wat hy vir sy Kriek koeëls gebruik. Koper het snaakse eienskappe.
Barnes koeëls word onder druk gevorm, hul groewe met CNC masjiene ingesny en daar is ook hittebehandeling ter sprake om die korrekte hardheid te verseker. Ek het lank gelede daaroor navraag gedoen en hulle het die "swage" proses bevestig. Hardheid van hul koeëls is dus relatief, maar werk verseker. Getuienis van baie jagters dui dat Krieke, Spartans, GS en selfs Impalas die nodige werk doen om bokke te dood.
Ek jag net met koperkapelle en glo in hul doodmaakvermoë.

.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- neef
- Full Member

- Posts: 135
- Joined: Tue Jul 05, 2016 12:06 pm
Re: Is monolitiese patroonpunte skadelik vir 'n geweer se lo
Ek kan nou nie presies se hoeveel krieke ek al deur my gewere het nie maar dit is al n paar, my opienie is dat as dit n jag geweer is gaan jy hom nie in jou leeftyd klaar skiet nie so gebruik enige punt. As jy 100 rondtes n week skiet gaan geen punt jou regtig baie verder bring nie. n normale jag geweer skiet miskien 50 na 100 Rondtes n jaar teen so 3500 na 4000 skote op n loop gee jou 40 jaar voor hy begin accuraatheid verloor. net my 2c koop krieke en gooi hulle baan af
Deel wat jy weet en jy sal wys word
Ruger Presision 6.5 cm
Sako 308win
Howa 204
Savage 243
coey .22
cz 75 p07 duty
Vektor SP1
Musgrave 12G pomp
Ruger Presision 6.5 cm
Sako 308win
Howa 204
Savage 243
coey .22
cz 75 p07 duty
Vektor SP1
Musgrave 12G pomp
-
Zuku
- Sr. Member

- Posts: 299
- Joined: Mon May 29, 2017 7:28 pm
Re: Is monolitiese patroonpunte skadelik vir 'n geweer se lo
Wat moontlik n verskil kan maak is dalk dat monolitiese patrone solied en "density"het. Die met n volmantel kan die koper dalk in die lood terug druk en minder drukking hê op die groewe as monolities. Net n teorie.Johan Nel wrote: Hoe sal daardie mantel dan nou minder skade aanrig as 'n monolieties koper koeel? Dit maak mos nie sin nie, of hoe?
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Is monolitiese patroonpunte skadelik vir 'n geweer se lo
Nee, want as die punte raak nie aan die loop nie. 
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Is monolitiese patroonpunte skadelik vir 'n geweer se lo
Dis nie waar nie! As jy 'n KD op het buig die loop na onder dan raak die punte aan die boonste groewe en skuur hulle glad.Gawie(13mm) wrote:Nee, want as die punte raak nie aan die loop nie.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Is monolitiese patroonpunte skadelik vir 'n geweer se lo
Dan moet jy korter koeëls gebruik. Hul gaan makliker om 'n draai.Carl wrote:Dis nie waar nie! As jy 'n KD op het buig die loop na onder dan raak die punte aan die boonste groewe en skuur hulle glad.Gawie(13mm) wrote:Nee, want as die punte raak nie aan die loop nie.
Jammer manne, maar ek hou nou al vir twee dae terug.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
-
THOMAST
- Hero Member

- Posts: 1892
- Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am
Re: Is monolitiese patroonpunte skadelik vir 'n geweer se lo
Ek het GS Custom se SP koeëls gebruik . Lekker spoed en indrukwekkende akkuraatheid vir seker...
en toe neem die akkuraatheid af, relatief vinnig. Toe ek terug gaan na konvensionele lood/kopermantel koeëls, kom ek agter die geweer skiet nog sommer baie netjies vir amper nog 1500 skote.
Hoekom die verskil?
My teorie: 'n konvensionele koeël is meer vervormbaar as monolitiese koeël, agv die lood kern.
Wanneer so 'n konvensionele koeël in 'n effens verweerde loop geskiet word, sal die drukking van die dryfmiddel gasse op die koeël se basis die agterkant van die koeël effe laat uitsit, sodat 'n effektiewe seel tussen loopvlak en koeël vlak bewerkstellig word, maw effektiewe obturasie vind plaas en die Kaap is Hollands.
In die geval van 'n monolitiese koeël sal hierdie obturasie proses nie so effektief plaasvind nie (in 'n effens verweerde loop natuurlik). Die lei dan tot gasse wat langs die koeël verby ontsnap en versnel die verwerings proses. Akkuraatheid neem af.
So wat ek eintlik probeer om te sê is dat wanneer jou geweer se akkuraatheid begin afneem na 'n hele klomp skote en jy skiet monolitiese koeëls, probeer gerus 'n konvensionele koeël skiet en kyk bietjie of dinge verbeter.