Warm rook van wildsvleis
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Warm rook van wildsvleis
Ek het nog net vis gerook in die roker wat ek 25 jaar gelede by 'n Shell garage gekoop het.
Ek het nou 'n paar springbok "loins" en wil dit graag rook. Het die hele forum deursoek, maar kry net die koue-rook-resepte.
Is daar iemand met ondervinding? Rook mens dit maar op dieselfde wyse as vis?
Groetnis

- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Warm rook van wildsvleis
Slaan google en kyk na "hot smoking of meat"
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Viking
- Hero Member

- Posts: 871
- Joined: Tue Jun 03, 2014 4:55 pm
Re: Warm rook van wildsvleis
Pieter
Die rook van enige vleis en ook wild is dieselfde as met die vis. Die vleis gaan n rook smaak kry, maar nie heeltemal gaar wees na 20 min in die roker nie.
Maak die vleis verder gaar soos jy dit normaal sou doen OF jy braai die loin op n oop vuur en gooi die laaste 10 min net n hand vol saagsels oor jou kole sodat die vleis n rook smaak kry.

" My idea of gun control is using BOTH hands!"
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Warm rook van wildsvleis
Rook vir 20 minute en braai dan oor kole tot gaar? Sal dit werk?Viking wrote:Pieter
Die rook van enige vleis en ook wild is dieselfde as met die vis. Die vleis gaan n rook smaak kry, maar nie heeltemal gaar wees na 20 min in die roker nie.
Maak die vleis verder gaar soos jy dit normaal sou doen OF jy braai die loin op n oop vuur en gooi die laaste 10 min net n hand vol saagsels oor jou kole sodat die vleis n rook smaak kry.
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Warm rook van wildsvleis
Hy sal oop-loop Oom!
Die manne maak net so met die varkskouers. Hul kook hom, rook hom en gooi hom dan op die vuur.
Wanneer Oom daai saal-tjoppie op die rooikrans braai, word hy ook maar gerook. Saam met die braaisout en die Robertson speserye is dit eg Suid-Afrika.

Dont make expensive noise! Make the first shot count!
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Warm rook van wildsvleis
Wees net bly ons het vrinne in die Karoo Oom.
Ek verlang nou sommer na daai Ingelse vleis daar van Wlm.
Hier is die Aussie pryse. Maal daai prys met R10.00.
Ek verlang nou sommer na daai Ingelse vleis daar van Wlm.
Hier is die Aussie pryse. Maal daai prys met R10.00.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Warm rook van wildsvleis
Hoe smaak daai kangaroo-vleis doer onder?
Waarskuwing: Moet net nie daar gerook raak nie. Hulle sit jou weg vir 'n lang ruk.
Groetnis uit 'n kokende Paarl!
Waarskuwing: Moet net nie daar gerook raak nie. Hulle sit jou weg vir 'n lang ruk.
Groetnis uit 'n kokende Paarl!
-
dehacked
- Hero Member

- Posts: 790
- Joined: Mon Jan 20, 2014 10:04 am
Re: Warm rook van wildsvleis
Ek het 'n 0.6 x 0.5.x 1m roker wat met gas werk. Het die naweek weer Gemsbok, Hartebees, Hoender en Vark gerook. Ek is geen expert nie maar die volgende het ek nou al geleer. Ek maak 'n lekker spesery en sout mengsel aan. Die vryf ek goed in en laat hom so half uur le dat dit kan in trek. Dit werk nie as jy hom net spice en dan rook nie. Dit is die selfde beginsel as brine. Belangrikste is jy wil die sout in die vleis kry maaar ook nie te veel nie. (Het al 'n ontbeende vlakvark boud gesout dat hy soos 'n bokkom proe) Ek vind dit noodsaaklik met gewone vleis, minder so met snoek. Voel ook vir my of dit beter werk as die vleis redelik oppervlak droog is. Springbok rook baie lekker. Die vraag is nou hoeveel jy hom wil rook. My vrou hou byvoorbeeld nie van erge rook smaak nie dus as ek hom gerook het, is daar net 'n dun lagie wat "rooi" vertoon buite langs en dan is hy maar die standaard pienk/bruin afhangende hoe gaar jy hom maak. Hoe kouer en konstant my rook, hoe dieper trek hy in maar siende dat daar hitte is droog hy maklik uit. Ek verkies om Kameel hout chips van die houthoop op die plaas te gebruik, nie die ou fyn poeier goed soos in die winkel. Die hout chips rook baie langer. As jy dik stukke vleis rook help dit om 'n termostaat te he om in die vleis te druk dan kan jy mooi sien hoe gaar hy is. Ek werk hom maar met gevoel en sny 'n stukkie oop as ek dink dit is reg. By gesê ek doen net vleis ongeveer so dik soos 'n steak. Bees fillet sny ek medaljes. Springbok fillet hou ek heel.
Rem 700 .270 Win
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Warm rook van wildsvleis
Dankie, manne!
Last edited by PWV on Wed Dec 28, 2016 3:47 pm, edited 1 time in total.
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Warm rook van wildsvleis
Dankie, manne. Sal my bes doen en terug rapporteer!
- StefL
- Jr. Member

