Op soek na veeldoelige mes

Enige iets tov messe.
Post Reply
Jjjbay
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 62
Joined: Wed May 03, 2017 7:24 am

Op soek na veeldoelige mes

Post by Jjjbay »

Ek is op soek na een goeie veeldoelige mes. Bok afslag, biltong kerf en sommer my steak eet indien nodig. Ek ken nie juis messe nie en wil nie iets koop wat nie gaan hou nie. Kan julle manne my dalk raad gee waarna ek moet kyk asook pryse asb. Natuurlik waar om te koop ook asb.
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Op soek na veeldoelige mes

Post by Cobus(Cobb) »

Ek het nie rerig messe kennis nie, maar ek gebruik 'n CRKT, freerange kommer...knipmes met guthook.....ek hou van sy grip, guthook is handig innie veld vir penstrek, hy maak vining skerp teen 20 grade en vou gemaklik op en sy skede (vaarvan ek nie hou nie...moet nog n leer een laat maak), le dwars oor jou beld.
Hulle is nou seker so R800.

Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Ockert1992
Hero Member
Hero Member
Posts: 827
Joined: Wed Mar 13, 2013 7:35 pm

Re: Op soek na veeldoelige mes

Post by Ockert1992 »

More

As ek weer moet koop sou ek kyk na die Kershaw lonerock. Hy is beskikbaar met of sonder guthook. Het 'n lekker rubber grip en sy lem het n goeie profiel vir slag.

As jy dalk nog iewers een kan kry kan jy ook kyk na die Kershaw Black Gulch. Dit is 'n bitter lekker mes vir jag, slag en algemene gebruik. Ek het twee van hulle en sal hulle nie sommer ruil nie. Die reeks is egter gediscontinue.

Geniet die soektog. Altyd lekker om 'n nuwe mes te koop.

Groete
Ockert
Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 2111
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Re: Op soek na veeldoelige mes

Post by Supacow »

Ontario Rat1 in D2 staal. Ook R800 prysklas. Goeie waarde
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: Op soek na veeldoelige mes

Post by Frikkie Coetzee »

Ek is mal oor die RAT. Ek het die 1 en die 2.
Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 2111
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Re: Op soek na veeldoelige mes

Post by Supacow »

Ek wag vir die 2 om in D2 beskikbaar te raak ;)
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
User avatar
Viking
Hero Member
Hero Member
Posts: 871
Joined: Tue Jun 03, 2014 4:55 pm

Re: Op soek na veeldoelige mes

Post by Viking »

As jy nie n arm en n been wil afstaan nie gaan kyk na die DOW reeks messe - dis waarde vir geld.

http://www.knivesforafrica.co.za/c1/Fixed-Blades.aspx
" My idea of gun control is using BOTH hands!"
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1543
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: Op soek na veeldoelige mes

Post by Giepie »

Messe wat regtig waarde vir geld is, is die Coast messe. Hierdie een dra ek elke dag saam vir 2 jaar al. al geslag daarmee, eet, algemene sny werk ens. Nog net nodig gehad om twee keer te slyp, bly lank skerp. Kyk daardie prys. In kwaliteit hardloop hy maklik vir my saam met die CRKT en Buck messe.
http://www.sharpedge.co.za/coast-lx315- ... ck-blister
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
User avatar
Aceofspades
Hero Member
Hero Member
Posts: 598
Joined: Sat Sep 20, 2014 8:59 pm

Re: Op soek na veeldoelige mes

Post by Aceofspades »

Ek gebruik nou al die afgelope paar jaar 'n Stanley Quickslide Sport. Dis nie 'n "jagmes" nie, maar werk goed vir my. Ek sny elke dag enigiets van karton tot elektriese draad tot partykeer burrs van staal af rn dan 'n biltongtjie so nou en dan. Dis 'n matmes aan die een kant en 50/50 serated/gladde lem aan die ander kant. Hulle is goedkoop genoeg om nie voor jammer te wees nie en ek het gewoonlik een in stock vir as myne wegloop op 'n manier. En dan het ek 'n klein Opinel messietjie maar net as 'n backup iwb.

