Nuwe aansluiting
- Roxette
- Newbie

- Posts: 23
- Joined: Fri Nov 11, 2016 4:31 pm
Nuwe aansluiting
Naand almal. Eks n myner van Kathu in die noord kaap. Ek hou van motorfiets ry (op die pad en van die pad af) Ek het ook nog altyd n hartsbegeerte om te gaan jag aangesien ek van jong meisie dae van die buite lug.. braai, visvang, swem en nuwe uitdagings hou! Ek het onlangs my geweer bevoegdheid gedoen maar hak nou vas met watse geweer ek moet koop! My groepering is baie goed so weet net nie wat by my sal pas nie (of hoe hard hy gaan terug skop nie!!) Hoop om baie by almal te leer en die regte besluit te maak!
- Fanta300
- Hero Member

- Posts: 3613
- Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm
Re: Nuwe aansluiting
Naand Roxette en welkom. Jy is op die regte plek om goeie advies te kry
In my opinie (en daar gaan baie opinies volg) kry 'n .308 Howa en sit 'n knaldemper op.
In my opinie (en daar gaan baie opinies volg) kry 'n .308 Howa en sit 'n knaldemper op.
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
- Roxette
- Newbie

- Posts: 23
- Joined: Fri Nov 11, 2016 4:31 pm
Re: Nuwe aansluiting
Ek het al goeie en slegte kommentaar van die Howa gehoor. Sal graag wil hoor wat julle opinies is oor die maak
-
Diesel Dog
- Hero Member

- Posts: 2331
- Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm
Re: Nuwe aansluiting
Welkom Roxette
Bly net weg van n geweer winkel af,wat net 30-06 in voorraad het, en oppas vir n oom wat hom as n koei voorstel want hy gaan n 270 aan jou wil afsmeer .
DD
Bly net weg van n geweer winkel af,wat net 30-06 in voorraad het, en oppas vir n oom wat hom as n koei voorstel want hy gaan n 270 aan jou wil afsmeer .
DD
- Roxette
- Newbie

- Posts: 23
- Joined: Fri Nov 11, 2016 4:31 pm
Re: Nuwe aansluiting
Hahahahaha nee ek het klaar teen die 270 besluit omdat ek vir nou nog net klein goed wil skiet soos springbokkies en sover ek weet maak die 270 baie skade.. vergewe my as ek verkeerd is, ek het nog baie om te leer!
- JJV
- Hero Member

- Posts: 770
- Joined: Fri Oct 02, 2015 7:26 am
Re: Nuwe aansluiting
Welkom Roxette
Wel jy gaan sekerlik nie vir altyd net springbokke wil skiet nie? Dus moet jy nie te klein kaliber koop nie, die .270 is op baie plase die minimum kaliber vir grooter wild. Ek het twee Howas en is baie tevrede met hulle. Jy noem terugskop moet nie te kwaai wees nie, kyk dus gerus na 6.5x55 ook.
JJV
Sent from my iPhone using Tapatalk

- Rudie
- Hero Member

- Posts: 971
- Joined: Thu Dec 26, 2013 12:06 pm
Re: Nuwe aansluiting
Welkom Roxette, met Howa is daar niks fout nie. Daar is bitter baie Howas wat kers vas hou by gewere 3 keer hulle prys.
Jy kan gerus die 6.5x55 met knaldemper op oorweeg. Daar is nie enige van ons vlakte of bosveld bokkies wat nie sal val voor die 6.5mm nie. 120gr vir vlaktes en 140 of selfs 160gr vir bosveld.
As jy na ander fabrikate kyk kan jy gerus die 260 Rem ook oorweeg wat basies die 6.5x55 se ballistiese boetie is.
Sterkte met die eerste geweer koop.
Sent from my SM-G920F using Tapatalk
Jy kan gerus die 6.5x55 met knaldemper op oorweeg. Daar is nie enige van ons vlakte of bosveld bokkies wat nie sal val voor die 6.5mm nie. 120gr vir vlaktes en 140 of selfs 160gr vir bosveld.
As jy na ander fabrikate kyk kan jy gerus die 260 Rem ook oorweeg wat basies die 6.5x55 se ballistiese boetie is.
Sterkte met die eerste geweer koop.
Sent from my SM-G920F using Tapatalk
- Roxette
- Newbie

