Gesoek - dooie pofadders vir navorsing

Post Reply
hierswolf
Full Member
Full Member
Posts: 112
Joined: Sun Apr 27, 2014 9:55 pm

Gesoek - dooie pofadders vir navorsing

Post by hierswolf »

'n Vriendin van my is besig met haar PhD en doen navorsing op pofadders. Sy het genoeg lewendes maar kort dooies vir van die navorsing.

Soos julle kan in dink, kan sy vir etiese redes nie pofadders aanvaar wat dood gemaak was nie, dus moet hy klaar dood wees wanneer jy hom kry. Geen slange wat .22 gaaitjie het of waar die kop en lyf van mekaar verwyder is nie. ;D

Roadkill is ook goed genoeg.

Sy is bereid om redelik baie moeite te doen om dit te kry so as julle een kry laat weet asb via 'n PM en ons sal plan maak om dit by jou te kry.
User avatar
Heinz Petersen
Hero Member
Hero Member
Posts: 1583
Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm

Re: Gesoek - dooie pofadders vir navorsing

Post by Heinz Petersen »

Hierswolf, waar in die wye wereld is jy. Daar by my in die Tankwa kry ek heelwat van hulle in die langkamp. As jy hulle lewendig wil kry is jy welkom om hulle te kom vang.
Sit jou blyplek se naam by jou avetar. Dit maak dit soveel makliker vir ons manne om jou te kontak.
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
blaser
Hero Member
Hero Member
Posts: 1609
Joined: Mon Nov 08, 2010 1:42 pm

Re: Gesoek - dooie pofadders vir navorsing

Post by blaser »

sy moet die lewendiges vir my bring dan sal sy dooies terug kry
hierswolf
Full Member
Full Member
Posts: 112
Joined: Sun Apr 27, 2014 9:55 pm

Re: Gesoek - dooie pofadders vir navorsing

Post by hierswolf »

Heinz Petersen wrote:Hierswolf, waar in die wye wereld is jy. Daar by my in die Tankwa kry ek heelwat van hulle in die langkamp. As jy hulle lewendig wil kry is jy welkom om hulle te kom vang.
Sit jou blyplek se naam by jou avetar. Dit maak dit soveel makliker vir ons manne om jou te kontak.
Ek is in Joburg wanneer ek werk en op die my plaas buite Kroonstad die res van die tyd.

As jy 'n dooie een teekom laat weet asb.
Klein Chris
Hero Member
Hero Member
Posts: 613
Joined: Wed May 21, 2014 1:47 pm

Re: Gesoek - dooie pofadders vir navorsing

Post by Klein Chris »

:laugh: Begin te lag - laat my terug dink aan die ou in basies wat n dooie pofadder in sy bed gekry het >:D
Skiet bly maar lekker
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Gesoek - dooie pofadders vir navorsing

Post by FHM »

Wag dat die bokkespan terugkeer van hulle toer - vat n piekniekmandjie saam, vat 2 saam!
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Gesoek - dooie pofadders vir navorsing

Post by wlm »

Wat van 'n mens wat hom doodgeskrik het vir 'n pofadder?? Sy kan mos op hom ook navorsing doen.
hierswolf
Full Member
Full Member
Posts: 112
Joined: Sun Apr 27, 2014 9:55 pm

Re: Gesoek - dooie pofadders vir navorsing

Post by hierswolf »

wlm wrote:Wat van 'n mens wat hom doodgeskrik het vir 'n pofadder?? Sy kan mos op hom ook navorsing doen.
Dis nos 'n natuurlike dood, so kan nie sien dat daar 'n etiese probleem sal wees nie...
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Gesoek - dooie pofadders vir navorsing

Post by wlm »

Is waar swaer.
Post Reply