Goeie dag aan almal,
Ek bied op Saterdag 20 Mei 2017 'n QuickLOAD kursus in Benoni aan:
1 - Belangrike faktore aan wapen vir akkuraat skiet
2 - Wat is belangrik vir die laai van akkurate ammunisie
3 - Keuse-Klassifikasie van komponente
4 - Dryfmiddels - Vervaardiging en berging
5 - Die effek van humiditeit/vog op dryfmiddel ontbranding
6 - Hoe om te besluit op 'n Begin/1ste lading
7 - Hoe om te besluit op 'n Maksimum lading
8 - Ons werk met QuickLOAD om akkurate lading te bepaal vir 1 tot 3 gewere, van begin tot einde (hang af van tyd beskikbaar)
Dit is belangrik dat jy my Quickload DVD reeds vooraf deurgewerk het en voorbereid opdaag,
anders mag jy sukkel om tydens die kursus by te hou en benadeel jy eintlik jouself. As ek by die kursus deur al die teorie en verduideliking op my DVD moet werk, laat dit ons geen tyd vir praktiese werk en vrae nie.
http://www.mamba-reloading.co.za/
Groete,
Cassie
Quickload kursus - Benoni - 20 Mei 2017
-
Kaspaas
- Full Member

- Posts: 236
- Joined: Sun Aug 04, 2013 8:10 pm
