More manne,
Ek dag ek sit bietjie 'n onderwerp op en hoor julle menings?
Hoe groot rol behoort iets soos sentiment te speel met 'n man se gewere en hoe mens jou "battery" bou? Ek het 'n erfstukkie of twee, 'n persent geweer van 'n goeie geweer pel en 'n baie skaars model waaroor ek spesifiek wonder? Vanwee die sentiment gebruik ek hulle nie en hulle is almal uniek en spesiaal op hulle eie manier. Die drie is genoeg werd om een netjiese nuwe geweer te koop. Maar die vraag is hoe gesond is die rol van sentiment met sulke gewere wat nie veel gebruik word nie en ook tot duplisering met kalibers kan lei? Ek het myself nou al dronk redeneer...... Meer is natuurlik beter maar mens wil ok nie he wat in die kas staan en nie gebruik word nie (of dalk afgevat word nie?).
Sal graag julle mening hoor..........
Sentiment en gewere
-
Sako75
- Hero Member

- Posts: 1218
- Joined: Wed Oct 14, 2009 7:50 pm
Sentiment en gewere
Last edited by Sako75 on Sat Apr 30, 2011 12:14 pm, edited 1 time in total.
.22H Sako P74, .222 Sako L46, .222 Sako 75 Varmint, .223 Sako Super Deluxe, .243 Sako 75 Varmint, .243 Sako 85 SS Var Lam, 260 Sako TRG (bestel), 7x64 Sako 75 Hunter, 300 WM Sako Safari, 9.3x74mm Tikka, 9.3x62 Sako 75 Deluxe
-
Biltongjagter
Re: Sentiment en gewere
Sentiment is iets wat hom nie laat voorskryf deur vaste re?ls of definitiewe moets en moenies nie!
Vir een ou sal daai erfstuk geweer iets wees waaraan hy vir lewe en dood sal klou en selfs voor sal baklei.
Die volgende ou sal sy erf geweer sonder om twee keer te dink in kontant omskep of ruil vir iets anders wat hy baie eerder sal wil h? en sy sentiment op di? voorwerp oordra.
So moet elke man maar vir homself besluit wat vir hom belangrik is, binne sy verwagtinge pas en/of heersende wette, ens. en dan daarvolgens sy sentimente koester of vaarwel toeroep.
Nogtans is dit hanteerbaar - was so in my geval.
Ek het 'n geweer ge?rf wat alles flenters geskiet het en het die ding gehaat. Was dit nie vir die sentiment aan hom verbonde nie, was hy lankal verkoop.
Maar juis daardie selfde sentiment het tot gevolg gehad dat ek aanhou soek het totdat ek die probleem van flenters skiet opgelos het en juis dit het 'n nuwe w?reld vir my oopgemaak.
Dieselfde gehate geweer is nou my liefling geweer en die sentiment klou nou eers dik hom!

- baboonstalker
- Hero Member

- Posts: 692
- Joined: Wed Aug 25, 2010 8:37 pm
Re: Sentiment en gewere
Ek is ook maar 'n sentimentele drommel en sal nie sommer een van daardie gewere verkoop nie. Ek glo egter dat gewere geskiet moet word en dat jou kinders net eendag sentiment daaraan sal heg as jy dit self gebruik en geniet het. As hulle eendag oorle pa se kluis oopmaak en oer oupagrootjie se Mauser, Martini-Henry of Krag-Jorgenson uit die kas trek, en dit lyk nie eers naastenby bekend nie, is hy gou-gou vol gate geboor en vasgesweis, of selfs op die SAPS se brandstapel.
As hulle terugdink aan die reuk van kruit en geweerolie en onthou hoe jy daarmee geskiet en dit weer sorgvuldig skoongemaak het voor jy dit ge b?re het, sal hulle baklei om dit ook eendag te kan aangee na hulle kinders.
net my R10