Ou 303

Post Reply
japievan
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 364
Joined: Fri Oct 25, 2013 9:57 am

Ou 303

Post by japievan »

Dag manne

Ek kan 'n ou 303 No1 Mk3 verniet kry, maar die loop is glo klaar. Nou ek het reeds een en oorweeg om die een te laat verander na 'n ander kaliber.

Nou watter kalibers maak sin om op die lee enfield aksie te bou? Ek weet van die 6mm Musgrave (Het juis nie iets in die 6mm klas nie), maar wat anders.

Tweedens waarna kyk mens koste gewys?
Derdens wat sal die proses wees?

Groete,
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1540
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: Ou 303

Post by Giepie »

Hi Japie. Ek is ook iemand wat 'n sagte plekkie het vir die Lee Enfields, maar ongelukkig moet ek ook sê dat dit nie die moeite werd sal wees om kostea aan te gaan vir kaliber verandering ens nie. Jy kan 'n Howa in 243 koop vir goedkoper as wat jy die verandering kan doen, dan het jy 'n beter geweer en kaliber. Die 6mm Musgrave kompiteer nie goed met die ander nie.

As dit 'n stokperdjie is en jy wil graag die Lee Enfield gebruik, sou die 6mm 'n goeie keuse qees, maar dit dalk ook Epps, dan kan hy dalk heel goed werk. In die buiteland gaan hulle ook vir die 25-303 wat ook dikwels geEpps word, dit is 'n ander mootlikheid. Die vorming van die doppe sal 'n volgende proses wees want jy kry nie ander doppe as standaard 303 doppe nie.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
japievan
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 364
Joined: Fri Oct 25, 2013 9:57 am

Re: Ou 303

Post by japievan »

Giepie

Dankie vir die terugvoer.
Ek kry die geweer verniet en dit het my laat begin dink. Kan immers dan maar so paar rand spandeer en 'n "stadige" 6mm kan ideaal wees vir my kinders om 'n rooibok of iets te skiet in die bos.
dehacked
Hero Member
Hero Member
Posts: 790
Joined: Mon Jan 20, 2014 10:04 am

Re: Ou 303

Post by dehacked »

Maak eers die loop mooi skoon en try herlaai met .312 punte voor jy verander. Dalk het jy nie nodig om loop te vervang.

Sent from my SM-A300F using Tapatalk
Rem 700 .270 Win
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
japievan
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 364
Joined: Fri Oct 25, 2013 9:57 am

Re: Ou 303

Post by japievan »

Het dit ook oorweeg. Kan selfs met Kobus by Impala praat. Hoor hy het al vir ouens die koeels groter gemaak.

Maar ek het reeds 'n 303 wat nog in goeie kondisie is.
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3528
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Ou 303

Post by Armand Steenkamp »

japievan, soos reeds genoem gaan dit nie die moeite werd wees nie. Ek sou dit net doen as jy rerig n sagte plekkie vir die Lee Engfields het. Jy het nie rerig n ander opsie as 6mm Musgrave nie. Die dies van die ander kalibers gaan maak knetter om hier te kry.
n Ander opsie is om dalk rond te soen vir n goeie 2dehanse 303 loop. Mens kry nog hier en daar een.

Groetnis
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1540
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: Ou 303

Post by Giepie »

Sou 'n P14 loop aangepas kon word vir 'n Lee Enfield? Ek weet die skroefdraad en profiel verskil, maar is die LE s'n nie kleiner as die P14 s'n nie? Ek is seker daar lê 'n paar P14 lope êrens rond soos wat die gewere verander is na groter kalibers.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: Ou 303

Post by Jake1 »

Jou 2e vraag is kostegewys. Kaliberverandering sal duurder wees en baie meer moeite en drama wees as om n goeie intreevlak nuwe geweer te koop. Ek verstaan jy voel jy kry dit verniet maar n 303 met uitgeskiete loop is ongelukkig niks werd nie. Los hom is my beskeie mening en 5 sent opinie.
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
User avatar
dawiec
Hero Member
Hero Member
Posts: 625
Joined: Sat May 05, 2012 10:50 am

Re: Ou 303

Post by dawiec »

as jy nou die P14 se aksie kon kry is dit 'n ander storie ;)
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1540
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: Ou 303

Post by Giepie »

Jammer as ek die draad hijack. Wat is die proses en die koste om bv so 'n 303 ondiensbaar te maak om as "vertoonstuk" gebruik te word?
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: Ou 303

Post by Jake1 »

Vul in deactivation vorm op saps website laat gunsmith dit teken (nog nie deaktiveer nie) Vat wapen en aansoek polisie toe. Hulle stoor hom en doen ballistiese toetse, hoop hy word nie verlore, hulle lewer hom aan gunsmith of gee jou magtiging, kry duur rekening van gunsmith. Polisie haal wapen van sisteem af. Kan langer as 2 jaar vat, iets moet baie baie sentimentele waarde nodig voor mens so iets doen.

Ek het dit nie self gedoen nie maar dis hoe ek dit verstaan
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
Post Reply