Enige Spyderco fans?

Enige iets tov messe.
Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 2111
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Enige Spyderco fans?

Post by Supacow »

Of deel jul ander brandlove hier
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: Enige Spydercofans?

Post by alecjohnson »

Leatherman vir elkedag dra, victorinox in kombuis, Grünter slag hier en daar 'n ander mes maar min....
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Enige Spydercofans?

Post by Stefan764 »

Wou nogals so drie of wat dae terug dieselfde vraag vra hehe.

Jip, ek is ook n Spyderco man. Oom Maurie my geleer van die messe en toe ek die eerste keer sien hoe n knipmes n blesbok se borsbeen met een hou oopruk my ook een aangeskaf.

Ek dra die Delica 4 met die Emerson gaatjie in

Groete
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
Johan JvR
Hero Member
Hero Member
Posts: 617
Joined: Mon May 16, 2011 10:06 am

Re: Enige Spydercofans?

Post by Johan JvR »

Ek het onlangs vir my 'n spyderco mule in maxamet staal aangeskaf.

Probeer nou my bes om hom stomp te kry.
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1486
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: Enige Spydercofans?

Post by Eduard Venter »

My gunsteling elke dag dra mes sover was my Kershaw clash maar eendag sal ek seker upgrade na 'n spyderco toe. Die goed is net vrek duur!

Sent from my LG-H735 using Tapatalk
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Enige Spydercofans?

Post by Stefan764 »

En hulle raak net duurder
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
JTM
Hero Member
Hero Member
Posts: 1691
Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am

Re: Enige Spydercofans?

Post by JTM »

Ek is mal oor Spyderco, maar haat die prys. My Buck moet maar diens doen. Die biltong wat dit kerf smaak net soos daai wat die Spyderco kerf.

Ek het onlangs verneem dat daardie ronde duimgat in die Spyderco lem gepatenteer is deur hulle. Dus moet ander vervaardigers maar ander forms kies vir hulle gate.
Jannie Welman
Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 2111
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Re: Enige Spydercofans?

Post by Supacow »

Die Muil lyk nogal stout. Waar skaf man hom aan? Koste?
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1240
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: Enige Spydercofans?

Post by spekieries »

Ander brand wat ek van hou is Ontario RAT van AUS 8 staal. Waarde vir geld is Opinel se vleklose staal reeks van 12c27 Sandvik staal. Eenvoudig, lig en slag soos 'n droom.
Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 2111
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Re: Enige Spydercofans?

Post by Supacow »

Stem met daai Opinel waarde
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13644
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Enige Spydercofans?

Post by Geno »

Ek het nogal gedink om te spaar vir 'n Spyderco na ek die een gesien het wat Gé se vrou hom vir sy verjaardag gegee het.
Maar toe loop ek vandag in 'n genuine Emerson Super Commander vas vir 1/13de van die normale prys in Cash Converters...
Goed, beter, 6millimeter!
Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 2111
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Re: Enige Spydercofans?

Post by Supacow »

Watter een het G?
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13644
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Enige Spydercofans?

Post by Geno »

Supacow wrote:Watter een het G?
Ek dink syne is die Endura 4.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1240
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: Enige Spydercofans?

Post by spekieries »

Verstaan my nie verkeerd nie, Spyderco is baie ordentlike messe. Die verskil tussen al die messe op die mark is maar die lemstaal en dan die afwerking. Geno van watse staal is die Emerson gemaak?
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13644
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Enige Spydercofans?

Post by Geno »

Die een wat ek gekoop het is as volg:

Handles
Black G-10 epoxy / glass laminate

Lock
Aerospace grade Titanium

Blade
154 CM

Finish
Black

Grind
Conventional V Grind
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1240
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: Enige Spydercofans?

Post by spekieries »

Jo- ma- we, het jy gesien wat kos daai Emerson nuut. Ek sien dit is 154 cm wat baie goeie staal is. Dit was die bargain van 'n leeftyd, wat het jy betaal?
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13644
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Enige Spydercofans?

