208gr A-max uit die 308Win?

Post Reply
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7990
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

208gr A-max uit die 308Win?

Post by Arnold »

Ek het vandag 'n pakkie 208gr A-max koeels gaan koop wat ek in my 308Win wil toets.

Die US se manne raporteer dat 'n 1:12" twist hom wel stabiliseer en dit uit 'n 308W teen 'n spoed van net oor die 2400 fps.

Die rede vir die kopie is om bietjie FTR te gaan skiet saam met die ouens en al kry ek net 2400 fps is die windskuif minder op hierdie koeel, met sy BC van 0.648, as enige van die ander wat sal werk in my geweer.
Hierdie lang spies het 40" minder windskuif in 'n 10mph wind op 900m as 'n 125gr Nosler teen 3100 fps  ;D

Volgens Quickload behoort ek hom teen so 2425 fps te kan laat hardloop en hy sal steeds supersonies op 900m wees.
Hierdie is teen 'n drukvlak van 57000 psi as ek 'n dop vol S355 gebruik. Ontbranding is 100% so al wat ek voor sal moet kyk is of die teiken mooi ronde gaatjies op het.

Het enige iemand dalk al hierdie koeeltjies gebruik?
Post Reply