Baber Roep
-
Kolhasie
- Hero Member

- Posts: 547
- Joined: Fri Jul 04, 2014 1:29 pm
Baber Roep
Nou ja manne so tyd trug het ek raad gevra oor die roepstok!!
Sooo ek het toe nou my stok gekry! Nou kom die vraag...
Hoe roep ek?
Wat gebruik ek vir aas?
Waar kan n man orals roep? Diep of vlak?
Hoe werk die hele proses?
Groete KH
Sooo ek het toe nou my stok gekry! Nou kom die vraag...
Hoe roep ek?
Wat gebruik ek vir aas?
Waar kan n man orals roep? Diep of vlak?
Hoe werk die hele proses?
Groete KH
- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Re: Baber Roep
Kan iemand vir my asseblief se dat Kolhaas n grap maak hierso...Kolhasie wrote:Nou ja manne so tyd trug het ek raad gevra oor die roepstok!!
Sooo ek het toe nou my stok gekry! Nou kom die vraag...
Hoe roep ek?
Wat gebruik ek vir aas?
Waar kan n man orals roep? Diep of vlak?
Hoe werk die hele proses?
Groete KH
Het vanmelewe nog nooit van 'BABER ROEP' gehoor nie! Rrig !?!
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: Baber Roep
Kyk bietjie hierna:
My ondervinding is dat jy hulle makliker geroep kry waar daar nogal voël aktiwiteite is, soos onder 'n brug waar die Swaeltjies neste bou, of naby rietbosse waar daar heelwat vinkneste is, of onder wilgerbome ook met vinkneste in.
Barbers is oportuniste, en wag by sulke plekke maar jag ook in oop water waar jy bv voerplek gemaak het op kleiner vis.

Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: Baber Roep
Hier's vir jou nog 'n video - as hulle loop, vang jy sakke vol, en dis hope pret.
Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
- Stephan86
- Hero Member

- Posts: 551
- Joined: Thu Feb 26, 2015 10:00 am
Re: Baber Roep
Nee hy maak nie 'n grap nie.
(Sien Jean het my voorgespring, daai videos wys mooi)
Kolhasie ek roep nie met daai metode nie, maar eerder met my vliegstok. EK weet die manne gebruik "pumpkin seed lures".
Soos ek al gesien het laat die manne die lokaas in die water lê en dan druk huldie punt van die stok in die water in en slaan liggies die water met die stok. As die baber dan nader kom sien/voel hy die aas en slaan dit dan.
Jammer weet nie veel meer van dit nie.

.22 LR Webley & Scott Xocet
.243 Win Tikka T3
.308 Win Sako 85
.375 H&H Steyr Mannlicher Mod S.
12 Ga Franchi Affinity
Glock 19
Glock 43X
.243 Win Tikka T3
.308 Win Sako 85
.375 H&H Steyr Mannlicher Mod S.
12 Ga Franchi Affinity
Glock 19
Glock 43X
- SakoTrippel2
- Hero Member

- Posts: 716
- Joined: Sun Jan 11, 2015 5:15 pm
Re: Baber Roep
http://www.sealine.co.za/view_topic.php ... orum_id=64
Ek hoop daai link werk. Dis net so "crash course". Hoop hy help so bietjie.
Groete
Frans
Ek hoop daai link werk. Dis net so "crash course". Hoop hy help so bietjie.
Groete
Frans
Sako 30-06, Sako 308, 2 X Sako 222, Savage LRP 243 Ackley, P.Beretta A300 12ga, Howa 6.5 Creed, Glock 19 G4 9mm, Mini Mauser 22LR, Savage Stevens 410, Rossi 38Sp, LLAMA 22LR Pistool, LM4 223(5.56x45)
- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Re: Baber Roep
Wil jy nou meer - nog nooit gesien nie - dankie vir die videos.
Toe ek nog kanatchi was het ek gesien die groot ome sit in die roeibootjies op die dam en skiet hulle wysvingers in die water dat dit so plons geluid maak - dit was seker ook maar n mamier van roep - dan nie?
Toe ek nog kanatchi was het ek gesien die groot ome sit in die roeibootjies op die dam en skiet hulle wysvingers in die water dat dit so plons geluid maak - dit was seker ook maar n mamier van roep - dan nie?
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Baber Roep
KH, vir my werk 'n "pumpkin seed" rapala of soortgelyk die beste, maar het al lekker sukses gehad met groot loodkoppe met baie vere wat ek sommer self gemaak het. 'n Baber se sig is klaarblyklik nie so goed nie, so iets helder en groot genoeg vir hom om op te tel, gaan goed werk. Die roep is egter meer belangrik as die aas....
Ek weet nie hoe die ander mense dit doen nie, maar ek doen dit gewoonlik onder bome waar daar nessies is wat oor die water hang en ek probeer met die punt van die stok, die geluid en bewegings namaak van 'n voeltjie wat in die water geval het. Dis maar iets wat jy moet oefen, want te min, dan trek jy nie aandag nie en te veel, dan skrik jy hulle af. Ek sal voorstel jy probeer saam met iemand gaan wat dit al gedoen het.