Post by Geno »

spekieries wrote:Dit was die bargain van 'n leeftyd, wat het jy betaal?
Verseker!
Ek het die mes vanoggend daar gesien toe ek 'n Dremel tool gesoek het en notas gemaak van hoe alles lyk op hom. Ek is huistoe, waar ek navorsing gedoen het oor fakes vs. regte Emersons. Na ek tevrede was dat ek die regte een gekry het, het ek terug gegaan en hom gaan koop. Die mes het so bietjie gewerk al, maar dis niks wat 'n goeie strip en deurgaan nie kan uitsort nie. Die lem is nog baie mooi.
WhatsApp Image 2016-11-08 at 15.26.23.jpeg
WhatsApp Image 2016-11-08 at 15.25.15.jpeg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1240
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: Enige Spydercofans?

Post by spekieries »

Nee blikskottel party manne het al die geluk. Baie geluk dit is 'n kwaliteit lem daardie.
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: Enige Spydercofans?

Post by Pappabeer »

Die Emerson Commander is n bul van n mes. So ook die Coldsteel AK-47 reeks.

Spyderco maak goeie messe. Ek het wel al twee Spyderco Rescue 93mm messe gebreek, maar tot hulle krediet het hulle beide vervang. Ek is nou op nommer 3. Ek wissel n Military titanium en Tenacious met G-10 af vir elke dag dra. Die tenacious se 8CR13 staal is glad nie vergelykbaar met die S30V van die Military nie, maar reflekteer ook so in prys.

Ek het nog n G-10 Police en n paar ander Spydercos wat rondlê wat ek nog nie werklik gebruik het nie. Die Military is beslis die mes wat die hardste kan werk wat ek nog het.
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8009
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Enige Spydercofans?

Post by Arnold »

Ek hou nogal van Spyderco
User avatar
Johan JvR
Hero Member
Hero Member
Posts: 617
Joined: Mon May 16, 2011 10:06 am

Re: Enige Spydercofans?

Post by Johan JvR »

Supacow wrote:Die Muil lyk nogal stout. Waar skaf man hom aan? Koste?
Jong ek moes maar hoes en by Spyderco direk bestel. Maar dit was die moeite werd. Die handvatseltjies kom van Halpern titanium af.
User avatar
Dries101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1422
Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm

Re: Enige Spydercofans?

Post by Dries101 »

Dra n Paramil 1 al vir die laaste 10 jaar- so veel so dat ek my CR sebenza verkoop het. As ek fancy voel dan klim my Skellern ex in die sak. Maar dit gebeur min.


Sent from my iPhone using Tapatalk
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Enige Spydercofans?

Post by wlm »

Ek het een gekoop omdat ek gehoor het dat Spyderco so 'n bul van 'n mes is. Moet se^ my Opinel skop sy gat van Maandag tot Sondag. Net so skerp, beter "ergonomics" en die houthandvatsel skeur nie my sak se voering nie.
Ek het nog nie die vlekvrye staal Opinel getoets nie want ek vrek oor 'n koolstofstaallem.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8009
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Enige Spydercofans?

Post by Arnold »

Indien iemand belangstel ek het n nuwe Endura 4 te koop en gaan moontlik my gebruikte Delica 4 ook van die hand sit ...
Broadbandboer

Re: Enige Spydercofans?

Post by Broadbandboer »

As die Spinnekop jou byt is dit verby. Ek edc 'n civillian met 'n boere plan "emerson zip tie." Hy het nog niks gesny nie. Maar ek vertrou dat die dag as ek hom nodig kry hy uitstekend gaan werk.

//uploads.tapatalk-cdn.com/20161108/4933515756455f85271468079f8d464b.jpg

My plaasmes waarmee ek sny en in die grond vroetel om te sien of die mielies ontkiem is 'n tenacious. Ek het nou nie so groot bargain soos Geno gekry nie maar ek het R750 vir hom betaal met leer belt sakkie. Ek is nie jammer vir hom nie en na die lansky en leer strop is hy skeerskerp. Die staal is volgens die manne wat weet nou nie die heel beste nie maar hy bly maklik 3 keer langer skerp as die buck wat hy vervang het.

As julle tyd het gaan loer na die Spyderco Farid Mehr K2. Dit is 'n meneer.

Ek het ook op 'n ou afgekom wat messe direk verkoop. Sy pryse en diens is baie beter as die winkels sin. As julle belangstel pm my dan gee ek julle sy nommer.


Sent from my iPhone using Tapatalk
Post Reply