- Posts: 23
- Joined: Fri Nov 11, 2016 4:31 pm
Re: Nuwe aansluiting
Verseker nie, sal graag eendag my eie koedoe wil skiet! Sal bietjie gaan navorsing doen op die 6.5×55. Na wat se prys klas stel julle voor gaan ek na kyk met die aankoop van n geweer en knaldemper?
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Nuwe aansluiting
Welkom in ons midde.
Ek het wel 'n knaldemper op een van my gewere (Howa 223) maar dit is om jakkalse te skiet. 'n Knaldemper vat wel terugslag weg en beskerm die gehoor, maar dit maak 'n jaggeweer lomp en belemmer die aanle vir vinnige skote - 'n bok in die bos staan nie vir jare stil nie.
Die 6,5 is 'n goeie keuse, maar kyk ook na 'n 7x57/7-08. Hulle kan in ligter en korter loop weergawes verkry word wat baie lekker hanteer vir bosjag. Terugslag is billik en die ligter geweer is beter vir dames omdat hulle nie dieselfde krag in hul bolyf het as wat die gemiddelde man het nie. Gaan na geweerwinkels en toets dit prakties. Hoe langer 'n loop is hoe swaarder en hoe traer is die geweer om van rigting te verander. Hanteerbaarheid was 'n groot pluspunt van ouer gewere met oop visiere - dit het nog groot meriete, vandag ook.

.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
KalahariKlong
- Hero Member

- Posts: 887
- Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am
Re: Nuwe aansluiting
Welkom Roxi. Ek het sommer geweet jy gaan goeie raad hier kry.
Lyk my oom Marius het die selfde gedagte as ek.
Soos ek gesê het kyk, na die Howa in 6.5x55 , 7-08 of 7x57.
Geweer koop is soos trou, jy moet maar van die begin af ingeligte besluite neem
Ek dink jy kan kyk na so R12000 maar dan moet jy nog n teleskoop op sit.
Lekker dag

PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Nuwe aansluiting
Meisiekind, ek kry jou jammer. Jy het jou nou hier in 'n ding begewe wat jou kop so deurmekaar gaan maak soos 'n milkshake.
Sterkte.
Sterkte.
- Roxette
- Newbie

- Posts: 23
- Joined: Fri Nov 11, 2016 4:31 pm
Re: Nuwe aansluiting
Ek stem saam PWV maar ek dink ek sal tripodmvr se raad volg en skietwinkel toe gaan om die gevoel van die gewere te kry as ek met hulle skiet, ek glo dis al hoe ek sal weet watter een ek die beste hanteer! Op die oomlik is ek so opgewonde vir volgende jaar se jag seisoen sal vinnig n besluit moet maak!
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
- Boesman10
- Hero Member

- Posts: 946
- Joined: Thu Aug 21, 2014 9:17 am
Re: Nuwe aansluiting
Welkom op die forum. Sal ook die .308 roete ondersteun
“The Darkest Things about Africa has always been our Ignorance of it” – George Kimble
-
Kolhasie
- Hero Member

- Posts: 547
- Joined: Fri Jul 04, 2014 1:29 pm
Re: Nuwe aansluiting
Welkom.
Sien ons bly in die selfde dorp! Geniet die Forum jy sal verseker reg kom hier!
Groete KH
Sien ons bly in die selfde dorp! Geniet die Forum jy sal verseker reg kom hier!
Groete KH
- Jay Jay
- Full Member

- Posts: 199
- Joined: Wed Jun 10, 2015 3:55 pm
Re: Nuwe aansluiting
Hi Roxette, baie welkom. 308 Howa
Johan
.22 CZ Varmint Evolution
.357 Mag Ruger
.308 Win Howa
6.5 Creedmoor Howa
CZ 9mm Shadow 1
.223 Anderson AR
12G Franchi Affinity
The best thing about memories is making them.
.22 CZ Varmint Evolution
.357 Mag Ruger
.308 Win Howa
6.5 Creedmoor Howa
CZ 9mm Shadow 1
.223 Anderson AR
12G Franchi Affinity
The best thing about memories is making them.
- Aceofspades
- Hero Member

- Posts: 598
- Joined: Sat Sep 20, 2014 8:59 pm
Re: Nuwe aansluiting
Welkom hier. Miskien moet jy noem waarmee jy al geskiet het en of jy gemaklik was met die spesifieke kalibers. Dan kan mens peil watter kalibers redelik jn jou gemaksone val.
Sent from my SM-T116 using Tapatalk
Sent from my SM-T116 using Tapatalk
- 243Songdaug
- Hero Member

- Posts: 1713
- Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm
Re: Nuwe aansluiting
Baie welkom Roxette
Kom kuier gerus - eks op jou tuisdorp. Ek PM jou my sel nommer.
Vriendelike groete
Jaco Goosen
Kom kuier gerus - eks op jou tuisdorp. Ek PM jou my sel nommer.
Vriendelike groete
Jaco Goosen
- Toyrsi
- Hero Member

- Posts: 990
- Joined: Fri Jul 03, 2015 5:29 pm
Re: Nuwe aansluiting
Welkom Roxette.
Soos jy kan sien is hier n paar manne van Kathu op die forum.
Ek sal se gaan vir die 20" Howa 308.
Jy kan omtrend alles met hom skiet en die korter loop maak hom maklik om te hanteer en nie te swaar nie.
Sit dan n Hunt buddy Silincer op by 243Songdaug en jy is gesort.
Jy is welkom om enige vrae te vrae.
Jacques