Aim small, miss small
-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: Baber Roep
Presies soos jy daar sê Francois. Dis hoe ek aanvanklik geleer was om hulle te roep, sommer so van die roeibootjie af, en ons het helse goed so gevang. Dis regtig groot pret.FHM wrote:Wil jy nou meer - nog nooit gesien nie - dankie vir die videos.![]()
Toe ek nog kanatchi was het ek gesien die groot ome sit in die roeibootjies op die dam en skiet hulle wysvingers in die water dat dit so plons geluid maak - dit was seker ook maar n mamier van roep - dan nie?
Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4597
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Baber Roep
Ons noem dit weer baber klop. Gebruik korter dik stokke en 30kg+ breekkrag lyn,en lewendige platannas. Ons loop in die strome en kyk waar draai die babers( amper die hele rivier van Bloemhofdam tot hier by Chrsitiana is geskik). Loop tot so 10-15m van die babers af en gooi die padda tussen hulle. Dan pluk pluk jy die aas. Dis ongelooflik hoeveel vors kan so n baber op jou lyn en stok gooi as hy kap. Net n waarskuwing: jy spook maar n rukkie om die baber te wen en die water is maar beperkte sig. So baie keer sien jy eers die monster baber as hy hier teen jou lyf uitkom waar jy halflyf in die water staan. Ek het al gesien waar iemand so n vistok gooi dat hy daar trek. Ek was al self lus en kou die lyn af as ek sien watse ding is nou hier teen my in die water
. Baie mense hier by ons noem die baber jag.
Groot sports
Groot sports
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Baber Roep
Ek doen dit meestal van 'n kano af met 'n kort dik bass stok en briaded lyn. Paar keer al gedink en gaan versuip as ek 'n 20kg baber stoei met daai shaky kano van my....James Wilson wrote:Ons noem dit weer baber klop. Gebruik korter dik stokke en 30kg+ breekkrag lyn,en lewendige platannas. Ons loop in die strome en kyk waar draai die babers( amper die hele rivier van Bloemhofdam tot hier by Chrsitiana is geskik). Loop tot so 10-15m van die babers af en gooi die padda tussen hulle. Dan pluk pluk jy die aas. Dis ongelooflik hoeveel vors kan so n baber op jou lyn en stok gooi as hy kap. Net n waarskuwing: jy spook maar n rukkie om die baber te wen en die water is maar beperkte sig. So baie keer sien jy eers die monster baber as hy hier teen jou lyf uitkom waar jy halflyf in die water staan. Ek het al gesien waar iemand so n vistok gooi dat hy daar trek. Ek was al self lus en kou die lyn af as ek sien watse ding is nou hier teen my in die water. Baie mense hier by ons noem die baber jag.
Groot sports
Aim small, miss small
- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Re: Baber Roep
Eugene wrote:Ek doen dit meestal van 'n kano af met 'n kort dik bass stok en briaded lyn. Paar keer al gedink en gaan versuip as ek 'n 20kg baber stoei met daai shaky kano van my....James Wilson wrote:Ons noem dit weer baber klop. Gebruik korter dik stokke en 30kg+ breekkrag lyn,en lewendige platannas. Ons loop in die strome en kyk waar draai die babers( amper die hele rivier van Bloemhofdam tot hier by Chrsitiana is geskik). Loop tot so 10-15m van die babers af en gooi die padda tussen hulle. Dan pluk pluk jy die aas. Dis ongelooflik hoeveel vors kan so n baber op jou lyn en stok gooi as hy kap. Net n waarskuwing: jy spook maar n rukkie om die baber te wen en die water is maar beperkte sig. So baie keer sien jy eers die monster baber as hy hier teen jou lyf uitkom waar jy halflyf in die water staan. Ek het al gesien waar iemand so n vistok gooi dat hy daar trek. Ek was al self lus en kou die lyn af as ek sien watse ding is nou hier teen my in die water. Baie mense hier by ons noem die baber jag.
Groot sports
Ek het my al k..k gelag vir manne wat so omval as hulle n grote onverwags strike op daai hol planke wat julle Gnoe's noem
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Baber Roep
Dit is soos om teen die wind te loop, jy beur heeltyd in een rigting en as daai baber skielik skiet gee of die hoek skeur uit, lyk dit of jy duik soos jy agteroor neuk in die water in..... 
Aim small, miss small
-
Kolhasie
- Hero Member

