Ons het weer ons jag die afgelope naweek gehad op Bandelierskop.
Ek en my buurman (Marinus) het donderdag oggend 2 uur vertrek vir ons jaarlikse gesins jag. Die vrouens het ons eers na skool gevolg omdat die eksamens die jaar die kinders bietjie besig gehou het.
Ons was net voor 6 die oggend op die plaas en het gou alles uit gekry en vertrek veld toe. Met die uit ry kry ons toe klomp koedoe koeie en jong bulle, maar ons was so bietjie kieskeurig en besluit om hulle eers te los - die groot manne kom mos. Nou ja ons het wel oor die naweek die groot manne gesien maar kon nooit 'n skoot op een kry in die digte bosse nie. So skiet Marinus toe eers die middag 'n mooi vlakvark beer. Vroeg die Vrydag oggend is ons weer uit maar dis baie koud. Vol hoop loop ons toe rooibokke raak. Ons almal stap nog saam so ek gee vir Marinus die skoot op 'n mooi ooi. Hy mik mooi en sy val in haar spore (27.5kg na 2 dae). Die trop hardloop en is oor die draad en gaan staan weer, ek sien toe my kans en skiet ook 'n mooi ooi in die nek (25kg na 2 dae). MEt die besluit ons toe om my oudste te gaan haal want as die kans hom voor doen kan hy ook 'n skoot op sy eerste rooibok of vark kry die jaar. Die middag is ons baie agter koedoes aan maar die wind draai elke keer net as ons by hulle is. Saterdag oggend is ons weer vroeg uit en ons kry die rooibokke nie baie ver van die kamp af nie. Ek en my seun en die gids spring af en begin bekruip. 'n Mooi ram staan op so 60 meter en my seun maak reg, maar net voor hy skiet loop die ram twee tree voorentoe en hy is agter 'n bos. "Pappa, ek wil nie 'n kans vat nie" se die man vir my en my bors ontplof van trots. Die bokke hardloop en ons sien hulle nie weer nie.
Na so ruk se loop tel ons op die gemsbokke is oor die pad nie te lank terug nie. Die wind is reg en ek besluit ons moet gaan kyk. Na so 2km se spoor kom ons op hulle af. Die mis is nog redelik, maar hulle weet klaar ons is daar iewers. Ons kry die bul en ek vat die skoot oor die gids se skouer (230 meter af getree). Ons altwee sien die stof op hom klap en dink hy gaan nie ver gaan nie. Op die ou end wys hy toe vir ons die kamp omdat my skoot bietjie agter was. Gelukkig spring hy op en ek skiet hom toe net daar plat. Groot was die verligting en blydskap vir almal. Hy het toe 89.1 ingeweeg by Robbie gister.
So is ons toe die res van die oggend opsoek na koedoe en rooibokke. Ons het een keer die rooibokke in lang gras gekry maar omdat Dian nog kort is kon hy nie die bokke sien om 'n skoot in te kry nie. Die middag probeer ons weer met geen sukses nie. My man se hart was baie seer, maar hy het sy beste gegee en ek was vreeslik trots op hom. So nou soek ek weer jag plek vir hom.
Hier is 'n klompie prentjies van die jag
Bandelierskop 2017
- DanieDegenaar
- Sr. Member

- Posts: 368
- Joined: Wed Dec 14, 2011 2:17 pm
Bandelierskop 2017
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
30-06 Musgrave
303 Lee Enfield
.22 Bruno
12g Boito
.243WIN Howa
357\.38 Mag
303 Lee Enfield
.22 Bruno
12g Boito
.243WIN Howa
357\.38 Mag
-
J le Roux
- Hero Member

- Posts: 1112
- Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am
Re: Bandelierskop 2017
Baie geluk Danie.
Ja, so gemsbok is taai, en net omdat hy gaan le beteken glad nie dit is verby met hom nie.
Jy gaan Robbie se vleis geniet.
Ja, so gemsbok is taai, en net omdat hy gaan le beteken glad nie dit is verby met hom nie.
Jy gaan Robbie se vleis geniet.
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
- Brno308 jagter
- Full Member

- Posts: 202
- Joined: Tue Jan 12, 2010 10:04 am
Re: Bandelierskop 2017
Baie geluk Danie en geniet daai lekker vleis!