Dagse manne
Indien daar wel iemand is wat n goeie bekostigbare Biltong-Jagplaas kan aanbeveel, nie verder as 4 ure uit die kaap uit nie sal ek bly wees!
Dit is vir n paar manne...5-6 max. Basiese slaap geriewe, jag bakkie is n bonus, slag geriewe ens is meer as genoeg.
Hierdie is die eerste jaar wat ons as groep nie Namibia toe sal ry nie aangesien die somme nie meer klop met vandag se brandstofpryse nie...
Voorsit word verkies, maar is oop vir ander bv bakkie-jag ook
Kyk na enige van 3 naweke : 9-11 Junie , 16-18 Junie , 23-25 Junie
Indien enige, stuur maar asb n PM - Sal dit waardeer.
Dankie!!
Christiaan
Karoo Springbok / Gemsbok Jag plek?
-
Bravo1
- Jr. Member

- Posts: 77
- Joined: Tue Dec 24, 2013 7:51 pm
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Karoo Springbok / Gemsbok Jag plek?
Christiaan, dis daardie woord "bekostigbaar" wat soveel verskillende goed vir verskillende mense kan beteken. Dalk moet ons maar weer probeer om liewer te betaal in Rand/afgeslagte kilogram.
Die verdere bykomstighede op elke plaas maak dan verder sake moeilik om werklik te vergelyk . . . jagbakkie, koelkamergeriewe, afslagkostes, vuurmaak hout, ens, ens. Hoop jy vind 'n plaas wat by jou sak pas.

- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Karoo Springbok / Gemsbok Jag plek?
daai verder as 4 ure se ry kriteria gaan jou pooitjie as dit by bekostigbaar kom. Al die plekke in daai radius vra maar 'n paar rand. stuur my 'n pm met jou email adres dan stuur ek vir jou 'n paar plekke se kontak besonderhede.
- Boesman10
- Hero Member

- Posts: 946
- Joined: Thu Aug 21, 2014 9:17 am
Karoo Springbok / Gemsbok Jag plek?
Ek kan vir jou Kalahari Springbok gee 400 km uit die Kaap teen R1100 per bok wat so +- 30 kg skoon karkas uitslag of +-R37/kg. Met bees wat R90/kg of skaap van R110/kg kos by Spar reken ek jy sal se dis bekostigbaar. Maar nou moet ek dagfooi en slaggooi bysit om te betaal vir die infrastruktuur om daai Spingbok in die veld te hou. Ek vra ook akomodasie om daardie infrastruktuur in goeie diens te hou en as jy nou al die kostes by die Kilograms tel dan word die "bekostigbaarheid" bevraagteken. Stuur vir my n epos na master@wetdog.co.za en ek deel graag my pryse met jou vir n fantastiese egte Karoo jag ervaring.
NS - ek sien julle soek voorsit of bakkie jag. Hier in die Karoo stap ons net so miskien gaan dit nie werk vir julle nie.
NNS - ek sien ook julle wil net 3 dae jag waarvan een dag n Sondag is. Hoop julle kan meer tyd maak want Sondae rus die diere so bietjie
Sent from my iPhone using Tapatalk

“The Darkest Things about Africa has always been our Ignorance of it” – George Kimble
- prohunt
- Hero Member

- Posts: 836
- Joined: Tue Feb 15, 2011 12:00 pm
Re: Karoo Springbok / Gemsbok Jag plek?
[quote="Boesman10"]Ek kan vir jou Kalahari Springbok gee 400 km uit die Kaap teen R1100 per bok wat so +- 30 kg skoon karkas uitslag of +-R37/kg. Met bees wat R90/kg of skaap van R110/kg kos by Spar reken ek jy sal se dis bekostigbaar.
Dis darem seker nie 'n regverdige vergelyking om karkasgewig met vleissnitte per kg te vergelyk nie. Wonder wat gaan rumpsteak kos as jy R90/kg vir 'n beeskarkas betaal

Dis darem seker nie 'n regverdige vergelyking om karkasgewig met vleissnitte per kg te vergelyk nie. Wonder wat gaan rumpsteak kos as jy R90/kg vir 'n beeskarkas betaal