Herlaaier spesialis gesoek!!!

Post Reply
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Herlaaier spesialis gesoek!!!

Post by James Wilson »

ek gee hiermee amptelik boedel oor. ek kom vandag vir die soveelste keer van die baan af, en ek kan bloot nie my geweer se groepering met rak ammo dupliseer nie.  my geweer is n pasmaak 300H&H met n 6.5 -20 x 50 vortex viper. die geweer skiet met 180grn PMP Pro Amm rak ammo n groep van 11mm teen 3030f/s. dit is sy beste groep  nog, gewoonlik is n groep van so 15mm  met die PMP's algemeen.die geweer het n "klein" kamer en dus omtrent geen jump nie, maw die geweer behoort maklik goed te groep. die huidige rekord vir die jaar op PMP ammo vir die 300H&H  op die PMP groepering skiet is maar 18mm.(myne, skiet met dieslfde ammo 11mm).  my probleem is ek kry eenvoudig net gladnie minder as 19mm(2900f/s) met herlaaide ammo nie. ek het al almal se  raad gevra, en ek het al van die mees wyse raad tot die mees belaglikste raad gevolg, maar my beste met herlaaide ammo is 19mm op 100m. en dan vat dit ook maar baie moeite om 19mm te haal.

ek is nie eers amper skaam om te se ek het nie meer raad nie, al wat ek weet is dat die geweer reg is, omdat hy baie goeie groeppe skiet met rak ammo.( ek kry 15mm op ou Whinchester super X rak ammo) so die probleem le by die herlaai. en soos reeds gese daar het ek al alles probeer.

so hier is my vraag:   is daar iewers iemand wat glo hy sal vir my kan wys hoe moet die geweer gelaai word en met watter lading en koel gewig?  as daar so iemand is moet hy my asb n kwotasie gee, sodat ek dit ernstig kan oorweeg. as jy dit nie hier wild doen nie, stuur my dan asb n boodskap.  as jy vir n ruk die geweer wil he of een of ander voorwaarde stel, wees verseker ek is NOU oop vir enige voorstel.  MAAR die str@nt moet nou einde kry. dit is net n dwaas wat nie wil erken as hy sy eie vermoe, se einde bereik het nie.en  ek het die einde van my kennis bereik!!!

enige voorstelle asb!!
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Rfourie
Full Member
Full Member
Posts: 135
Joined: Sun Dec 05, 2010 10:52 pm

Re: Herlaaier spesialis gesoek!!!

Post by Rfourie »

Stuur my n mail.....rfourie375@gmail.com
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: Herlaaier spesialis gesoek!!!

Post by 243Songdaug »

Jagbehep.

Sal jou graag wil help, maar ek weet sommer ek en jy sit weer 100de kilometers van mekaar af.  

Begin eers deur te s? in watter omgewing jy is - dan kan die kenners in jou omgewing jou kontak.

Groete.
Songdaug
Dont tell me, show me......
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Herlaaier spesialis gesoek!!!

Post by James Wilson »

smk, mail gestuur.

243Songdaug,  ek is in Christiana maar ek sal ver ry as dit sal help.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
pietjacobs
Hero Member
Hero Member
Posts: 522
Joined: Mon Sep 27, 2010 1:23 pm

Re: Herlaaier spesialis gesoek!!!

Post by pietjacobs »

Hi Jagbehep,

Dom vraag seker, mar het vir my gewerk in die begin.

Het jy al probeer om die PMP na te boots, bdoeling te laai met dieslefde TPL, kruit, punt ens en dan kry jy dieslefde groepering as die gekoopte ammo? Dan weet jy jou herlaai metodes makeer niks  8)

EK het ook so gesukkel laas jaar. Het ook nie geweet waar om eers te begin todat iemand op die baan eendag vir my gese het ek moet probeer om die gekoopte ammo na te boots en te kyk of ek dieselfde resultate kry. Een van my probleeme was die doppe en die TPL. Pro Amm wou nooit groepeer in my geweer maar die gewone bruin pakkie PMP het mooi geloop. Toe kom ek agter die Pro amm het 'n baie langer TPL as die gewone, dus hou my geweer van 'n groter jump. Ek het toe al my punte dieper geseat, omtrent nog 3mm, en dit het al klaar beter gegaan.

Vandag skiet ek 'n 20c groepering op 100m met daai .270, BAIE HAPPY  ;D

Dis my 2c

Groete,
Piet
.22, 223Rem, .270Win, 9mm Short
Jaco Bezuidenhout
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 293
Joined: Tue Dec 09, 2008 1:39 pm

Re: Herlaaier spesialis gesoek!!!

Post by Jaco Bezuidenhout »

James

Try ander dies..dalk werk dit. Het my al oor gekom. Hy moet beter met herlaaide ammo.

Jaco
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Herlaaier spesialis gesoek!!!

Post by James Wilson »

pietjacobs wrote: Hi Jagbehep,

Dom vraag seker, mar het vir my gewerk in die begin.

Het jy al probeer om die PMP na te boots, bdoeling te laai met dieslefde TPL, kruit, punt ens en dan kry jy dieslefde groepering as die gekoopte ammo? Dan weet jy jou herlaai metodes makeer niks  8)


Groete,
Piet
piet, hier begin my lang storie. jou voorstel maak verseker sin. maar ek het dit al probeer. die probleem is dat PMP laai nie met Somchem kruit nie, en die gekoopte PMP pro amm punte verskil van die PMP pro amm rak ammo se punte. ek het die punte getrek en gesien die lengte en die ogief verskil. hoekom doen pmp dit? hulle eie produkte verskil.

