2017 Pryse

User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

2017 Pryse

Post by DawieKotze »

Hoe lyk die pryse die jaar? Ek het die volgende gekry by dieselfde plaas as laasjaar. Dis so 400 kilos uit die Kaap. Verblyf koste en dagfooi het onveranderd gebly.

Blesbok - R40/kg (net binnegoed uit - harslag in) - was R30/kg
Springbok - R45/kg (net binnegoed uit - harslag in) - was R35/kg

Gemsbok - R5000/R6000
BWB - R4500/R4700
SWB - R3500/R3550
Rooihartebees - R4000/R4500

Groetnis
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
User avatar
LoopSoosStroop
Hero Member
Hero Member
Posts: 1843
Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am

Re: 2017 Pryse

Post by LoopSoosStroop »

En dis nog steeds goedkoop. Dink maar aan die arme drommels wat geen kontakte het nie en sukkel om self net 'n bespreking te kry.
Pieter van Deventer
Blok Engineering
User avatar
Gernie
Hero Member
Hero Member
Posts: 771
Joined: Tue Apr 07, 2009 4:24 pm

Re: 2017 Pryse

Post by Gernie »

Ek persoonlik dink dit is duur, Blesbok draai sommer vinnig by R1600

Sent from my SM-G900F using Tapatalk
As daar nie lood in die lug is nie, kan die bokke nie val nie...
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: 2017 Pryse

Post by ruaanb »

Pryse waar ons jag het dieselfde gebly. Dankie tog!
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13582
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: 2017 Pryse

Post by Capt. Yoda »

4500 vir BWB is belaglik, hulle kan maar vrek daar op sy plaas.Teen daai prys gaan die blesbokke wat ons hier skiet jou naby R2000 kos.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: 2017 Pryse

Post by wlm »

Ek weet regtig nie wat wild/kg moet kos nie. Is daar 'n korrelasie met skaap- en beesvleis?
KalahariKlong
Hero Member
Hero Member
Posts: 890
Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am

Re: 2017 Pryse

Post by KalahariKlong »

Blesbok - R1500
BWB - R3000
Eland - R30/kg
Gems - R4000
Rhtb - R4000
Rooibok - R1000
Takbok R2000
Vlakvark - R800
Waterbok R25/kg
Zebra - R4500
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3126
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: 2017 Pryse

Post by LUAN »

R1000 vir rooibok is nog nice maar ek sien daai vlakvark prys van R800 dit sit my gou af. Dat mens nou soveel moet betaal vir n pes. Ek nog n pryslys gesien waar hulle gaan vir oor n R1000!
F.L.A.S.H
Hero Member
Hero Member
Posts: 854
Joined: Mon Jul 23, 2012 10:53 am

Re: 2017 Pryse

Post by F.L.A.S.H »

My pryse sal die jaar
Kudu koei R3000
Kudu Bul R4000
Vark R700 wees

Luan, varke word gewoonlik so hoog geprys anders kom skiet mense net varke en dan verkoop hulle vleis en hulle maak uit die plaas geld en die boer maak niks.
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: 2017 Pryse

Post by DWB »

Julle wil nie Natal en Limpopo se pryse sien nie!

As ons maar nog net R700 vir varke kon betaal!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: 2017 Pryse

Post by Carl »

F.L.A.S.H wrote:Luan, varke word gewoonlik so hoog geprys anders kom skiet mense net varke en dan verkoop hulle vleis en hulle maak uit die plaas geld en die boer maak niks.
Daar is hy nou. Neem ook in ag is 'n verskil tussen pesbeheer en jag op 'n kommersiële jag plaas. Die vark is 'n produk van die jag plaas ek weet van min wat dit sien as 'n pes. Mielie boere en ander sien dit dalk as 'n pes.