- Posts: 547
- Joined: Fri Jul 04, 2014 1:29 pm
Re: Baber Roep
EugeneEugene wrote:KH, vir my werk 'n "pumpkin seed" rapala of soortgelyk die beste, maar het al lekker sukses gehad met groot loodkoppe met baie vere wat ek sommer self gemaak het. 'n Baber se sig is klaarblyklik nie so goed nie, so iets helder en groot genoeg vir hom om op te tel, gaan goed werk. Die roep is egter meer belangrik as die aas....
Ek weet nie hoe die ander mense dit doen nie, maar ek doen dit gewoonlik onder bome waar daar nessies is wat oor die water hang en ek probeer met die punt van die stok, die geluid en bewegings namaak van 'n voeltjie wat in die water geval het. Dis maar iets wat jy moet oefen, want te min, dan trek jy nie aandag nie en te veel, dan skrik jy hulle af. Ek sal voorstel jy probeer saam met iemand gaan wat dit al gedoen het.
Vertel biekie meer van die loodkoppe en vere?
Ek sien dit so....N stukkie lood wat in halwe bal vorm is? en die hoek aan die onderkant (teenaan) die platkant van die halwe bal met die vere wat alles toe maak?
Groete KH
-
Kolhasie
- Hero Member

- Posts: 547
- Joined: Fri Jul 04, 2014 1:29 pm
Re: Baber Roep
Ek het al gehoor daar is niks wat n man so kan laat klop as daai 22kg vis hier teen jou opkom.
dink julle dit sal by bloemhof werk? daar is mos maar geen bome ens nie.
Groete KH
dink julle dit sal by bloemhof werk? daar is mos maar geen bome ens nie.
Groete KH
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4597
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Baber Roep
Bloemhof is nou leeg, en die kos is min. Ek glo jy sal regkom
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
- SakoTrippel2
- Hero Member

- Posts: 716
- Joined: Sun Jan 11, 2015 5:15 pm
Re: Baber Roep
Hier Gaan Ons Alweer het 'n hele episode van Baber Roep gewys, dis by Bloemhof geneem en as ek reg onthou is meer as 50 die dag gevang.
Groete
Frans
Groete
Frans
Sako 30-06, Sako 308, 2 X Sako 222, Savage LRP 243 Ackley, P.Beretta A300 12ga, Howa 6.5 Creed, Glock 19 G4 9mm, Mini Mauser 22LR, Savage Stevens 410, Rossi 38Sp, LLAMA 22LR Pistool, LM4 223(5.56x45)
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Baber Roep
KH, ek het op 'n stadium so "kit" gekoop met klomp ronde loodballetjies van verskillende grootes, wat jy dan om die "shaft" van die hoek vasknyp en dan verf in een of ander kleur. Ek het groot hoeke met 'n langer shaft gekoop en sommer vere by 'n vlieghengel winkel en dit met koperdraad en gom vasgesit op die shaft onder die loodkop om 'n "lyfie" te vorm. Dit het vir my redelik goed gewerk. Maar ek het ook al eendag meer as 15 babers gevang met 'n geel Labelo lipice houertjie se dop, nadat ek my kunsaas toolbox by die huis vergeet het.....
Aim small, miss small
-
Stefan Fourie
- Sr. Member

