'n GIGGEL OF TWEE OOR WAT KINDERS WEET:

Hou dit skoon en onsuggestief, dit is 'n openbare forum en enige iets wat nie pas nie sal verwyder word.
Post Reply
WILLEBEES
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 370
Joined: Thu Aug 22, 2013 11:54 am

'n GIGGEL OF TWEE OOR WAT KINDERS WEET:

Post by WILLEBEES »

Ek het hierdie raakgelees onlangs...
Priceless!

NAAKTHEID:
Ek en my drie klein seuntjies was eendag op pad winkel toe in die kar, toe die dame in die "convertible"
voor ons ewe skielik opstaan en vir almal waai. Sy het nie 'n draad klere aan gehad nie. Terwyl ek nog
besig was om oor die skok te probeer kom hoor ek my 5-jarige van agter af sê: "Mamma, daai tannie het
nie haar "safety belt" aangehad nie!!"

EERLIKHEID:
My seuntjie het vanoggend heel onsteld uit die badkamer gehardloop gekom en my vertel dat sy
tandeborsel in die toilet beland het. Ek het die tandeborsel versigtig uitgehaal en in die asblik gaan gooi.
Hy het my aangekyk, badkamer toe gehardloop en my tandeborsel gaan haal: "Dan moet ons seker die een
ook weggooi, hy het laasweek in die toilet geval."

OPINIES:
Met haar eerste skooldag het die dogtertjie by die skool opgedaag en vir haar juffrou 'n briefie van haar
ouers af gegee. Die briefie het gelees: "Die kind se opinies is nie nood-wendig die van haar ouers nie."

TAMATIESOUS:
(Die een se einde moet in engels gesê word)
'n Dogtertjie se ma was hard besig om die laaste bietjie tamatiesous uit die bottel te probeer kry, toe
haar selfoon lui. Sy vra toe haar vierjarige om dit te antwoord. "Dis die dominee mamma". "Mommy can't
come to the phone to talk to you right now, she's hitting the bottle."

POLISIE:
Tydens 'n roetine besoek by 'n laerskool het 'n polisieman vertel hoe hy onderbreek is deur 'n 6 jarige
dogtertjie. Sy het hom op en af bekyk en naderhand gesê: "Is jy 'n polisieman?" "Dis reg". "My mamma
het gesê as ek ooit hulp nodig het moet ek julle vra om my te help......" "Wel, my skoen is los, kan jy hom
vasmaak?"

OU MENSE:
Ek het vir 'n organisasie gewerk wat maaltye aan ouetehuise voorsien het. My 5 jarige dogtertjie het
altyd saamgegaan wanneer ek aflewerings gaan doen het, en was altyd baie geïnteresseerd in "ou mens
dinge" , soos rolstoele ens. Een dag toe kry ek haar waar sy na 'n paar vals tande in 'n bakkie water staar.
Ek het myself reggemaak vir duisende vrae. Sy het na my gekyk en gefluister: "Die tandemuis sal dit nooit
glo nie!"

SKOOL:
Na haar eerste week op skool, kom 'n graad eentjie eendag by die huis. "Ek mors net my tyd" het sy vir
haar ma gesê. "Ek kan nie lees nie, ek kan nie skryf nie, en hulle wil my nie toelaat om te praat nie!"
Taurus .357 Magnum 4"
Weatherby Vanguard Sub MOA .300 Win Mag S/S Synthetic
1924 Mauser K98 8x57 JS Standard
Mossberg Maverick 12 Ga P/A

Sola Gratia ~ Deur genade alleen
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: 'n GIGGEL OF TWEE OOR WAT KINDERS WEET:

Post by FHM »

Baie ougat ++>: - dankie vir die deel !
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
Roxette
Newbie
Newbie
Posts: 23
Joined: Fri Nov 11, 2016 4:31 pm

Re: 'n GIGGEL OF TWEE OOR WAT KINDERS WEET:

Post by Roxette »

Hahahahah! Kinders weet alles
User avatar
Philip_R
Hero Member
Hero Member
Posts: 613
Joined: Tue Jul 23, 2013 12:22 pm

Re: 'n GIGGEL OF TWEE OOR WAT KINDERS WEET:

Post by Philip_R »

Vra gisteraand vir my 3 jarige wat soek sy op haar skool broodjie. "Katjie botter" sê sy. Terwyl ek die broodjie smeer vra ek toe of sy weet hoe maak mens katjie botter. Toe begin sy vertel:

"Hulle vang seker 'n kat daar by die mall, daar moet seker katte wees, slag hom af en druk hom in die bottel, dan roer hulle hom met 'n mes en spuit bietjie water in. As hy vrot word is dit katjie botter....."


Sent from my iPad using Tapatalk
As jy nie iets met "Force" regkry nie, Gebruik jy nie genoeg "Force" nie....
Musgrave 375 H&H,
Howa .308 Win
Krico 223 Rem
User avatar
neef
Full Member
Full Member
Posts: 135
Joined: Tue Jul 05, 2016 12:06 pm

Re: 'n GIGGEL OF TWEE OOR WAT KINDERS WEET:

Post by neef »

ja nee die klein mensies se se goed
Deel wat jy weet en jy sal wys word
Ruger Presision 6.5 cm
Sako 308win
Howa 204
Savage 243
coey .22
cz 75 p07 duty
Vektor SP1
Musgrave 12G pomp
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: 'n GIGGEL OF TWEE OOR WAT KINDERS WEET:

Post by ruaanb »

Philip_R wrote:Vra gisteraand vir my 3 jarige wat soek sy op haar skool broodjie. "Katjie botter" sê sy. Terwyl ek die broodjie smeer vra ek toe of sy weet hoe maak mens katjie botter. Toe begin sy vertel:

"Hulle vang seker 'n kat daar by die mall, daar moet seker katte wees, slag hom af en druk hom in die bottel, dan roer hulle hom met 'n mes en spuit bietjie water in. As hy vrot word is dit katjie botter....."


Sent from my iPad using Tapatalk
nou lekker gelag vir die een
Post Reply