Ek sal gaan uitvind wat maak die pryse in ons omgewing.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
JohanvB
Hero Member
Hero Member
Posts: 2595
Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm

Re: 2017 Pryse

Post by JohanvB »

Onse .....amper sê ek 'n fieslike woord!!
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3126
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: 2017 Pryse

Post by LUAN »

Daai vark kos hom niks om hom daar te kry dis nie asof daar geteel moet word met hulle in kampe. Dit maak sin wat flash se en ek se nie die varke moet verniet wees maar moet nou ook nie die dam onder die eend se gat uitruk.
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: 2017 Pryse

Post by Carl »

LUAN wrote:Daai vark kos hom niks om hom daar te kry dis nie asof daar geteel moet word met hulle in kampe.
Nee ons teel nie intensief varke nie. Maar as ons water en voer uitsit om die ander wild aan die lewe te hou eet die varke ook daaraan.

Pryse ja daar is ouens wie mal pryse maak, maar net soos ek nie Kanonkop se Black koop en drink nie is almal vry om te doen wat hulle wil.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5023
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: 2017 Pryse

Post by Frederik »

Kyk om'n plaas te hardloop en in stand te hou kos nou klomp geld en iewers moet dit terug gemaak word maar om in een jaar so die prys op te stoot per/kg is darem bietjie rof. Ek is een van die jagters wat ongelukkig nie meer as 3 stuk wild op 'n bosveld trip kan bekostig nie. So as ek nie saam met groep gaan jag nie gaan die boer ook nie baie uit my maak nie. Om saam met 'n groep te gaan jag is ook nie altyd maklik veral as ek my seun saambring want party manne raak bietjie rof met die kuier en is nie 'n voorbeeld wat ek vir my seun wil wys nie. Maar ek sal weer met 'n smile R1600 betaal vir sy eerste rooibok solank ek nie hoef te worry dat hy nou eweskielik R2500 gaan kos omdat hy oor 20" is nie. Sy eerste vark het ek R1000 voor betaal vir die ondervinding. Maar het 2 jaar terug 'n streep getrek op 'n Koedoe koei wat R5000 sou wees al het ons skoot gehad. Oor die algemeen dink ek nie die pryse gaan so ver op soos 2 jaar terug toe almal die gewone vroulike diere gekoop het om te teel nie. Maar wat wel gebeur is dat boere hoor onder mekaar waarvoor sekere spesies gaan en maar 'n gemiddelde prys vra oor omgewing.
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: 2017 Pryse

Post by Eugene »

Frederik wrote: Maar wat wel gebeur is dat boere hoor onder mekaar waarvoor sekere spesies gaan en maar 'n gemiddelde prys vra oor omgewing.
Ja, dit voel tog of daar 'n meer gemiddelde prys is en of die algemene pryse nie weer so skerp gestyg het nie. Sekere pryse het selfs gedaal.

Verlede jaar het ek die volgende geskiet en betaal:

SWB - R2000 (bul)
RHB - R1800 (bul)
Blesbok - R750 (ram)
Springbokke - R750 (gemid 20kg uitgeslag)

Hierdie jaar het die pryse rofweg dieselfde gebly, maksimum 'n 10% verhoging op een plaas.
Aim small, miss small
Hackerman
Newbie
Newbie
Posts: 38
Joined: Fri Jan 16, 2015 1:59 pm

Re: 2017 Pryse

Post by Hackerman »

Waar was dit ek wil graag ook daar gaan jag?
User avatar
RUPERT
Hero Member
Hero Member
Posts: 1192
Joined: Thu Jun 28, 2012 1:47 pm

Re: 2017 Pryse

Post by RUPERT »

Eugene waar het jy daai Springbokke gaan skiet vir R 750? Ek soek graag plek. Plekke wat ek kry is gesuip vir wat hulle soek vir springbok R 2000 plus
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3126
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: 2017 Pryse

Post by LUAN »

Ek like daai blesbok prys baie sal ook graag daar wil jag.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13644
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: 2017 Pryse

Post by Geno »

Ek is gelukkig om op 'n nie-kommersiele plaas van goeie vriende te jag.
Hierdie is 2016 se pryse. 2017 behoort dieselfde te bly.

