wilds pattys

Enige vleis/veldkos resepte wat werk vir n honger jagter
Post Reply
User avatar
Theo E
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 333
Joined: Thu Feb 18, 2010 7:44 pm

wilds pattys

Post by Theo E »

Wilds pattys Resep

Neem n Pak van Crown se char grill burger spices

Vat dan  6.5kg wilds vleis

Neem 1kg bees vet,dit hoef nie brisket te wees nie body vet is reg (net nie niertjie vet nie)

vat 1.5 l water

Meng die spice met water in n bak , maal die vleis saam met die vet duur n fyn plaat  en meng die maal vleis en spice goed dan maal jy dit weer deur die fyn plaat

As julle lus is vir n kaas patty sit so 300-400gr processed kaas ( in blokies gesny) by die spice en water maal die tweede keer duur n Grover plaat en walla druk pattys en geniet

Vir n chilli burger sit 100gr (meer as jy hou van brand goed) Klein gesnyde chillis plaas van die kaas
Triple2
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 352
Joined: Wed Sep 22, 2010 6:03 pm

Re: wilds pattys

Post by Triple2 »

As jy nie n patty drukker het nie, stop dit styf in n polony of salami skede, vries en saag met die vleis saag. Kan lekker jou eie dikte patty bepaal.
Oopgesnyde 2l coke bottel werk ook.
Devan Lötter
.22 LR Winchester; .222 Rem Sako; .45 ACP Norinco; 12 Br Remington 11-87; .308 Win Howa
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: wilds pattys

Post by Beyers »

Vries die maalvleis mengsel in 'n 110mm PVC pyp Druk dit uit en saag in skywe so dik soos jy die patty wil he
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: wilds pattys

Post by Christo »

Beyers wrote: Vries die maalvleis mengsel in 'n 110mm PVC pyp Druk dit uit en saag in skywe so dik soos jy die patty wil he
Goeie plan die, ons het laas jaar 300kg gemaak vir die kerk basaar en dit was in patty plastiek sakke. Ek dink die PVC pyp is netjieser en behoort goed te werk.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: wilds pattys

Post by Beyers »

Kan ook die sakkies binne die pyp gebruik dan sit die vleis nie aan die pyp vas nie
Christo wrote:
Beyers wrote: Vries die maalvleis mengsel in 'n 110mm PVC pyp Druk dit uit en saag in skywe so dik soos jy die patty wil he
Goeie plan die, ons het laas jaar 300kg gemaak vir die kerk basaar en dit was in patty plastiek sakke. Ek dink die PVC pyp is netjieser en behoort goed te werk.
Post Reply