antieke windbuks?

Guys who collect arms can have a chat here/Versamelaars kan hier vergader.
Post Reply
ANDRIES
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 353
Joined: Mon Feb 04, 2013 3:56 pm

Re: antieke windbuks?

Post by ANDRIES »

Ek het ook die no 1 en no 2.As die geweer nie gelisensieer is nie die loop meet 4.4 iets so 'n geweersmit kan vir jou 'n sertifikaat gee.Die wet begin op 4.5.
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

antieke windbuks?

Post by Jake1 »

Hierdie draad is ook onder algemeen geplaas maar hy hoort seker eerder hier. n Omie wat ek al baie jare ken, en nou oorkant my bly, het vir my n windbuks kom wys wat aan sy oupa behoort het in .22 kaliber. Hy is soortgelyk aan die boonste een op hierdie prentjie https://www.google.co.za/search?q=bsa+m ... B930%3B343

 Hy oorweeg dit sterk om hom te verkoop. Hy het my die hele geskiedenis vertel van die geweer. Ek sou hom nooit verkoop nie, maar ek dink hy het maar sy eie redes hoekom hy hom wil verkoop. Wat kan so windbuks se waarde wees vir ñ versamelaar? Is hier enigiemand wat daai ou bsa windbukse ken? Hy het ook dieselfde bsa in .177 kaliber, asook n .22 geweer wat baie uniek laai wat vir my totaal vreemd is en uit vroeg 1900 dateer sonder n naam op. Ware unieke versamelaarstukke.
User avatar
Lourens Potgieter
Hero Member
Hero Member
Posts: 883
Joined: Fri Jun 15, 2012 10:07 am

Re: antieke windbuks?

Post by Lourens Potgieter »

Het grootgeword met so windbuks...vrekswaar vir 'n klein laaitie!Ons het kleintjie in .177 ook gehad, was breeknek. Grote het onder oorgehaal soos op die pic. Dink my pa het hulle ingegee met die nuwe bedeling.
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: antieke windbuks?

Post by DawieKotze »

Jake - jammer, maar ek ken nie die waarde nie, maar die post het my nou baie nostalgies laat raak.....

My Pa (hy sou nou 85 geword het), het met presies so 'n BSA nr 2 windbuks groot geword en later geerf na Oupa se dood. Oupa was 'n baie handige man ( hy het die destydse meule op Kakemas ontwerp en gebou) en het die spring vervang met 'n baie sterker een. Die ding het blykbaar blou ape en likkewane daar langs die Oranje rivier goed laat les opsê.

Dit was my heel eerste skietding, maar bietjie swaar en ook volgens Pa te gevaarlik vir 'n kind om mee te speel! Koop hy toe maar my 1ste Diana vir my.

My Pa het dit op 'n dag vir 'n "geweersmid" gegee om bietjie deur te gaan en mooi te maak. Paar maande later toe weet die man glad nie waarvan Pa praat toe hy navraag doen nie >:( >:( Daai jare in Suidwes lyk my was daar nie registers vir die soort van goed nie.

Ek sou wat wou gee om daardie nr 2 weer te kan besit!!

Dankie dat ek so bietjie jou post kon hijack :)

Groete

Dawie
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
User avatar
NEGE3
Hero Member
Hero Member
Posts: 1397
Joined: Sat Feb 09, 2013 4:38 pm

Re: antieke windbuks?

Post by NEGE3 »

Indien die windbuks oorspronklik is behoort hy tussen R2000 en R2800 te kry.
Groete,
Koos de Beer
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: antieke windbuks?

Post by Jake1 »

Hy is in Engeland tussen 150 en 300 pond werd. Plaaslik wou n windbusversamelaar R1500 betaal, gelukkig kon ek die omie oorreed dat die windbuks en sy geskiedenis baie meer werd is as geld. Hy gaan hom hou, en ek hoop regtig dit sal na iemand toe gaan eendag wat die geweer waardeer vir wat dit regtig is.

Madako, ja dis interessant dat mens so geheg en nostalgies kan raak oor n stukkie yster :)
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: antieke windbuks?

Post by Frikkie Coetzee »

Daar is modelle met subtiele verskille. Sommige is skaarser as ander. Die skaarser modelle man bietjie meer werd wees as die meer algemene modelle
Jjjbay
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 62
Joined: Wed May 03, 2017 7:24 am

Re: antieke windbuks?

Post by Jjjbay »

Ek het ook grootgeraak met een van hulle. Hy hang vandag teen die muur van my sus se eetkamer saam met n os juk. Ai al die memories met daai windbuks....
Post Reply