Slaglammers @R60/kg
Springbok @R30/kg karkas met vel.
Blesbok R1200
Swartwildebees R2500
RooiRibbok R30/kg karkas met vel.
Gemsbok R3500 - 4500
Volstruis R1200
4horing skaap R3000
Takbok R3000.
Goed, beter, 6millimeter!
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: 2017 Pryse

Post by Eugene »

RUPERT wrote:Eugene waar het jy daai Springbokke gaan skiet vir R 750? Ek soek graag plek. Plekke wat ek kry is gesuip vir wat hulle soek vir springbok R 2000 plus
LUAN wrote:Ek like daai blesbok prys baie sal ook graag daar wil jag.
Manne, die is nie alles op "oop" plase nie, dis maar op uitnodiging en waar dit wel op oop plase is, moet 'n man 'n jaar vooruit boek..... Dit help maar om jou plekke mooi te kies en so op te pas dat mens weer genooi word. Op amper al die plase het die boere gatvol geraak vir kommersiele jag en jagters en nooi nou net sekere groepe oor sekere tye. Soms slaan hulle 'n jaar oor ook en word daar niks gejag nie....

Maar soek gerus rond, daar is baie juweeltjies daarbuite. Mens moet net die 'n lodge verwag vir 'n kampplek se fooi nie.
Aim small, miss small
KalahariKlong
Hero Member
Hero Member
Posts: 890
Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am

Re: 2017 Pryse

Post by KalahariKlong »

Geno, daai slaglammers is glad nie sleg geprys nie.
Ek is baie gelukkig om ook by so oom te kan skiet.
Bwb @ R2500 en Kudu @ R25/kg.
Sulke plekkies pas man maar soos goud op.

KK
User avatar
Blackie Swart
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 422
Joined: Sat Apr 02, 2011 7:48 pm

Re: 2017 Pryse

Post by Blackie Swart »

Ek kan seker glad nie kla nie. Skiet kudus vir R4000 ongeag horing lengte en R600 per springbok. Die fooie sluit die jagvoertuig ook in. Springbokke slag almal so gemiddeld 24kg uit. Nog nie die kudus geweeg nie. By haapy op die plaas en daar is bitter baie wild.
User avatar
PierrieT
Full Member
Full Member
Posts: 193
Joined: Sun Dec 18, 2016 6:51 pm

Re: 2017 Pryse

Post by PierrieT »

Het 'n gem in die Oos Kaap waar ons elke jaar gaan jag. Ons maak gewoonlik 'n week daarvan omdat dit vir ons ver is om te ry. Pryse is billik, hier is 2017 se pryse.
Kudu Bulls <45 inches R3530
Kudu Bulls >45 inches R5500
Kudu Cows R2620
Fallow Deer Trophy Stags =>25 Inches R2400
Fallow Deer Biltong Stags <25 Inches R1330
Fallow Deer Spikers R900
Fallow Deer Does R790
Mountain Reedbuck Ram R690
Mountain Reedbuck Ewe R 540
Blesbuck Ram/Ewe R1150
Impala Ram R1120
Impala Ewe R870
Rem 700 300 WSM
Ruger 6.5 Creedmoor
Ruger 416 Rigby
Sauer 202 243 Win
Sauer 202 6.5x55
Sauer 202 6.5x57
Sauer 202 308 Win
Sauer 202 7mm Rem Mag
Sauer 202 300 Win Mag
Sauer 202 8x57
Sauer 202 9.3x62
Sauer 202 375 H&H
Truvelo 338 Lapua Big 5
Taurus 9mm
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: 2017 Pryse

Post by Chevvy SS »

Waar is dit Pierre?
Post Reply