Skedels van klein bokkies

Post Reply
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Skedels van klein bokkies

Post by tripodmvr »

SA Jagters Vaaldriehoek is op soek na skedels, met die horings daarby, van klein bokkies. Gewone duiker en steenbok het ons wel. Dit wat ons veral wil kry is die suni, rooi en blou duiker, grysbok, dik-dik en klipspringer. Ons benodig dit vir opleiding by die meet van horings. Dit gaan grotendeels om die uitkenning van die verskillende horings sodat valse inskrywings vir trofee kompetisies uitgeken kan word. Daar was al vele gevalle van jong nyalas wat as bosbokke ingeskryf is. Met die klein bokkies is daar riwwe en ander kenmerke wat prakties aangeleer moet word.

Hulp nader aan die Vaaldriehoek sal verkies word synde die pos van skedels nie altyd prakties is nie. As dit egter reukloos is behoort dit nie te groot probleem te wees nie. Kort net stewige verpakking.

Ek hoop iemand kan help.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Post Reply