.223 Semi Auto vir Nag Jag

Post Reply
User avatar
Jackalsniper
Hero Member
Hero Member
Posts: 630
Joined: Sun Sep 23, 2012 9:39 pm

.223 Semi Auto vir Nag Jag

Post by Jackalsniper »

Manne se bietjie watse .223 Semi Auto sal julle aanbeveel van die rak af, anders wat kan mens laat bou.
Watse loop lengte en twist werk met n ligte varminter tip bv? Deel bietjie julle semi auto setup en foto's asb en watse groepering mens kan kry uit so geweer uit. Ek hou van FM se setup ,maar sal graag meer details wil he om nie geld te mors op die verkeerde ding nie...
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: .223 Semi Auto vir Nag Jag

Post by Geno »

Ek oorweeg om oor 'n jaar of so 'n jakkalsjag upper vir my AR te kry.
Hy sal 24" lank wees, en .920" voor die gas block meet.
Kaliber sal tien teen een 'n .22Nosler wees.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Jackalsniper
Hero Member
Hero Member
Posts: 630
Joined: Sun Sep 23, 2012 9:39 pm

Re: .223 Semi Auto vir Nag Jag

Post by Jackalsniper »

Geno wrote:Ek oorweeg om oor 'n jaar of so 'n jakkalsjag upper vir my AR te kry.
Hy sal 24" lank wees, en .920" voor die gas block meet.
Kaliber sal tien teen een 'n .22Nosler wees.
Sal hy dan spesiaal gebou moet word of kan mens dit eenvoudig van die rak af kry.? en hoekom sal jy .22 nosler verkies bo .223? Wat sal jou voordele wees?
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: .223 Semi Auto vir Nag Jag

Post by Geno »

Daar is al uppers beskikbaar in Amerika.
My geweersmid is egter gegear om sulke goed te bou, en sal ek die bou roete volg.
.22Nosler het lekker spoed agter die koeel. Ek is nie 'n .223 aanhanger nie.
Goed, beter, 6millimeter!
Henrie_270
Full Member
Full Member
Posts: 132
Joined: Wed Jan 14, 2015 3:35 pm

Re: .223 Semi Auto vir Nag Jag

Post by Henrie_270 »

Goeiedag.

Dawie en oom Francois Marais jag albei met 223 semi-auto. Iewers op die algemeen bladsy van die ongedierte vertel oom Dawie van sy projek.

Dink dit sal uitstekend werk aangesien jy nie hoef oor te haal nie.

Mooiloop
243 win, Howa Varmint, Swarovski z3 4-12x50 BRH
'n Jakkals verloor nie slaap oor die opinie van n skaap nie...
User avatar
Jackalsniper
Hero Member
Hero Member
Posts: 630
Joined: Sun Sep 23, 2012 9:39 pm

Re: .223 Semi Auto vir Nag Jag

Post by Jackalsniper »

Ek hou van wat ek sien! het eers gedink die .22n is kleiner,maar die feit dat dit n .223 op steroids is maak dit baie aanloklik...
Post Reply