YOU WEREN'T BORN TO JUST PAY BILLS AND DIE!
Jacques Esterhuyzen
Jacques Esterhuyzen
- Roxette
- Newbie

- Posts: 23
- Joined: Fri Nov 11, 2016 4:31 pm
Re: Nuwe aansluiting
Het my so goeie 2 dae besig gehou met die link! ek verstaan nou beter hoekom hulle se die .308 is n meer all rounder maar glo ek sal moet self skiet om n besluit te maak. Het vir my n afspraakie gemaak met die .308 op die skietbaanruaanb wrote:lekker lees
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?t=47646
ek is definitief nogsteeds teen die 270 nie omdat dit n slegte geweer is nie maar sal eeder nog n bietjie klou aan die gedagte van n 6.5x55 (ek dink hy het klaar my hart gesteel)
- Roxette
- Newbie

- Posts: 23
- Joined: Fri Nov 11, 2016 4:31 pm
Re: Nuwe aansluiting
Baie dankie vir al die welkom boodskappe!
Ek sien ek gaan definitief nie verveeld raak by die skietbaan nie, hier is heeltemal te veel kathuters op die forum!
Ek sien uit om julle almal beter te leer ken!
Ek sien ek gaan definitief nie verveeld raak by die skietbaan nie, hier is heeltemal te veel kathuters op die forum!
Ek sien uit om julle almal beter te leer ken!
- Konrad308
- Full Member

- Posts: 210
- Joined: Mon Feb 15, 2016 12:07 pm
Re: Nuwe aansluiting
Baie welkom. Ek besit nie 'n 6.5mm nie maar wel .223, 243, .308, 30-06, 30-30 en .375 en stel voor jy oorweeg 'n howa in .308. Dit is 'n baie lekker geweer en terug skop is baie min as jy n knaldemper op sit. My seun van 7 skiet met my .308 sonder te veel ongemak. Met 'n howa in 308 kan jy klippe ook laai en hy sal onder 'n duim groepeer.
Sent from my SM-G930F using Tapatalk
Sent from my SM-G930F using Tapatalk
22 Beretta Mod 70
22 Brno Mod 2E
223 Rem Sako A1
6mm Dasher Winchester Mod 70
6.5 x 47 Lapua Howa
308 Win Musgrave RSA
300WSM Tikka T3 Varmint
30-06 Spring Howa
375 Ruger Howa
Pointer 12 Guage Semi-Auto
9mm CZ 75 P-07 Duty
Ruger Super Blackhawk 44Mag
22 Brno Mod 2E
223 Rem Sako A1
6mm Dasher Winchester Mod 70
6.5 x 47 Lapua Howa
308 Win Musgrave RSA
300WSM Tikka T3 Varmint
30-06 Spring Howa
375 Ruger Howa
Pointer 12 Guage Semi-Auto
9mm CZ 75 P-07 Duty
Ruger Super Blackhawk 44Mag
- neef
- Full Member

- Posts: 135
- Joined: Tue Jul 05, 2016 12:06 pm
Re: Nuwe aansluiting
welkom Roxette. het n 308 howa met n knaldemper my dogter wil met niks anders skiet nie, gebruik kriek koele wat wrywing groewe het so daar is so te se niks terugskop nie, vir waarde vir geld en all rounder sal ek nie iets anders voorstel nie,
maar ek is mal oor 6.5 creedmoor dit is n 308 wat regtig raak skiet.
reguit skote vir jou
groete
Neef
maar ek is mal oor 6.5 creedmoor dit is n 308 wat regtig raak skiet.
reguit skote vir jou
groete
Neef
Deel wat jy weet en jy sal wys word
Ruger Presision 6.5 cm
Sako 308win
Howa 204
Savage 243
coey .22
cz 75 p07 duty
Vektor SP1
Musgrave 12G pomp
Ruger Presision 6.5 cm
Sako 308win
Howa 204
Savage 243
coey .22
cz 75 p07 duty
Vektor SP1
Musgrave 12G pomp
-
KalahariKlong
- Hero Member

- Posts: 887
- Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am
Re: Nuwe aansluiting
Eks nogal verras om te sien hoe baie 'n 308 verkies as all rounder vir 'n vrou.
Dalk trap ek nou op tone maar hoekom 'n 308 as iets soos bv 'n 7-08 vir ons nou beskikbaar is?
Koeels was altyd 'n problem vir ons met kalibers soos bv die 6.5's, maar deesdae is die opsies amper net so veel soos die van die 7mm's. Die 6.5x55 is volgens my 'n uitstekende "een geweer" oplossing. Die verskeidenheid van koeel 85gn tot 160gn is seker een van die veelsydigste kalibers beskikbaar.
Dan is daar ook opsies soos die 6.5 creed, 7x57 en 7x64 wat ek eerder sou aanbeveel.
Groete
KK