Ek wil graag hoor of enige van julle wat spesifiek Mossbergs besit al probleme ondervind het met hulle;
Ons was die naweek op die skietbaan met 12boor Slugs. Die haelgeweer (wat so 2 jaar oud is en min geskiet is) het skielik begin "jamb" met amper elke skoot
Mens moet soms al jou krag gebruik om die pomp terug te gly.
Hy het ook minstens 3 keer nie die nuwe patroon gegryp uit die magasyn nadat die ou dop uit gegooi is nie??
Dit gaan mos nou glad nie werk in n selfverdedigings situasie nie
Het iemand al dit beleef, en wat het julle gedoen om dit beter/reg te kry? Ek sien n paar sulke gevalle op die internet ook waar ouens kla.
Anders is dit terug geweersmid toe....