- Posts: 80
- Joined: Sun Jul 20, 2014 2:42 pm
Re: Warm rook van wildsvleis
Oom PWV, ek het ook by n vriend in die Karoo geleer om springbok loin so op die vuurtjie te rook. Twee maniere: pak sommer die houtstompe styf teenmekaar dan rook hy lekker of gooi n paar vrugteboom takkies met groen blare aan dan rook hy ook lekker. Sodra die vlamme begin lek haal ek dit af en wag vir die kole. Ons het wilde peer takke gebruik en het baie lekker gewerk
Sent from Sony Xperia using Tapatalk
Sent from Sony Xperia using Tapatalk
Live on the edge, otherwise you're wasting space!
-
Hilmar
- Newbie

- Posts: 41
- Joined: Fri Apr 10, 2015 7:21 pm
Re: Warm rook van wildsvleis
So maak Ons Suidwesters rookvleis
Gebruig rugstring biltonge van kudu ,gemsbok of springbok en kan ook van boud snitte gemaak word.
Droe pekel resep :1kg growwe sout,125gram salpeter en 125gram bruinsuiker ,meng goed deur en 24gram per 1 kg vleis.
Sout soos biltong en gebruik n emalje en of stainless steel skottel,nie plastiek ,vleis word Maklik smetterrig inplastiek bakke.
Laat staan in Koel plek vir 3-4dae.Draai gereeld om.Voor rook hang oornag uit om af te droog.
Rook vir 24-36 uur koud.Gebruik akker,eik ,prosopis of huilboom skaafsels.
Klaar gerook hang in biltong kas vir nog n nag of wat om after droog.
Word op vars brood met Botter geeet of net so soos biltong.

- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Warm rook van wildsvleis
Hilmar kan ek order insit asb? Hoe water my mond nou.
-
Hilmar
- Newbie

- Posts: 41
- Joined: Fri Apr 10, 2015 7:21 pm
Re: Warm rook van wildsvleis
Enige tyd, Ruaanb
Keetmanshoop en Kaap is ongelukkig n entjie van mekaar af.Ons kyk ook vir reen , dis regtig kretiek droog hier en voor Ons weer kan jag sal dit moet reen. Jy kan maar resep volg dis n beproefde resep.Het hom baie jaare geleede by n duitse oom gekry wie se broer n"Meisster" slagter is soos hulle in duits se.
Mooi loop.
Keetmanshoop en Kaap is ongelukkig n entjie van mekaar af.Ons kyk ook vir reen , dis regtig kretiek droog hier en voor Ons weer kan jag sal dit moet reen. Jy kan maar resep volg dis n beproefde resep.Het hom baie jaare geleede by n duitse oom gekry wie se broer n"Meisster" slagter is soos hulle in duits se.
Mooi loop.
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Warm rook van wildsvleis
Dankie Hilmar!
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Warm rook van wildsvleis
Was die rokery toe 'n sukses?PWV wrote:Dankie, manne!
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Warm rook van wildsvleis
Nog nie. Sal laat weet wat ek als gepleeg het!tripodmvr wrote:Was die rokery toe 'n sukses?PWV wrote:Dankie, manne!
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Warm rook van wildsvleis
'Loins" was 2 dae in Italian Salad dressing waarna ek dit gesout het met Robertsons se Steak and tjops.
Toe in roker vir 15 minute.
Daarna in 3"-dik skywe gesny en op rooster - net so lank dat die kern nog rooi is.
Doeksag en die heerlike geur van die brandewynvat-eikehout-saagsels.
Sal in die toekoms al my wild se loins en fillets hou vir braai of rook.
Baie dankie, weereens vir almal se insetsels.
Voorspoed aan almal vir 2017.

- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: Warm rook van wildsvleis
Vat die gas vlam waarmee uncle die doppe aneal met n bietjie dagga. Die vleis is warm gerook. 
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Warm rook van wildsvleis
Dagga is te duur!joe rocket wrote:Vat die gas vlam waarmee uncle die doppe aneal met n bietjie dagga. Die vleis is warm gerook.
- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: Warm rook van wildsvleis
Hoesit nou oom oom koop gereeld by my teen R5 n stop vir die arthritis. 
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Warm rook van wildsvleis
Jy klink meer soos die "Anti-Chris". Moet nou nie vir Oom PW in die versoeking ly nie.joe rocket wrote:Hoesit nou oom oom koop gereeld by my teen R5 n stop vir die arthritis.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!