Rooikat, ek gaan ander dies soek, ek sal nou enige iets probeer.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Herlaaier spesialis gesoek!!!

Post by Hein M. »

Iets van daardie fabriekspatroon is 'n wenner.  Gebruik die specs van die "goeie" fabriekspatroon en vergelyk dit met jou reloads.  Kyk waar die grootste verskille is en verkry so 'n prentjie van dit waarvan jou geweer hou.  Elke geweer is absoluut uniek en hou dus van unieke ammo.

Sien dit as 'n uitdaging!

Hein M
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Herlaaier spesialis gesoek!!!

Post by Christo »

Ek dink, en sal seker verkeerd wees, dat as jy dieselfde spoed kry dit nie verskli sal maak of jy PMP of Somchem kruit gebruik om na te boots nie.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Herlaaier spesialis gesoek!!!

Post by James Wilson »

dis die ding ek laai PMP punte met pmp doppe en dan laai ek mak of maks + .5, om sodoende dieselfde spoed te kry. om dieselfde spoed te kry is maklik, maar die groep is dan so 45mm
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Jaco Swart
Hero Member
Hero Member
Posts: 804
Joined: Tue Feb 16, 2010 1:50 pm

Re: Herlaaier spesialis gesoek!!!

Post by Jaco Swart »

Jagbeheb.

Ek het vroeer met Wouter gesels. Ek wil he ons moet n naweek reel en op n plaas bymekaar kom en net lekker kuier en dan stories en raad rondom herlaai uitruil.

Dit is n manier om mekaar te leer ken en ook iets te leer. Daar is baie kennis op die forum en die manne gee dit verniet weg, ons moet net by mekaar uitkom.

Ons sal kyk vir datums ens en almal verwittig.

Groetnis
JACO SWART
Rustenburg
Noord-Wes
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7551
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Herlaaier spesialis gesoek!!!

Post by Wouter Roets »

James

Gee hierdie node program n kans. Gee bietjie die volgende inligting en ek waarborg jou ons sal daai geweer wen!
Looplengte
Dopkapasiteit van n gevuurvormde dop
Doplengte
Koeel
Primer
TPL na die lands
Magesynlengte
Kryt

As jy kan gee asb bietjie spoed wat jy gekry het met hierdie kombinasie sodat ek QL kan kalibreer.

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Herlaaier spesialis gesoek!!!

Post by James Wilson »

Jaco, ek is in by daai naweek ouik gedagte. wouter, dankie vir die raad gaan vir jou info stuur.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: Herlaaier spesialis gesoek!!!

Post by 243Songdaug »

Jagbehep.

Bly om te sien ons sit toe nie te veel honderde kilo's van mekaar af nie - ek is op Kathu.  As jy regtig nie regkom nie, laat weet my gerus - dan reels ons 'n naweek en dan kom kuier jy vir my.  Tussen die 2 van ons sal ons die 300 uitgesort kry.

Het nog net 1 geweer raakgeloop wat my ore aangesit het en dit was 'n 243 Musgrave op 'n RSA2000 aksie - na weke se gesukel het ek die loop laat inspekteur en my oorspronklike diagnose dat die loop nie reg is nie is bevestig.  Loop is vervang en die betrokke 243 skiet tans subkaliber groeperings.

Groete.
Jaco
Dont tell me, show me......
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Herlaaier spesialis gesoek!!!

Post by James Wilson »

sjoe, Katu, ek gaan van die 18/05 op Lime Acres jag.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: Herlaaier spesialis gesoek!!!

Post by 243Songdaug »

Jagbehep - ek hoop jy stem eers voor jy loop jag?

Ek en my 2 pa's beplan hoeka om die 18de die oggend voordag voor die stemlokaal te staan en vroeg al in die pad te wees Vrystaat toe.  Sal maar ons camo's in die tasse moet los - netnou kry die arme mal-emmer ondersteuners 'n hartaanval as die boere in camo's en gewapen by die stemlokaal opdaag!!!

By wie loop jag jy op Lime Acres?  Of gaan jag jy op De Beers se jagplaas Bonza?
Dont tell me, show me......
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Herlaaier spesialis gesoek!!!

Post by James Wilson »

ek gaan verseker eers stem, vroeg, en dan in die pad val. as ons gelukkig is val die eerste koedoe dalk al dieslfde dag. ons gaan net langs daai plaas jag. ek ken net die boer se bynaam, en die naam is nou nie juis vleiend nie. sal bietjie hoor wat is sy regte naam.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Herlaaier spesialis gesoek!!!

Post by tripodmvr »

Vriend van my het baie goeie groeperings met herlaaide Pro Amms in sy 300 Win Mag geskiet, maar die gewone PMP's het swak groepeer alhoewel die ammunisie gedupliseer is. Probeer moontlik ander koeels?

Tripod
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Herlaaier spesialis gesoek!!!

Post by James Wilson »

ek het nou die afgelope week 2 ladings gedoen met Impala 130grn.  die eerste toets was die groep 22mm. my crony wou eenvoudig nie meet nie.  die tweede toets het ek vanoggend gedoen. 34mm met dieselfde lading. 2 van die skote is sowat 8mm uitmekaar maar die eerste skoot gooi die groep dan uit. wat ek wel gesien het is dat die eerste skoot sowat 350f/s vinniger was as die die ander twee wat naby aanmekaar geskiet het. die twee se spoed het met 25f/s verskil. ek het geen idee hoekom ek so n groot verskil in spoed gekry het nie.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Post Reply