heining span vir njalas
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: heining span vir njalas
Piet edit jou posts met fotos in en verander IMG na IMAGE in die tag.
- PietWessie
- Full Member

- Posts: 101
- Joined: Mon Jul 18, 2016 9:17 pm
Re: heining span vir njalas
Dankie Ruaan, ek het so gedoen. Hoop dit wys!ruaanb wrote:Piet edit jou posts met fotos in en verander IMG na IMAGE in die tag.
Voed jouself met inligting en maak die regte keuses en besluite. Moet nooit in die donker van onkunde bly nie... 
- Kalahari
- Hero Member

- Posts: 2135
- Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Re: heining span vir njalas
Pietwessie
Baie dankie, nou sien die foto's mooi. Dit is 'n netjiese draad wat jy daar het.
Ek is besig om die hele plaas buite om te elektrifiseer en die resultate is redelik goed. Ongediertes by my is redelik onder beheer met 'n enkele jakkals een maal omtrent elke 3 jaar wat deurloop en dan met tye rooikatte op sekere dele van die plaas. Verder is dit maar die standaard groukat en draaijakkals.
Vir watter ongediertes sal mens die sif ook gebruik vir bv njalas, lechwe en sables? Die kamp wat ek in gedagte het om eerste te gebruik is by my huis en die kan ek ook buiteom elektrifiseer.
Baie dankie, nou sien die foto's mooi. Dit is 'n netjiese draad wat jy daar het.
Ek is besig om die hele plaas buite om te elektrifiseer en die resultate is redelik goed. Ongediertes by my is redelik onder beheer met 'n enkele jakkals een maal omtrent elke 3 jaar wat deurloop en dan met tye rooikatte op sekere dele van die plaas. Verder is dit maar die standaard groukat en draaijakkals.
Vir watter ongediertes sal mens die sif ook gebruik vir bv njalas, lechwe en sables? Die kamp wat ek in gedagte het om eerste te gebruik is by my huis en die kan ek ook buiteom elektrifiseer.
- PietWessie
- Full Member

- Posts: 101
- Joined: Mon Jul 18, 2016 9:17 pm
Re: heining span vir njalas
Jakkals en Rooikat is maar die groot sondebokke. Alhoewel, soos met enige skelm is niks wat jy doen 100% waarborg om hom uit te hou nie. Ons maak dit darem vir hulle moeiliker en het n mate van beheer. Rooikat spring ook nog maklik oor n 1.4m heining.
Om die een of ander rede het Jakkals n spesiale aptyt vir veral Springbok en Rooibok lammers.
Elektrifisering is so goed as wat die instandhouding daarvan is. Die hoofdoel is om gatgrawers van die heining af weg te hou, want met n gat onderdeur n heining beteken die sifdraad niks nie. Daar is egter min dinge aan n jakkalswerende heining wat soveel gemoedsrus gee as n elektriese draad wat werk.
Om die een of ander rede het Jakkals n spesiale aptyt vir veral Springbok en Rooibok lammers.
Elektrifisering is so goed as wat die instandhouding daarvan is. Die hoofdoel is om gatgrawers van die heining af weg te hou, want met n gat onderdeur n heining beteken die sifdraad niks nie. Daar is egter min dinge aan n jakkalswerende heining wat soveel gemoedsrus gee as n elektriese draad wat werk.
Voed jouself met inligting en maak die regte keuses en besluite. Moet nooit in die donker van onkunde bly nie... 
- Kalahari
- Hero Member

- Posts: 2135
- Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm
Re: heining span vir njalas
Naand almal
Net 'n vraag weer: hoe arbeids intensief is wildboerdery? Ek sal verstaan dat 'n groot wildboer ook redelik arbeiders sal gebruik, maar 'n klein tot medium boerdery?
Wat is julle opinie?
As daar een GROOT PROBLEEM in my omgewing en sekerlik ander plekke ook glo ek, dan is dit arbeid.