Dagse mense

Nuwe lede, stel jouself gerus voor/
New member, please introduce yourself
Post Reply
OuBees
Newbie
Newbie
Posts: 0
Joined: Tue Nov 15, 2016 11:30 am

Dagse mense

Post by OuBees »

Goeie dag

Baie dankie vir die aanvaarding op die webblad. Ek is van Heidelberg in die Weskaap. My vrou is van opinie dat ek heeltemal tyd en geld aan jag spandeer, maar ek wil effe van haar verskil ;D . Ek jag met n derde generasie ge-erfte 303 en alhoewel ek die teiken is van vele gespot in die javeld wil ek niks anders he nie, dankie ( die vrieskas en die biltongkas is vol)

Sommer met die intrap wil ek n vraag vra aan die manne en manninne wat meer kennis het. Ek soek meer inligting oor die neksteek uitbloei metode. Op die oomblik sny ons nog die keel heeltemal af, maar ek wil die ander uitbloei opsie ook oorweeg.

Groete
User avatar
Boesman10
Hero Member
Hero Member
Posts: 946
Joined: Thu Aug 21, 2014 9:17 am

Re: Dagse mense

Post by Boesman10 »

Welkom OuBees. Die uitbloei gesprek is al verskeie male oor gepraat hier op die forum.
“The Darkest Things about Africa has always been our Ignorance of it” – George Kimble
OuBees
Newbie
Newbie
Posts: 0
Joined: Tue Nov 15, 2016 11:30 am

Re: Dagse mense

Post by OuBees »

Dankie Boesman

Ek sal so bietjie hier deur die topics blaai en soek vir die inligting.
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Dagse mense

Post by FHM »

Dagse Ou Bees en welkom hier onder ons boom.
Hier is so paar onderwerpe wat ek vinnig kon kry rakende besprekinge rondom die keel afsny en ander metodes.
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f= ... ok#p620607
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f= ... ei+van+bok
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f= ... ei+van+bok
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f= ... ei+van+bok

Sien uit najou deelname ;)
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
Post Reply