- Posts: 334
- Joined: Fri Nov 01, 2013 7:28 am
Re: Baber Roep
Baie interessant. My alcohol inname is baie beperk, so daai tipe hengel sal dalk vir my werk. Maar die manne wat hengel baie ernstiger opneem en dit 'n naweeklange proses maak sal 'n ekstra paar hande nodig hê om hulle "konstante-teen-hidreer-medisyne" vas te hou...
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Baber Roep
Nou laat julle my erg terug verlang na 'n paar kinderjare daar in Warrenton wereld. Baie tyd teen daai rivier spandeer.
-
Jjjbay
- Jr. Member

- Posts: 62
- Joined: Wed May 03, 2017 7:24 am
Re: Baber Roep
Ek bly hier by die Impofo dam. Ek gaan dit probeer!
- Trompie
- Hero Member

- Posts: 511
- Joined: Mon Oct 05, 2015 9:19 am
Re: Baber Roep
Die roep is belangriker as die aas. Jy soek iets wat water displace as hy sak. Die babers sal hom raakvat. En hulle vat hard so as jy nie dik lyn op het nie maak jou spoel effe los. Styf genoeg om die hoek te set en los genoeg dat hy kan lyn vat. Ek het 30lb braid op my 1 baitcaster en het al menigte babers op nie strike afgebreek. Daarom gebruik ek eerder mono. Alhoewel 50lb braid of swaarder sal mooi werk. Dis baie exciting so stock maar op op watookal jy besluit om mee te roep. Want jy breek altyd paar goed af as hulle baie aggresief byt.
Pumpkin seeds werk baie goed. Jigs en loodkoppe werk lekker. En dan grubs of brusghogs op loodkop hoek werk ook.
Hou maar die babers in die dam dop. Party skrik vir harde splash.....ander damme kan jy maar splash soos jy wil en hulle vat hom.
Sent from my SM-G920F using Tapatalk

If it heard the shot, I wasn't aiming for it...
- airhunter
- Hero Member

- Posts: 545
- Joined: Sun Apr 30, 2017 6:44 pm
Re: Baber Roep
Sjoe ruaanb
Daai is mooi water. Baie groot karpe ook daar gevang op loodkoppies.
Mastag man hoe verlang ek nou!
Daai is mooi water. Baie groot karpe ook daar gevang op loodkoppies.
Mastag man hoe verlang ek nou!
The trouble ain't that there is too many fools, but that the lightning ain't distributed right.
Mark Twain
Mark Twain
-
FCLoretz
- Hero Member

- Posts: 3043
- Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am
Re: Baber Roep
Het al so baber geroep met die vlieghengel stok. Gebruik 'n vlieg wat deur John Gavin in bloemfoentein onwikkel is. Werk fantasties. Groot pret ook.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
-
Exiled4Life
- Newbie

- Posts: 19
- Joined: Sun Jun 11, 2017 12:36 pm
Re: Baber Roep
Middag, ek gebruik n vlieg stok om te roep werk vir my baie vinniger en ons vang baie in n sessie.Kolhasie wrote:Nou ja manne so tyd trug het ek raad gevra oor die roepstok!!
Sooo ek het toe nou my stok gekry! Nou kom die vraag...
Hoe roep ek?
Wat gebruik ek vir aas?
Waar kan n man orals roep? Diep of vlak?
Hoe werk die hele proses?
Groete KH
9mm Cz 75
30-06 Howa
.22 Slazenger
30-06 Howa
.22 Slazenger