CMH Super Sling - Toerusting oorsig vir veldskiet

Post Reply
Carel Maritz
Full Member
Full Member
Posts: 170
Joined: Mon May 06, 2013 9:11 am

CMH Super Sling - Toerusting oorsig vir veldskiet

Post by Carel Maritz »

Dagsê mede skuts,

Ek deel graag met julle my ondervinding met CMH se nuwe Super Sling. Hier is heelwat bande onder die veldskiet manne in gebruik vandag. Enkeles van hulle bring werklik iets nuut tot die sport, ek dink wel dat Herme’e by CMH dit wel reggekry het.
Ek gebruik n band ondermeer wanneer ons by n baan moet vryhand lê en skiet. Ons sit baie tyd en energie in die vooraf bepaling op verstellings sodat jy weet waarop om jou band te stel om n gemaklike skiethouding te kan inneem wanneer die aflos begin. Gewoonlik doen ons dit op n skietbaan waar alles mooi gelyk is, dan ruk die organiseerders n haas uit die hoed en stel bv n baan op waar jy teen n taamlike opwaardse helling moet skiet, onderandere by hierdie jaar se Wereldskiet in Windhoek was daar so n gong baan. Julle kan glo dat jou verstellings dan heeltemal anders is en die meerderheid van die bande dit nie dan sommer net toelaat dat jy vinnige veranderings kan maak nie. In die aard vd saak kom jy eers agter daar is n fout wanneer jy gaan lê het en die fluitjie&tyd alreeds begin het.

Hier treë die Super Sling dan in, tussen jou voorste hand, en die lus waarin jou arm kom is n tiepe tie-down strap se gespe. Die idée is dat sou jy meer hoogte benodig jy die band deur middel van die gespe korter maak, so ook indien jy minder benodig of n laer houding wil inneem kan jy deur middel van die gespe skiet gee om die band langer te maak. Die konsep werk!

Met my staan en skiet gebruik ek ook n band en met die gespe kan ek lekker in my band inklim terwyl hy verslap/lekker lank is, wat baie eenvoudiger is as die ander waarmee ek al tedoen gehad het, dan trek ek eenvoudig die gespe om die band genoegsaam te verkort sodat ek gemaklik staan.

Herme’e is ook oop vir spesiale versoeke, die oorspronklike band trek soos n glytou om jou arm vas. Ek lê baie hard in op my band en dus trek daai lus al stywer. Herme het vir my n stopper gemaak wat ek dan insit waar ek goed dink (ekt hom al geskuif ook, baie eenvoudig), sodat daai lus nie bly stywer trek nie. Ek glo hy sal dit vir enige iemand doen. So ook hou ek daarvan om my voorste hand in n lust te sit, in plaas van tussen my band en my geweer, soos vrooer genoem lê ek baie hard in en as my hand in n lus is is die spanning in die band, sodra ek my hand tussen die geweer en die band het trek ek my geweer af en kry ek lae skote. Dit ook het Herme vir my verander deur n verstelbare lus aan die voorkant te sit.

Laastens, kwaliteit en naverkoopdiens, hierdie is een van die beste gemaakte bande wat ek al teë gekom het. Die komponente is van n baie hoë gehalte en is onbetwyfeld duursaam. Elke gesprek met Herme was lekker, en was altyd oop vir my voorstelle.
Doen julself n guns en kry een in die hande. Julle sal nie spyt wees nie. Indien enige iemand fotos soek wat ek bedoel sal ek met liefde dit post.
Groete!
C
User avatar
Jaco v Zyl
Hero Member
Hero Member
Posts: 729
Joined: Wed Apr 01, 2015 4:39 pm

Re: CMH Super Sling - Toerusting oorsig vir veldskiet

Post by Jaco v Zyl »

Ek het ook n super sling,en is hoogs tevrede, en soos Carel se,diens van CMH is uitstekend.
Jaco
User avatar
Gideon S
Full Member
Full Member
Posts: 207
Joined: Tue Jun 23, 2015 2:40 pm

Re: CMH Super Sling - Toerusting oorsig vir veldskiet

Post by Gideon S »

Ek stem ook heelhartig saam met Carel en Jaco.... die Supersling is 'n uitstekende produk en Herme en Rinda se diens is van die heel beste!
Sako85 300WSM, TikkaT3 260Rem, TikkaT3 260Rem, TikkaCTR 6.5CM, TikkaCTR 308Win, TikkaT3x 223Rem, Win22-250Rem,Howa6.5Creed, Howa6.5 Grendel, Howa204Ruger, Miroku 12Ga, Zabala 12Ga, Obendorff Mauser 22lr, Glock17, Glock26, AirArmsS510 #2 x2, CZ 200S .177
User avatar
CalMul
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 274
Joined: Sun Aug 10, 2014 11:24 pm

Re: CMH Super Sling - Toerusting oorsig vir veldskiet

Post by CalMul »

Ek self gebruik ook een van hierdie bande, en hy werk, baie goed.
En soos genoem, die kwaliteit is regtig baie hoë gehalte.
User avatar
phb
Full Member
Full Member
Posts: 105
Joined: Fri Mar 28, 2014 2:05 pm

Re: CMH Super Sling - Toerusting oorsig vir veldskiet

Post by phb »

Hallo, Waar kan mens die Sling koop? Wat prys hulle?
User avatar
Gian_dP
Hero Member
Hero Member
Posts: 1617
Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm

Re: CMH Super Sling - Toerusting oorsig vir veldskiet

Post by Gian_dP »

phb wrote:Hallo, Waar kan mens die Sling koop? Wat prys hulle?
Cmhprecision.co.za

S&O hou dit ook aan. R950 as ek reg onthou.
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: CMH Super Sling - Toerusting oorsig vir veldskiet

Post by PWV »

Weet julle van Piet Breed se geweerband? Doen so bietjie meer navorsing hieroor en jy gaan dalk baie minder betaal.
Baie lede het sy band. Erens op Jaracal is ook 'n demonstrasie deur Piet.
Post Reply