Hoe breek mens deesdae 'n Howa se loop in?

Post Reply
User avatar
LoopSoosStroop
Hero Member
Hero Member
Posts: 1841
Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am

Hoe breek mens deesdae 'n Howa se loop in?

Post by LoopSoosStroop »

Ek weet dis gewoonlik 'n warm onderwerp. Wat is die nuutste?

1 skoot + skoonmaak x10
2 skote + skoonmaak x10
5 skote + skoonmaak x10

Wat maak julle?

Eks lus en skip stap 1 en 2 en spring reguit na die 5 skoot intervalle toe. Dalk 3?
Pieter van Deventer
Blok Engineering
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2172
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Hoe breek mens deesdae 'n Howa se loop in?

Post by Johan Nel »

Sien Howa se resep op hule faq blad.
http://www.legacysports.com/product-repairs/faqs/
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
User avatar
LoopSoosStroop
Hero Member
Hero Member
Posts: 1841
Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am

Re: Hoe breek mens deesdae 'n Howa se loop in?

Post by LoopSoosStroop »

Sho dis nogals intensief. Sal dit so doen.
Pieter van Deventer
Blok Engineering
Diesel Dog
Hero Member
Hero Member
Posts: 2331
Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm

Re: Hoe breek mens deesdae 'n Howa se loop in?

Post by Diesel Dog »

LoopSoosStroop wrote:Ek weet dis gewoonlik 'n warm onderwerp. Wat is die nuutste?

1 skoot + skoonmaak x10
2 skote + skoonmaak x10
5 skote + skoonmaak x10

Wat maak julle?

Eks lus en skip stap 1 en 2 en spring reguit na die 5 skoot intervalle toe. Dalk 3?

Seker maar die selfde soos met n jong saalperd merrie , met soft hands op die onder teuels.
Ek het ook stap 1 en 2 ge-skip ,nou sit ek met n drie gang perd ,kon dalk vyf gang gewees het.

DD
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Hoe breek mens deesdae 'n Howa se loop in?

Post by LUAN »

Jy vergeet van dit en begin net met jou vyf skoot groep lading ontwikkeling. Dis wat ons met vriend se 06 gedoen het en syne skiet mooi.
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Hoe breek mens deesdae 'n Howa se loop in?

Post by wlm »

Dis soos ek gemaak het.
Begin met "carb cleaner". 5 x 1 skoot dan Boretech se carb remover en M98 van GS Custom. Toe 5 x 2 skote met dieselfde doepa maar ook tussenin bore-paste.Toe 5 x 10 skote met dieselfde prosedure.
Howa se loop blink soos 'n spieel en groepeer pragtig. Maak nou ook maklik skoon.
Die skote is ook sommer vir instel en lading-ontwikkeling gebruik.
Ek gee die inligting slegs omdat ek tevrede is met die eindresultaat.
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Hoe breek mens deesdae 'n Howa se loop in?

Post by wlm »

Ek het sommer die bore paste aan n nylon-borseltjie gesmeer.
User avatar
LoopSoosStroop
Hero Member
Hero Member
Posts: 1841
Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am

Re: Hoe breek mens deesdae 'n Howa se loop in?

Post by LoopSoosStroop »

Dankie vir die raad manne.
Pieter van Deventer
Blok Engineering
Post Reply