Die naweek wat verby is was ek my 2 seuns en 2 vriende gaste by Freek op Nylstroom. Dit was my eerste jag sedert 1989. Dinge het na skool nie altyd gegaan soos dit moes nie en dan offer 'n man maar dinge op wat jy nie altyd wil nie.
Sederet 2009 het ek my seuns gereeld skietbaan toe gevat en sommer met die kruit gewere geskiet om te oefen. Ons het dit gedoen terwyl ons vir die lisensies gewag het.
Die naweek het goed begin en my oudste het sy eerste bok met die 30-30 geskiet op so 150 van Freek se tree, skat dit seker op so 120-130m.
Op pad terug na die jagtrekker toe kry ons nog 'n trop blesbokke en my jongste kry sy beurt om die 303 se sneller te trek, nog 'n blesbok kluite toe
Net daarna kry Pa darm ook 'n beurt om blesbok vleis te maak met die 30-30
Graham het later die dag sy eerste kruit geweer jag ingekry deur 'n mooi blou wilde bees te skiet. Dit het gesorg vir so bietjie drama en opwinding maar Freek het die situasie mooi opgesom en die toutjies bymekaar gehou.
Hier is so paar fotos van die jag.
My oudste met sy eerste bok
[img width=560 height=420]http://i1218.photobucket.com/albums/dd4 ... _3989a.jpg[/img]
Die jongman met sy bok en die 303
[img width=560 height=420]http://i1218.photobucket.com/albums/dd4 ... _3999a.jpg[/img]
Hier is pa se bok
[img width=560 height=420]http://i1218.photobucket.com/albums/dd4 ... _4000a.jpg[/img]
Graham se groot oomblik
[img width=360 height=480]http://i1218.photobucket.com/albums/dd4 ... 010a-1.jpg[/img]
Weereens dankie aan Freek vir sy gasvryheid, die jag was lekker en die kuier om die vuur uit die boekke.