Sent from my HUAWEI LUA-L21 using Tapatalk
Jjjbay
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 62
Joined: Wed May 03, 2017 7:24 am

Re: Op soek na veeldoelige mes

Post by Jjjbay »

Baie dankie julle! Ek sal almal so bietjie Google en loer waar ek hulle kan kry!!
Ranger
Hero Member
Hero Member
Posts: 889
Joined: Thu Aug 06, 2015 8:44 am

Re: Op soek na veeldoelige mes

Post by Ranger »

What's the budget?
Howa 30.06 / 6.5 Creedmoor / 223 Rem
Beretta 1301 Comp
Beretta SP1
CZ 457 .22LR
Mahely .22LR
Glock 19
Astra .22LR revolver
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1240
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: Op soek na veeldoelige mes

Post by spekieries »

Ek kan ook getuig vir die Ontario Rat 1.
Jjjbay
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 62
Joined: Wed May 03, 2017 7:24 am

Re: Op soek na veeldoelige mes

Post by Jjjbay »

Ranger wrote:What's the budget?
Man, budget is so in die lyn van R1000.00

N bietjie op of af gaan nie n verskil maak nie
User avatar
DiscoBiscuit
Full Member
Full Member
Posts: 201
Joined: Tue Jan 25, 2011 7:57 am

Re: Op soek na veeldoelige mes

Post by DiscoBiscuit »

Koop 3 Opinel messe, nommer 8,10 en 12. Dit sal jou onder R1000 kos en jou vir baie lank happy hou. Hulle hou 'n "edge", lig om saam te dra. Jy kry hulle in stainless en carbon steel. Stainless werk lekker, carbon is baie taai, maar die roes pla.


Groete,

Herman.
Pieter_Brink
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 78
Joined: Thu Apr 20, 2017 11:35 am

Re: Op soek na veeldoelige mes

Post by Pieter_Brink »

Indien jy sou belangstel in n handgemaakte Joseph Rogers of n Puma, se maar ons kan gesels.

Pieter
User avatar
Dirkvh
Hero Member
Hero Member
Posts: 1016
Joined: Fri Jan 03, 2014 10:36 am

Re: Op soek na veeldoelige mes

Post by Dirkvh »

Ek het vir jou 'n ongelooflike sterk Kershaw. Hulle noem hom die Kershaw 1050 Folding Field knife, en is in Japan in die 80's vervaardig.

Hierdie een het nog glad nie gewerk nie, ek het dit by 'n versamelaar, Howard Wolff, in die Kaap gekoop so paar jaar terug. Ek sal jou 'n waarborg gee dat jy hom nie sal breek of op gebruik in jou leeftyd nie.

R1150, stuur my 'n whatsap as jy sou belang stel.

Lekker dag
Dirk
081 533 4708
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Rom 8 v 1&2: Therefore, there is now no condemnation for those who are in Christ Jesus, 2 because through Christ Jesus the law of the Spirit who gives life has set you free from the law of sin and death
User avatar
LoopSoosStroop
Hero Member
Hero Member
Posts: 1843
Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am

Re: Op soek na veeldoelige mes

Post by LoopSoosStroop »

Haha, omtrend soveel antwoorde as manne, jy kan netsowel raad vra oor kaliber of bakkie. Ek dra 'n CRKT M16-13Z elke dag, en dis 'n great allrounder. Nou nog nie bok geslag met hom nie, maar glo nie hy sal sukkel nie. So R700 hang af waar jy koop.
Pieter van Deventer
Blok Engineering
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Op soek na veeldoelige mes

Post by tripodmvr »

As jy seg veeldoelig dan is my Victorinox mes die antwoord. Sny van wat nodig is, skroewedraaier en nog vele meer. Hy is pal in my sak.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5133
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Op soek na veeldoelige mes

Post by Pvdw »

Gaan vat,voel, vryf en hanteer so paar messe. Elke man se hand is anders. Ek bv glo ek sal regkom met die RAT 1 hierbo beskryf as ek net na die prente kyk. Volgende persoon hou nou weer nie van daai diep inkeep vir jou wysvinger nie. Oom Tripod se Victorinox iriteer my nou weer grensloos met al daai gadgets en als voel soos plasiek alhoewel ek weet dis puik messe.
Post Reply